Page 1 of 1

Nikon Monarch 4-16x42 Sf Bdc

Posted: Wed Jan 22, 2014 9:16 am
by DJC
Laat ek maar kom aanklop by die geselshoekie met die klomp slim manne. Ek sien op S&O se website het hulle bogenoemde teleskoop vir 'n baie goeie prys. Is daar dalk enige een van julle wat 'n rede het hoekom 'n ou nie die scope kan koop nie, het enige iemand dalk 'n slegte ondervinding met so scope gehad wat dit met my wil deel. Ek het nog nie baie ondervinding nie maar ek dink nie ek gaan 'n beter scope kry vir daai prys nie of kan iemand my dalk inlig oor 'n beter scope vir onder R5000? O ja, ek soek 'n ding wat ek op my 30-06 wil gebruik vir jou gemiddelde alle daagse los werkies, hetsy klein of groot, ver of naby ;D

Re: Nikon Monarch 4-16x42 Sf Bdc

Posted: Wed Jan 22, 2014 9:25 am
by hennief
More DJC

Ek ken 'n paar ouens wat hulle gebruik, onder andere op 'n 30-06. Hulle is dood gelukkig.
My beskeie opinie is dat Nikon goeie waarde vir die prys bied, het self 'n Fieldmaster wat my nog nooit enige probleme gegee het nie.

Ek lees hier dat die ouens ook baie gelukkig is met die Rudolph scopes. Hulle val so min of meer in dieselfde price bracket, maar het nie self ondervinding van hulle nie.

Sterkte met die besluit.

Re: Nikon Monarch 4-16x42 Sf Bdc

Posted: Wed Jan 22, 2014 9:42 am
by 375fanatic
koop hom sal nie spyt wees nie

het dieselfde scope op my 6.5 x 55 en hy werk soos n droom

Re: Nikon Monarch 4-16x42 Sf Bdc

Posted: Wed Jan 22, 2014 10:41 am
by DJC
Dankie vir die goeie raad.
Hoe vergelyk die Zeiss Terra 4-12X42 #20 Zplex met die bogenoemde scope? Is die Zeiss R1250 meer werd as die Nikon (mag ek dit vra)? Ek sien die Zeiss Terra het nie die optical adjustment nie, gaan ek dit nodig kry of is dit maar net 'n ekstra gadget waarmee jy gaan sukkel terwyl ou blessie en sy maats wegdraf?

Re: Nikon Monarch 4-16x42 Sf Bdc

Posted: Wed Jan 22, 2014 10:47 am
by Johan Reyneke
Ek so een op my 30-06 en is baie tevrede. Jy kan maar koop

Re: Nikon Monarch 4-16x42 Sf Bdc

Posted: Wed Jan 22, 2014 10:47 am
by Jean Marais
Hier kan jy ook kyk wat reeds oor die Nikons gesê is. Hoop dit kan jou met jou besluit help.
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=76&t=10155

Re: Nikon Monarch 4-16x42 Sf Bdc

Posted: Wed Jan 22, 2014 10:48 am
by Stefan764
DJC, stuur my n e-pos by stefan@so.co.za met jou kontakdetails

Groete

Re: Nikon Monarch 4-16x42 Sf Bdc

Posted: Wed Jan 22, 2014 11:03 am
by Pvdw
Die ou model se kruishaar was baie dik en die manne het erg daaroor gekla. Die nuwes is nie skyfskiet dun nie maar heel dunner as die oues.

Ek het 4 Nikons en is baie tevrede.

Koop hom en hy gaan mooi loop op daai -06

Re: Nikon Monarch 4-16x42 Sf Bdc

Posted: Wed Jan 22, 2014 11:34 am
by Rudie
Ek het nou my Lynx 4-16 vervang met dieselde vergroting in Monarch 3 met Nikoplex reticle op my 22-250 en is baie gellukig met die scope. My lynx het altyd baie "geblurr" op hoë vergroting en kan vir jou sê die Nikon doen dit glad nie. Die reticle is baie lekker vir nag skiet en jy sien hom maklik in die aand maar hy is bietjie grof vir ver skiet ek voel die BDC wat op my 3-9 X 40 Pro staff wat ek op my inline Muzzle loader het vir my amper beter werk.

Ek gaan as my lisensie goedgekeur word op my 243 ook een op sit en het al klaar die Monarch 3 5-20 vergroting gekoop vir die 300 Win Mag wat nou al vir 2 maande by CFR in is. So jy kan sê ek is happy met hulle scopes ;D

Re: Nikon Monarch 4-16x42 Sf Bdc

Posted: Wed Jan 22, 2014 11:53 am
by DJC
Baie dankie vir die raad, nou sal ek sommer rustig kan slaap vanaand. Ek het natuurlik 'n ander groter probleem, ek is eintlik onder geweldige druk en spanning;
koop ek 'n Scope vir my of koop ek eerder 'n nuwe yskas vir vroulief soos beveel is? :o

Re: Nikon Monarch 4-16x42 Sf Bdc

Posted: Wed Jan 22, 2014 12:22 pm
by Danie01
DJC wrote:Baie dankie vir die raad, nou sal ek sommer rustig kan slaap vanaand. Ek het natuurlik 'n ander groter probleem, ek is eintlik onder geweldige druk en spanning;
koop ek 'n Scope vir my of koop ek eerder 'n nuwe yskas vir vroulief soos beveel is? :o
'n nuwe yskas!!!

Jy sal soveel meer goed kan koop na jou yskas as wat jy nou scope koop en vir haar wil verduidelik, jy gaan nie vinnig weer iets ve jou roere kan koop as jy nou scope ipv yskas koop nie.

Dit hang ook seker af of yskas nodig is of net luukser een soek?

Re: Nikon Monarch 4-16x42 Sf Bdc

Posted: Wed Jan 22, 2014 12:39 pm
by DJC
Nee man die ou een werk nog maar hy kan nie fensie goed doen soos eskimo-toffies maak en himself skoonmaak en sulke goeters nie, maar my redenasie is as die yskas leeg is kan jy nie die yskas eet nie, maar 'n nuwe scope kan darem sorg vir 'n ekstra vleisie wat biltong kan word, wat verkoop kan word, wat 'n fensie yskas kan koop :laugh:

Re: Nikon Monarch 4-16x42 Sf Bdc

Posted: Wed Jan 22, 2014 12:52 pm
by Danie01
DJC,

Mens kan altyd aan n goeie rede dink om n scope, geweer of watookal te koop. Stem dat jy eers genoeg vleis moet he om beter yskas te benodig. Mamma sal dit sekerlik verstaan. Geniet jou teleskoop en jagtogte!!

Re: Nikon Monarch 4-16x42 Sf Bdc

Posted: Wed Jan 22, 2014 1:09 pm
by Capt. Yoda
Hang af wat jy met hom wil maak.Die Zeiss het beter glas dit is nou maar so en hy het ook nie n side focus nie so vir jag is dit een ding minder wat jy aan hoef te karing.
Daai Nikon het bq meer mag maar beter glas is beter as groter vergroting.
Ek is ook nie mal oor daai BDC reticle van hulle nie.
As jy met hom in die aand wil siet is die Zeiss se glas ook net daai bq beter vir in die donker.
EK het al so n Nikon met die standaard + gehad en dit is n baie goeie scope en as jy by S&O koop weet jy jy sal nooit n pyn he as iets fout gaan nie maar ek dink ek sou weer n Zeiss vir my 30.06 koop as ek nou vir hom n scope moes koop.

Re: Nikon Monarch 4-16x42 Sf Bdc

Posted: Wed Jan 22, 2014 1:49 pm
by Hilux01
Ek skiet met Nikons op al my jaggwere en is verseker nog nie dag spyt gewees nie

Re: Nikon Monarch 4-16x42 Sf Bdc

Posted: Wed Jan 22, 2014 4:57 pm
by Ratel
Ek het dieselfde vergroting maar die gewone plex kruishaar. Ek was aanvanklik skepties aangesien ek Lynx op my ander geweer het en nogals geheg geraak het aan die Lynx. Ek is baie beindruk met die helderheid van die glase en die feit dat die teleskoop sy zero goed hou. Jy sal nie spyt wees in daai prysklas nie. Daar is ook 'n baie goeie naverkope diens in SA

Re: Nikon Monarch 4-16x42 Sf Bdc

Posted: Thu Jan 23, 2014 4:26 pm
by DJC
Dagsê, ek het toe vir my 'n scope gekoop. Lank gekyk en gewonder oor die Nikon Monarch, al wat my gepla het van die Bdc kruishaar is daai sirkeltjies, en toe gaan raak ek sommer heel laf en koop vir my 'n Burris Fullfield ii 4.5-14x42 Ballistic plex teen 'n BAAIIEE goeie prys.
Weet nie of ek nou droog gemaak het nie, sal maar sien in die nabye toekoms; die Burris se lense en vergrotings en goeters het my beindruk en ek hou van die Ballistic plex kruishaar, sal maar sien of ek skoolgeld gaan betaal.
Die manne met ondervinding se opinies (goeie en slegte) is welkom.

Re: Nikon Monarch 4-16x42 Sf Bdc

Posted: Thu Jan 23, 2014 4:28 pm
by DWB
Jy het nie 'n fout gemaak met Burris nie!

Dis uitstekende teleskope!

Ek sit self en besluit tussen hierdie twee scopes waarvan jy praat.

As ek mag vra, wat het jy betaal?

Re: Nikon Monarch 4-16x42 Sf Bdc

Posted: Thu Jan 23, 2014 4:39 pm
by DJC
Hier gaan 'n paar manne my nou met klippe gooi en my vervloek maar ek het R3264.00 betaal vir hom. Hoop nie ek trap nou op te veel verkoopsmanne se tone nie, he he he

Re: Nikon Monarch 4-16x42 Sf Bdc

Posted: Thu Jan 23, 2014 4:42 pm
by DWB
Dis VLT se prys daai ja!

Dis 'n R1000 verskil op die Nikon.

Ek het my Burris 3-9x40 baie geniet, hy gaan nou net saam die geweer na sy nuwe baas.

Burris is koning in daai prysklas.

Re: Nikon Monarch 4-16x42 Sf Bdc

Posted: Thu Jan 23, 2014 4:48 pm
by DJC
Jy het reggeraai met daai winkel en jy is reg ook met die prys verskil tussen die Burris & Nikon. Niks fout met die Nikon nie, ek het maar net meer van die Burris kruishaar gehou (en hy is goedkoper). Sal volgende week my ou 30-kwes met die Burris opsaal en voel hoe gallop hy. Hoop net nie ek kry een of ander onaangename verasing as die scope hier by my aankom nie, hou nie eintlik van die in die pos gooi storie nie. Sterkte met jou besluit Deon.

Dirk

Re: Nikon Monarch 4-16x42 Sf Bdc

Posted: Thu Jan 23, 2014 5:19 pm
by DWB
Nee wat. Moenie te veel komkommer nie ;D