Page 1 of 1
howa picatini rail
Posted: Sun Jan 19, 2014 8:10 am
by cassie_calvinia
manne
waste rail kan ek vir die howa 22-250 bestel, wat ready to fit is?
ek is nou gatvolvir die lynx goed.
moet staal wees.
sien S&O adverteer Remington? sal dit werk, of nie.
nie lis om geweer gunsmith toe te van nie.
dankie & mooi loop
Re: howa picatini rail
Posted: Sun Jan 19, 2014 8:18 am
by 375fanatic
Cassie ek het die aluminium howa een nog nie n dag se moeilikheid nie
Re: howa picatini rail
Posted: Sun Jan 19, 2014 8:19 am
by cassie_calvinia
waste maak? ek sal maar hou by staal. dit gaan te rof agter op daai rooi landy as vlekkie gejag word.
Re: howa picatini rail
Posted: Sun Jan 19, 2014 8:36 am
by WILLEBEES
Sal seker werk op 'n 22-250 waar recoil nie eitlik ter sprake is nie.
Die rail lyk mooi en is baie goedkoop.
Ek het verlede jaar so een (aluminium) op my .300 WM gepas. My roer het 'n KD op.
Na slegs sowat 20 skote het van die skroefies afgebreek.
My slotsom is dat die rail seker goed is, maar die skroefies is swak kwaliteit (nie high tensile tipe nie).
Gevolglik het ek die ou Warne 2 piece mounts weer teruggesit en skroefies met Loctite ingedraai.
Nog nie weer gaan skiet nie.
Re: howa picatini rail
Posted: Sun Jan 19, 2014 10:08 am
by Johan Reyneke
Ek het vir my Howa 223 by Safari die Warne Base 1 stuk gekoop. Die staal model. Ek was by die winkel self en het gevra vir die wat op Howa gaan werk.
Ek is nou net nie seker of dit Rem700 model was nie. Ek het egter hom net so self opgesit sonder om geweer smit toe gevat nie.
Skroefies ingedraai sonder om te sukkel.
Maak net seker of die een was S&O adverteer vir die Howa ook bedoel is.
Re: howa picatini rail
Posted: Sun Jan 19, 2014 10:33 am
by cassie_calvinia
Johan Reyneke wrote:Ek het vir my Howa 223 by Safari die Warne Base 1 stuk gekoop. Die staal model. Ek was by die winkel self en het gevra vir die wat op Howa gaan werk.
Ek is nou net nie seker of dit Rem700 model was nie. Ek het egter hom net so self opgesit sonder om geweer smit toe gevat nie.
Skroefies ingedraai sonder om te sukkel.
Maak net seker of die een was S&O adverteer vir die Howa ook bedoel is.
at last
dankie johan, ek bel hul more! mooi loop
Re: howa picatini rail
Posted: Sun Jan 19, 2014 10:59 am
by Hugov
Die Warne staal eenstuk basis wat pas op die Howas is n 20 moa rail. Op die pakkie staan weatherby vanguard. Maar pas 100 %
(short action)
Groete H
Re: howa picatini rail
Posted: Sun Jan 19, 2014 11:42 am
by Monrique (SJ)
Cassie
Bel vir Pieter le Roux aka Baboonstalker. Sy rail is die beste.
Groetnis
Monrique
Re: howa picatini rail
Posted: Sun Jan 19, 2014 1:05 pm
by JTM
Ek self het 'n Baboonstalker rail op my Howa .243. Het myne nog by Arnold oorgekoop. Het noudie dag vir my vriend by Safari 'n Warne picatinny staal rail gekry en op sy Howa .308 gesit. Dit is ook die 20MOA rail. Was so net oor die R1000. Nie op hulle website. Hulle het nightforce ook gehad en ECW rails.
Ek monteer nie die rails met net die skroefies nie. Volgens die een geweersmid met wie ek gesels het moet jy die rail met epoxy plak op die aksie en dan die skroefies vasdraai. Basies as die skroefies vir een of ander rede sou breek moet die rail nog kan sit op geweer. Ander geweersmid bed weer die rails op die aksie voor hulle dit monteer. Maar hulle plak dit nie vas nie.
Re: howa picatini rail
Posted: Sun Jan 19, 2014 4:21 pm
by cassie_calvinia
ek sal dit defnitief nie plak nie! as die skoef breek, wil ek dit weet, en 'n ander 1 insit!
as aksie, of rail skeef is, kan ek verstaan dat dit gepak word, maar, volgens my, soek jy dan oplossing vir die problem, en spreek nie die problem aan nie.
hoekom is pillar bedding die beste? want, dit is yster op yster.
Re: howa picatini rail
Posted: Sun Jan 19, 2014 6:50 pm
by WILLEBEES
Wat prys die Warne 700 rem picatinny ?
Re: howa picatini rail
Posted: Sun Jan 19, 2014 6:54 pm
by Arnold
onthou net 'n rem700 kort aksie rail gaan nie pas nie!
Re: howa picatini rail
Posted: Mon Jan 20, 2014 5:25 am
by Reggie Gerber
Cassie soos Arnold noem gaan die Rem Picatinney nie pas nie.
Jy moet besluit of jy n 0 of 20 moa rail gaan gebruik. As jy n zero moa soek het ek een wat 1 week op was en ek gaan hom nou verander na 20moa toe.
Pm My vir besonderhede as jy sou belang stel
Re: howa picatini rail
Posted: Mon Jan 20, 2014 2:45 pm
by smitjs
cassie_calvinia wrote:manne
ek is nou gatvol vir die lynx goed.
Dit verstom my dat soveel van die Lynx tipes monterings nog gebruik word.
Ek het self nog net Lynx tipes op my Sako 223, net omdat ek nog nie ander tipes kon kry nie. Die Sako het 'taper' gleuwe.
Dan sukkel manne verskriklik, want hul gewere groepeer nie, en die teleskope stel nie reg nie.
Wanner ek dan vertel die Lynx studs is die probleem, sluk sommiges maar swaar daar aan. Ek gee nie om nie, sukkel maar voort.
Weliswaar is dit 'n goeie idee om die agterste ringe sywaarts te kan stel sodat die teleskope kan middel gestel word. Met 'n goeie 'rail' is dit nie eens nodig nie.
Groete
Johan Smit