Page 1 of 1
Silencer
Posted: Fri Jan 14, 2011 12:29 pm
by CR
Hallo almal
Ek is nat nuut hier op julle site , wat n lekker plek . Kan iemand dalk help met tegniese tekeninge vir die bou van n silencer vir n 25-06 ? Ek wil dit self bou met 5mm dikte aluminuim . Dink aan so 150mm lank . Sal waardeur .

Re: Silencer
Posted: Fri Jan 14, 2011 2:11 pm
by Boesman
Hallo CR
Welkom hier, en onthou dit is nou ONS site.
Kontak vir theterminator (Clarens), op ONS members list. Ek dink dit gaan goedkoper en beter wees.

Re: Silencer
Posted: Fri Jan 14, 2011 2:52 pm
by 243Songdaug
CR.
Boesman is heeltemal reg, kontak liewer vir Theterminator, die man ken en verder is sy pryse so mededingend dat dit nie die moeie of koste werd is om self 'n KD te bou nie.
Net vir inligting: 230mm is meer die lengte vir 'n 25-06, buitediamerter: 38 - 40mm.
Vat ons raad en kontak Theterminator - vinniger,
goedkoper en BAIE minder moeite.
Groete.jaco
Re: Silencer
Posted: Fri Jan 14, 2011 3:02 pm
by boeta
CR
Stem
Boeta
Re: Silencer
Posted: Fri Jan 14, 2011 3:32 pm
by 300Winmag

Myne is al halfpad klaar.
Re: Silencer
Posted: Fri Jan 14, 2011 4:40 pm
by Boertjie
CR
As jy eits anders koop gaan jy weer koop,ek weet
Boertjie
Re: Silencer
Posted: Fri Jan 14, 2011 9:56 pm
by CR
Ek weet dat dit makliker is om iets te gaan koop maar nou ja sekere van ons se agterwereld juik mos en dan wil ons dinge self doen!Jy behoort mos te weet Boesman...

Ek gebruik my knaldemper op die .270 & 25-06 en het reeds die skroefdraad laat sny by ingeneering shop op albei , sal moet KD self maak agv. draad wat op loop gesny is.
Re: Silencer
Posted: Sun Jan 16, 2011 9:23 pm
by Wouter Roets
Hallo CR
Baie welkom hier by ons!
Ek verstaan die gatjeuk ding en het nou al genoeg my eie vingers verbrand in daai lyn van denke! Ek moet more weer my 223 vat om deur n exspert te laat regmaak! Clarence(TERMINATOR) kan enige skroefdraad vir jou sny solank jy dit net vir hom deurgee, die ingeneurs plek waar jy dit gedoen het sal die vir jou gee. Ek het eers Thor se knaldempers op van my gewere gehad(2 kamers) en het nou oorgeskakel na Clarence sin toe(10 kamers).
Bel hom maar gerus!
Groete en nogmaals welkom
Wouter
Re: Silencer
Posted: Sun Jan 16, 2011 11:16 pm
by 243Songdaug
CR
Ek kom vandag van Clarence af - hy het ons die naweek gehelp met 'n silencer wat werk om 'n 243 en ook op die 7mm. 25-06 en 270 is nog nader aanmekaar. Ek laat sny al my wapens se skroefdraad 18 x 1mm, dus is al my speelgoed interchangeble.
Ek is self 'n Pas en Draaier maar vandat ek die eerste keer 'n Terminator opgesit het doen ek nie eers die moeite om meer die goed self te probeer bou nie - Clarence is altyd behulpsaam en jy kan maar op sy knoppie druk. Diens met 'n smile en die beste van alles - Clarence is vinning - party van die KD's wat ek laat bou het was al hier voor ek vir Clarence die "proof of payment" kon deurfaks.
Net een stukkie raad - hou jou hande weg van Clarence se hek af nadat jy die klokkie gelui het - sy security(brak) het amper my skiethand vir middagete gehad!
Bere gerus die aluminium vir 'n toekomstige projek en bel die man wat die bestes bou.
Mooi aand.
Jaco.
Re: Silencer
Posted: Mon Jan 17, 2011 9:55 pm
by KSV
Songdongelong,
Die varkie het net gegroet is jy wat weggeruk het.
Maak mooi
Re: Silencer
Posted: Tue Jan 18, 2011 7:21 am
by worshond
Ek stem saam met al die manne, Clarence ken sy storie. CR ek verstaan die Gat Juk storie maar as dit by wapens kom experimenteer mens eerder nie want dit kan net geld kos, leave it to the pro's I say.