Page 1 of 1

Pasop Russiese Jakkalse skiet terug!!!

Posted: Fri Jan 14, 2011 5:01 pm
by Francois Hugo
Kon nie help nie, MAAR die was darem te goed om nie te deel nie!!

Ek sien in vandag se Burger 2011/01/14 (bladsy 2 onder links) dat die Forum se reputasie is besig om nou die Jakkalse in Rusland al so bang te maak, dat hulle al begin terug skiet as hulle die geleentheid kry!!

Die DUIDELIK NIE 'n FORUM lid NIE, het blykbaar aan die stoei met 'n Russiese jakkals geraak, deur hom met die KOLF van alles te wou slaan, toe daar 'n skoot afgegaan (skynbaar deur die jakkals afgetrek) wat die nie forum lid getref het!!! Die jakkals het die man darem in die hospitaal besorg voordat hy hom uit die voete gemaak het!! ;D Sal seker nou vir Taffie moet afvaardig om die "slim" jakkals om die bos te gaan lei en na groener weivelde te stuur!!! Sal maar erg koud wees as ek die weer die laaste ruk op die TV kan glo!! O ja, Pasop net Taffie hy kan skiet!! :o :o ;D ;)

Pasop manne die Jakkalse raak nog slimmer, dit kan nogal gevaarlik raak om jakkalse te jag, lyk dit my, veral in Rusland!!! - Nie geweet daar is Jakkalse daar nie? ???

Net so terloops uitstekende Forum geniet elke sekond daarvan en dankie vir die uitstekende advies wat die ervare en nie ervare manne met hulle vrae aan 'n man KOSTELOOS laat kry - Ongelooflike ervaring om so maklik uitstekende raad verniet te kry, veral as 'n man in ag neem dat dit duur ondervinding is en baie manure gekos het!!!

Nogmaals dankie en stuur 'n paar ervare Jaracal Forumlede om die Russe te loop oplei!!! (Dalk kan Hein hulle loop leer??)  ??? ;D

Re: Pasop Russiese Jakkalse skiet terug!!!

Posted: Sat Jan 15, 2011 12:48 pm
by James Wilson
Francois, gooi daar n link, sodat ons kan sien waarvan praat jy in die burger

Re: Pasop Russiese Jakkalse skiet terug!!!

Posted: Mon Jan 17, 2011 4:26 pm
by Francois Hugo
Jagbehep,

Jong ek's effe elektronies gestremd ??? ??? :-[ :-[, maar ek sien nie die spesifieke artikel op Die Burger se webblad nie, maar ek stuur die 'n kopie van die koerant artikel deur die e-pos na jou, met die gescande pdf weergawe van die koerant.

Dalk kan jy dit dan op die forum sit sodat die manne dit kan lees want ek sien ek is te lig daarvoor!!!! Hoop jy kan want dit is diep snaaks vir my, dat 'n man so iets kan oorkom!! ;D ;D ;D

Re: Pasop Russiese Jakkalse skiet terug!!!

Posted: Mon Jan 17, 2011 6:38 pm
by James Wilson
sal probeer

Re: Pasop Russiese Jakkalse skiet terug!!!

Posted: Thu Feb 03, 2011 3:54 pm
by Francois Hugo
Wou darem net wys wat moontlik is as 'n man met Russiese jakkalse mors!!!

Re: Pasop Russiese Jakkalse skiet terug!!!

Posted: Thu Feb 03, 2011 4:38 pm
by Witpietskiet
Daar is net nie pille vir domgeid nie.......... :-X