Page 1 of 1
Light force 170
Posted: Thu Jan 13, 2011 2:49 pm
by Gerhard
Waar in die land gaan ek in Light force 170 mounted spot light kry en wat is hulle pryse nou?
Die Rand is nou lekke sterk teen oor die $
Re: Light force 170
Posted: Thu Jan 13, 2011 2:56 pm
by Stefan764
Gerhard wrote:
Die Rand is nou lekke sterk teen oor die $
Gerra
Kon jy al agterkom dat die handelaars dit in ag neem? Hiers mos so rukki gelede opi forum gesels hieroor. Ek voel die ouens(handelaars) skep nou lekker, sak nie die pryse nie...mar ek kan heel verkeerd wees...
Julle manne met die boge en goete het seker n beter idee van hoe sensitief die R/$ is, die boe en goeters skuif mos vinniger as die roere?
Ek stel self belang is so outjie, maar sy prys moet REG wees, anders vat ek daai 170Chinamodel wat FM getoets het laas vir R1350. Ek luister saam verder (klink ek nou soos dai tannie wat altyd op Superrugby inbel

)
Stef
Re: Light force 170
Posted: Thu Jan 13, 2011 3:05 pm
by Gerhard
Nee ek weet nie dus juis hoekom ek vra.
Ek het myne is 2004/5 gekoop en hy het gewerk dat dit bars maar deesdae is die lig flou en ek het al die gloei lamp vervang so dis seker tyd vir nuwe een.
Die reostaat is 'n baie belangrike aspek wat saam met die lig moet gaan want ek gebruik die lig om te scan en ook te skiet van my stoel af.
Ek moet dit vinnig in plek kry want einde Jan en begin Feb moet ek n klomp jakkalse laat val vir boere wat my smeek om te kom uit help en ek kan nie met lig dan sukkel nie...
Re: Light force 170
Posted: Thu Jan 13, 2011 3:36 pm
by Gerhard
Is R2230 met dimmer en pos geld in gesluit 'n billike prys?
Kom manne praat met my....

Re: Light force 170
Posted: Thu Jan 13, 2011 4:16 pm
by Janjak
Gerhard
170mm met gewerr bracket (RMSM170) R1770-00 tot by jou
hier was dimmers op die forum vir +/- R280
Re: Light force 170
Posted: Fri Jan 14, 2011 11:35 am
by Gerhard
Janjak wrote:
Gerhard
170mm met gewerr bracket (RMSM170) R1770-00 tot by jou
hier was dimmers op die forum vir +/- R280
Jannie,
Jy het email... ;)
Re: Light force 170
Posted: Mon Jan 24, 2011 11:57 am
by Gerhard
Janjak wrote:
Gerhard
170mm met gewerr bracket (RMSM170) R1770-00 tot by jou
hier was dimmers op die forum vir +/- R280
Jannie,
Dankie vir die flink en vinnige diens...

Re: Light force 170
Posted: Sun Apr 24, 2011 7:16 pm
by Blackie Swart
Janjak wrote:
Gerhard
170mm met gewerr bracket (RMSM170) R1770-00 tot by jou
hier was dimmers op die forum vir +/- R280
Janjak ek wil net verneem of jy nog van die ligte het en wat die prys nou sal wees.Ek bly in Alexanderbaai in die noord Kaap.Dit is op die NAM. grens.Kan my ok bel by 0828860802
Dankie
Blackie