Page 1 of 1

Wolpers

Posted: Sun Jan 19, 2014 5:02 pm
by Nickvn
My buurman het n klein stukkie grond hier langs my en het so 200 skape. Hy is op soek na n wolpers. Ons het oral hier rond gevra maar dit is n baie skaars ding. Iemand nie dalk hier n wolpers wat rondle nie. Ek sal hom graag wil help.

Re: Wolpers

Posted: Sun Jan 19, 2014 5:23 pm
by Freddie101
Nick
Is daar glad nie n buurman of iemand met wolskape naby by wie julle kan leen nie. Ek is in ooskaap en ver van julle af. Hoe ver is Ermelo. Weet daar is heelwat merino boere.

Hoop jy kom reg.

Groetnis Freddie

Re: Wolpers

Posted: Sun Jan 19, 2014 5:28 pm
by Nickvn
Dankie Freddie, ja hy leen op die oomblik maar wil graag sy eie een koop. Ons het al met baie van die boere in die omgewing gesels en nie reg gekom nie. Baie het wat hulle nie meer gebruik nie maar wil nie verkoop nie. Ons hou maar die veilings ook dop. Daar is een volgende week.
Groete Nick

Re: Wolpers

Posted: Sun Jan 19, 2014 5:34 pm
by wlm
Die hoeveelheid skaap wat hy skeer sal dit meer ekonomies maak om die wol aan 'n privaatkoper te verkoop. As hy deur bv. BKB of CMW verkoop gaan die aftrekkings 'n groot hap uit sy tjek neem. Die manne voorsien gewoonlik somme ou wolsakke. Hang die wolsak aan 4 drade (draad op elke hoek) op en trap met die voete styf.