Page 1 of 1
Nikko Stirling
Posted: Mon Jan 27, 2014 10:30 am
by Andre
Dag manne
Ek wil bietjie hoor wat se julle oor n Nikko Sterling Nighteater Platinum 6-24x50? Ek kan nou so scope kry en wil hom gebruik op my 223.
Dankie
Andre
Re: Nikko Stirling
Posted: Mon Jan 27, 2014 10:47 am
by vriell
Ek weet wel dat na diens uiters swak is.....Het een op my .22 en hy hou nog sover maar ander is nie so gelukkig nie en wanneer hy breek begin jou probleme met na diens. Ons het gesukkel met die reps en party plekke wat hom verkoop is ook nie gelukkig met die N S se diens nie.Dit is my ervaring met hulle.Ander mag verskil en ook beter diens ervaar het..
Re: Nikko Stirling
Posted: Mon Jan 27, 2014 11:15 am
by mariusr
Nee wat bly weg van daai Night crapper!?
Re: Nikko Stirling
Posted: Mon Jan 27, 2014 11:21 am
by Andre
Dankie julle. Marius wat is die rede dat jy so se?
Re: Nikko Stirling
Posted: Mon Jan 27, 2014 11:29 am
by Beyers
GEEN NAVERKOPE DIENS
GEEN NAKOM VAN WAARBORG
Re: Nikko Stirling
Posted: Mon Jan 27, 2014 11:40 am
by mariusr
Beyers wrote:GEEN NAVERKOPE DIENS
GEEN NAKOM VAN WAARBORG
Kwaliteit nie van beste nie verstellings volgens ou wat ek ken veel te wense oor!? En soos genoem patetiese waarborg en diens! Kan baie beter doen om paar rand by te sit.
Re: Nikko Stirling
Posted: Mon Jan 27, 2014 11:41 am
by Eugene
Die Air King op my Gamo werk bevredigend, maar al by paar manne gesien dat NS nie werk op groter kalibers nie. Nie persoonlike kennis of ervaring met NS nie en hoop om nooit te kry nie....
Re: Nikko Stirling
Posted: Mon Jan 27, 2014 11:45 am
by Andre
Dankie vir die terug voering manbe. Ek kan n lynz 6x42 en dan die nikko stirling 6-24x50 kry vir R2400.
Re: Nikko Stirling
Posted: Mon Jan 27, 2014 11:47 am
by Capt. Yoda
If you can get it cheap cheap and it works like its suppose to you can use it on your 223.Some work fine others don't.usually they don't track 100%
If it breaks or stops working take it of your rifle and gooi it in the bin
Re: Nikko Stirling
Posted: Mon Jan 27, 2014 11:49 am
by mariusr
Lynx sal jou nooit drop nie! En indien iets gebeur baie goeie waarborg en diens.
Re: Nikko Stirling
Posted: Mon Jan 27, 2014 10:33 pm
by Charles.308
Ek stem saam met wat Capt.Oblivious, ek het 5 jaar met my nikko stirling 4 x 16 x50 op .308 gejag en teiken geskiet.Ek het nou n Vortex Viper 6.5 x 20 x 50 gekoop, want skiet nou meer papier bokke as wat ek jag, so op 300m wil ek nog die gat kan sien en stel gereƫl aan turrets, daarom verander toe na Vortex.Het hom nou 5 Maande.
So klaar nou met nikko stirling (CHEAP ) gooi hom in die kas en kry toe n ander een.
Jou scope R2400 myne R7400, maar ons sal selfde bok raak skiet.
Charles
Re: Nikko Stirling
Posted: Tue Jan 28, 2014 7:21 am
by BRNO (Pierre)
Andre wrote:Dankie vir die terug voering manbe. Ek kan n lynz 6x42 en dan die nikko stirling 6-24x50 kry vir R2400.
Jy begroting is nie te sleg nie. Ek sou ook nie eers die Lynx gevat het nie. Gaan kyk op S&O se website. Daar is vyf teleskope in die Nikon reeks wat in jou begroting pas. n Paar by Rudolph ook. Kontak die manne en vra vir n afslaggie, en jy het n scope met n waarborg wat jy nie kan uitleef nie, en al is die waarborg oor vyf jaar verby, gaan hulle nog steeds die pad saam met jou stap.
Re: Nikko Stirling
Posted: Tue Jan 28, 2014 12:00 pm
by Alwin
Ek het 27 jaar terug 'n Nikko Stirling Gold Crown (made in Japan) gekoop vir R143. Die ding het al baie skrape en stampe gekry, maar werk nog steeds. Onthou, op 'n vaste vergroting, is daar baie minder bewegende dele wat kan lol. Ek sal vir seker nie 'n nuwe een, met verstelbare vergroting, koop nie.
Alle teleskope gee iewers langs die pad af probleme. Veral as jy hulle baie gebruik. Maak seker jy koop een wat herstel kan word oor 10 tot 20 jaar.
Meeste van my teleskope is Lynx en Leupold. Die helfte van my Leupolds was al terug fabriek toe. En hulle werk weer so goed soos nuwes.
Selfde vir my Lynx'e. Herstelwerk vat selde langer as 2 weke.
Ek het nog 'n paar van die ou "lewenslange waarborg" Japanese Tasco teleskope. Toe die een 'n probleem kry, wou die verspreiders my oortuig om enige nuwe Bushnell (selfde firma) te koop teen 25% afslag. L.W. My HANDELAAR moet die afslag gee, uit sy marge. Gmf!
Kyk na die teleskoop se eienskappe en prys. Maar maak seker jy kan naverkoop-diens kry!