Page 1 of 1
US optick sites
Posted: Sat Jan 15, 2011 1:14 pm
by Francois Marais
Lekker paar sites wat ek op afgekom het, sommer so vir lees en kyk en droooollll..........
http://theopticzone.com/
http://www.opticstalk.com/forum2.html
http://scopeusout.com/
Lekker lees, kyk veral op die forum na die Votex en Burris debatte, manne wat sou belangstel.....
Mooi loop
Francois
Re: US optick sites
Posted: Sat Jan 15, 2011 1:41 pm
by Stefan764
Nog ene
Ek my Burris hierop raakgesien.
www.opticsplanet.net
Groete
Stef
Re: US optick sites
Posted: Sat Jan 15, 2011 7:17 pm
by Penkop
Nog ene is
www.4scopes.com.
Interessant genoeg is hierdie werf nie baie pro Leupold nie.
Groete
Re: US optick sites
Posted: Sat Jan 15, 2011 8:14 pm
by Hein M.
Penkop wrote:
Nog ene is
www.4scopes.com.
Interessant genoeg is hierdie werf nie baie pro Leupold nie.
Groete
Die rede is seker maar omdat daar soveel meer bekostigbare produkte vir dieselfde kwaliiteit beskikbaar is. Die Amerikaners het dit net vroeer as ons ouens besef;D
Dit gaan nie meer net oor die naam nie...
Hein M.
Re: US optick sites
Posted: Sun Jan 16, 2011 2:42 pm
by Rooies
Stephan
Het jy jou burris van hulle af bestel of plaaslik gekoop? Darm n magdom verskeienheid wat hulle het.
Re: US optick sites
Posted: Sun Jan 16, 2011 3:41 pm
by Stefan764
Rooies ja, het die Burris van daar af bestel. $385 sonder posgeld of belasting. Plaaslik gan hy vir so R5300, of dan sowat $740
Re: US optick sites
Posted: Mon Apr 11, 2011 1:59 pm
by James Wright
Stefan764 wrote:
Rooies ja, het die Burris van daar af bestel. $385 sonder posgeld of belasting. Plaaslik gan hy vir so R5300, of dan sowat $740
Stefan,
wat het die SA Customs jou geruk,en hoe lank was dit voor jou scope hier was?
Re: US optick sites
Posted: Mon Apr 11, 2011 2:18 pm
by Ponkie
Stef
Ek het nou sommer bietjie daar rondgekyk.
Het jy vir jou iets al deur die mense gekoop? Hoe veilig is mens se pakkie daar van anderkant af en wat maak jy as die scope iets oorkom? as ek mos by Safari 'n scope koop, gee ek hom net vir hulle terug as hy iets oorkom!
Groetnis
Re: US optick sites
Posted: Mon Apr 11, 2011 3:08 pm
by JvB
Ponkie,
Ek het al 'n scope deur hul bestel, maar dadelik gekanselleer nadat ek gesien het dat die pos geld net soveel soos die scope was. Ek het 'n Burris scope in Amerika gekoop waar dit deur DHL gekoerier was.
JvB
Re: US optick sites
Posted: Mon Apr 11, 2011 3:29 pm
by Ponkie
Jvb
Ek het nie eers gekyk na pryse van die posgeld nie. Ek het my burris (6.5-20x50) ook van annerkant die water gekry, maar het hom deur iemand by die Jagtersvereinging gekoop. Ek stel nou weer belang in 'n burris vir my 308, maar ek ondervind in die veld dat hulle field of view bietjie klein is as 'n man moet vinnig skiet. Het 'n koedoebul verloor omdat ek hom nie vinnig genoeg kon opspoor nie, en nou le ek nagte en rondrol soos daai bul oor my hardloop!
Groetnis
Ponkie
Re: US optick sites
Posted: Mon Apr 11, 2011 3:36 pm
by BLOK
Nog n goeie site
http://swfa.com/Riflescopes-C1443.aspx
As die manne dit nie het nie gaan jy ver soek
Blok.
Re: US optick sites
Posted: Mon Apr 11, 2011 9:45 pm
by Francois B
Ek het my 6.5-20-50 burris by optics plannet gekoop , maar ek was self daikant van die water ! Ek hoor die ouens bestel so by opticsbestbuy baie goei pryse en shipping
Re: US optick sites
Posted: Tue Apr 12, 2011 8:29 am
by JvB
Ponkie,
Ek het vir my 308 die Burris 3x9x40 gekoop omdat ek meer in die bosveld jag. Ek het so drie weke terug vlakvarke gejag en nie so probleem ondervind nie.
JvB
Re: US optick sites
Posted: Tue Apr 12, 2011 8:31 am
by JPS
JVB,
Ek Glo dis omrede Ponkie se field of view kliener is omrede sy kleinste verstelling 6x is met die 3x soos joune (en myne) het jy baie groeter field of view veral nader.
Groete
JP
Re: US optick sites
Posted: Tue Apr 12, 2011 8:46 am
by JvB
JP,
Dankie vir die verduideliking. Verstaan nou.
Groete,
JvB
Re: US optick sites
Posted: Tue Apr 12, 2011 9:22 am
by Ponkie
Jvb en Jps
Ek dink julle is dalk helemal reg! Dalk moet ek net die 4-14x42 vir my kry om op die 308 te sit!
Groetnis
Ponkie
Re: US optick sites
Posted: Wed Apr 13, 2011 10:49 am
by Stefan764
Manne
Het my Burris ook gekanseleer. Nie oor shipping koste nie, maar oor die feit dat ek dit nie oor my hart kon kry om enige iets anders as n Leupold op my roer te sit nie....
Ponkie, die ander groot rede hoekom ek my Leupold plaaslik gekoop het was presies oor wat jy nou noem: as iets fout gaan vat ek hom vir die verspreider trug en hy sort uit...scopes oor die water moet n man self en teen jou eie kostes trugstuur en jy kry ook nie n "leenscope" vir tyd en wyl jou "kijker" op die skip is nie...
Stef
Re: US optick sites
Posted: Thu Apr 14, 2011 9:30 pm
by Piet Breedt
Stefaans, dis hoekom ek my Leupolds verkoop het, ek was bang hulle pla soos jy s?, en die Burris'e pla nie en hoef nie weer oor die water te gaan...he...he...he
Re: US optick sites
Posted: Thu Apr 14, 2011 9:36 pm
by Monrique (SJ)
Ek skiet dam self deesdae net Burris. Wil nie my scopes heeltyd afhaal om in te stuur vir herstel werk nie.
Vat maar eerder daai kans en spaar R1000-R2500.
Groetnis