Page 1 of 1
Skiet lamp sterkte
Posted: Thu Jan 13, 2011 5:55 pm
by Pvdw
Hi daar almal.
Ek lees gereeld op die forum dat 'n dimmer handig is vir die skiet van jakkalse.
Soos ek verstaan is dit om die lig stadig dowwer te maak soos die jakkals inkom.
Wat ek nou graag sal wil weet is hoe sterk lamp is nodig om mee te jag. Het jy regtig een van daai nodig wat wat die verf van die bakkie afbrand en indien wel ,hoekom. Of is 'n veel flouer lamp ook geskik want ?rens langs die pad gaan jy hom tog dim??
Ek is een van die dae in die mark vir 'n lamp en ek wil solank begin leer wat gaan vir wat.
Hoor graag.
Dankie.
Peet
Re: Skiet lamp sterkte
Posted: Thu Jan 13, 2011 6:36 pm
by Francois Marais
Pvdw
Die ding is so..... jy kan een van daai wat die verf afbrand dim, maar as jy lig nodig het om n Jakkie op 300m te eien of te skiet, kan daai geel handheld van jou nie skielik in n lightforce verander nie....
Net my 2c......
Mooi loop
Francois
Re: Skiet lamp sterkte
Posted: Thu Jan 13, 2011 7:25 pm
by Gerhard
Stem saam Francois,
Daar is niks so frustreerend om in die nag te werk en oog in te kry en dan te sukkel om die oog te ID omdat jou lig nie sterk genoeg is nie.
Sodra jy die oog ge ID het as jakkals dim jy die lig totdat jy die oog net deur die scope kan dop hou en bly roep todat hy binne skiet afstand kom.
Dan draai jy die dimmer stadig op todat jy die jakkaks duidelik deur die scope kan sien om goeie skoot te skiet.
Soms as jou uitrusting reg is kan jy die skoot vat op 250 meter sonder enige probleme want jy het genoeg lig daar voor op die teiken...
Hoop dit help Pvdw
Re: Skiet lamp sterkte
Posted: Thu Jan 13, 2011 8:37 pm
by Pvdw
Dankie julle, dis heel eenvoudig gestel. Sterk lig vir soek(veral v?r) en ID en dan dim jy soos hy inkom en dan so net voor die lood in die lug is maak jy weer effens helderder om mooi skootplasing te kry. Dan is nog een jakkie geskiedenis.
Peet
Re: Skiet lamp sterkte
Posted: Thu Jan 13, 2011 9:01 pm
by Gerhard
Pvdw wrote:
Dankie julle, dis heel eenvoudig gestel. Sterk lig vir soek(veral v?r) en ID en dan dim jy soos hy inkom en dan so net voor die lood in die lug is maak jy weer effens helderder om mooi skootplasing te kry. Dan is nog een jakkie geskiedenis.
Peet
Mooi man...
Klop nou paar jakkalse vir ons en kom se of dit werk vir jou.
Re: Skiet lamp sterkte
Posted: Thu Jan 13, 2011 9:03 pm
by Christo
Peet
ek het lank gedink my ou lig is goed genoeg tot ek 'n Lightforce op my scope vasgeskroef het. Ewe skielik skyn ek 'n kol deur die ou lig se pad.
Koop reg, reg van die begin af. Anders gaan jy weer koop.
Re: Skiet lamp sterkte
Posted: Thu Jan 13, 2011 9:15 pm
by Pvdw
Sien Christo,. dis wat ek wil vermy. Goetters is duur genoeg soos dit is en ek wil nie graag weer koop nie.
Kan julle my net asb. gou s? hoe belangrik is die dim en hoekom?
Dan laastens wil ek weet wat gebeur as jy nie dimmer het vir die wegspring nie??? Mens moet maar eers met die basiese dinge begin en dan bou aan jou uitrusting soos jy aangaan. Weet nie of dimmer in die begrootting gaan pas vir die begin nie
Dankie
Peet
Re: Skiet lamp sterkte
Posted: Thu Jan 13, 2011 9:35 pm
by Christo
Peet
Ek het ook maar met wat ek gehad het begin. Ek het vir mt 'n trokhub mrt rim en tyre gevat en 'n karseat vasgeweld en my rest geprakseer, los battery vasgestrap agter stoel en hy hou lank genoeg vir 'n ou wat dievolgende dag moet werk. Stoel se koste was seker nie R200 nie. Baie swaar maar hoef nie vasgemaak te word nie, ek laai hom met vurkhyster - 200kg. Toe het ek geld gehad vir goeie lig en dimmer vanaf Henk bestel. Ek jag nie so gereeld soos die meeste ouens nie maar ek dim sodra ek die ogies optel en dan sal ek "bright" net om seker te maak en weer dim totek kan skiet. Taffie en die voltydse manne sal seker vir jou beter info gee maar dit werk vir my. Voor die dimmer was dit teveel keer nie moontlik om daai ogies nader te laat kom nie.
Re: Skiet lamp sterkte
Posted: Thu Jan 13, 2011 9:44 pm
by Gerhard
So dra jy die oe op tel dim jy die lig.
Terwyl jy dim kyk jy na die oe deur jou scope na die oe totdat jy hulle net net dof weg kan sien.
As jy met die blote oog kyk sien jy niks maar deur die scope sal jy die oe sien.
Hou hom dop todat jy voel hy is gemaklik binne skiet afstand.
Nou begin jy die dimmer stadig draai terwyl jy deur die scope kyk totdat jy hom mooi kan sien.
Dan klop jy hom in die boiler room.
As die lig nie gedim is nie pla dit die jakkalse baie en dan word hulle maklik lig sku.
Ander trick wat jy kan probeer is om die kol bo oor die jakkals te gooi sodat jy net die dowwe gedeelte van die lig op die jakkals gooi tot hy naby genoeg is en dan laat sak jy die kol maar boeta dan moet jy reg wees om baie vinnig te skiet...
Hoop dit gee jou bietjie van n idee.
Re: Skiet lamp sterkte
Posted: Thu Jan 13, 2011 9:49 pm
by Topcat
Pvdw
die dimmer is nie so erg op die begroting nie.Ek dink die goedkoopste op die kit.Myne het my onder R200 gekos.Klein,kompak met 3way switch.Jag nou al jare met hom.
Dink dit kos nou so R250.
Sterkte
Re: Skiet lamp sterkte
Posted: Thu Jan 13, 2011 9:59 pm
by Pvdw
Dankie vir julle raad en inligting.
Ek het die teorie nou mooi onder die knie en ek verstaan nou houkom om te dim.
My 4 lisensies is op 17 Des. 2010 goedgekeur en nou wag ek vir die kaarte. Met die drukkers gepraat en Des. se goedkeurings sal middel tot einde Feb klaar wees.
Sodra ek my skiet ysters het moet ek net instel en dan is dit ek en Witbank se jakkies
Gelukkig is hulle nog lekker dom en ek weet hulle weet nie van dimmers nie, gaan hulle ook nie daarvan vertel nie.
Graham- ook hier op die forum van tyd tot tyd - het een aand 9 geskiet naby Witbank. Hy het hulle net een of 2 keer geroep en toe hulle antwoord en hulle self weggee word die roeper weg gesit. Grahah-hulle ry toe net rond en klits 9 sonder om weer te roep.Dis hoekom ek s? dis dom jakkies daai. Gee my ook kaans om te leer.
Dankie TC. Sal so bietjie rondloer en kyk wat ek kry. R250 is bekostigbaar.
Peet
Re: Skiet lamp sterkte
Posted: Fri Jan 14, 2011 9:01 am
by Skolla
Pvdw wrote:
Kan julle my net asb. gou s? hoe belangrik is die dim en hoekom?
As my raad enigsins iets werd is sou ek s? jy moet nie eers probeer uitgaan sonder n dimmer nie.
Die heel eerste jakkals sal jou laat spyt kry dat jy nie maar die dimmer aangeskaf het nie en as jy die dimmer opgesit het sal dieselfde heel eerste jakkals die dimmer twee keer betaal.
Skolla
Re: Skiet lamp sterkte
Posted: Fri Jan 14, 2011 9:25 am
by Louis102
Skolla wrote:
... sal dieselfde heel eerste jakkals die dimmer twee keer betaal ...
...en antwoord nou ook soos 'n meester!
Re: Skiet lamp sterkte
Posted: Fri Jan 14, 2011 11:47 am
by Skolla
Louis102 wrote:
...en antwoord nou ook soos 'n meester!
Louis
Jy weet mos dit is n nederige sport die.
Net soos jy dink jy weet genoeg dan sien jy, jy weet eintlik @#$% niks.
En net as jy begin dink jy kan skiet ______ sal liewer niks verder s? nie.
Skolla
Re: Skiet lamp sterkte
Posted: Sun Jan 16, 2011 8:42 pm
by krisie
NAAND JULLE.
Wie het ondervinding met die rooilens op `n skietlig, ek hoor dit werk maar niemand op die forum praat daarvan nie.
KRISIE.
Re: Skiet lamp sterkte
Posted: Sun Jan 16, 2011 8:57 pm
by Louis102
krisie wrote:
Wie het ondervinding met die rooilens op `n skietlig, ek hoor dit werk maar niemand op die forum praat daarvan nie.
Krisie
Bo-aan die Forum bladsye is 'n "search"-funksie. Tik bietjie "Rooi Lens" daar in en click search. Jy sal verwysings na onderwerpe so hierdie een kry:
http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=5
Click net op die onderwerp wat darmee te doen en siedaar! Daar is reeds in baie ander onderwerpe wat jy op die selfde manier kan opspoor ook reeds breedvoerig daaroor gesels.
Groete
Louis
Re: Skiet lamp sterkte
Posted: Sun Jan 16, 2011 9:18 pm
by krisie
LOUIS102.
Baie dankie, ek het eers so gemaak, toe is dit no match found, dalk omdat ek rooi lens een woord geskryf het, sal weer probeer.
Lekker aand.
krisie.
Re: Skiet lamp sterkte
Posted: Mon Jan 17, 2011 8:15 am
by JACQUES BOTHA
Krisie
Die rooilig was eens volgens die jagters die alfa en die omega, Vandag gebruik almal die wit lig met dimmer.
Die rooilens het nog sy plek veral in die somer met motte en muskiete is dit my voorkeur om byde witr en rooi te gebruik.
Eens is die boodskap versprei die jakkalse en katte sien nie die rooi lig nie. Ek glo dis maar net n geval van sag op die oog soos daai moi lyfie op die strand of jy deur die sonbril loer of teen die son na har kyk..mmmm
pla die son so bietjei maar ons loer nogsteeds net nie begeer nie.. So jakkalse loer ma steeds maar pleeg die sonde deur die kos te begeer en kry dan die straf daarvoor ..
Groete
Jacques
Re: Skiet lamp sterkte
Posted: Mon Jan 17, 2011 9:42 am
by Stefan764
Jakes
Baie mooi verduideliking dai!

Ek laaik!!
Groetnis!
Re: Skiet lamp sterkte
Posted: Mon Jan 17, 2011 9:09 pm
by krisie
JAKES.
Baie dankie vir die inligting, ek het ook gehoor diere sien nie die lig nie en gaan toets op elande, toe die lig aan kom het net `n stofwolk agter gebly, toe wonder ek hoe werk dit dan nou. Jy het my ook nou `n goeie plan gegee met die sonbril storie, alewig in die moeilikheid. MOOI BLY MOOI en klaar.
KRISIE