Page 1 of 1

Sniper 3500 Lumens lig

Posted: Tue Jan 11, 2011 2:05 pm
by Pvdw
Hi daar.

Ek kan nou nie die vorige pos kry waar daar oor die bg. skietlamp gepraat is nie.

My laaste voornemens was om te laat weet as daar weer voorraad is.

Wel so ges?, so gedaan. Was vandag by Bouwer Broers Voortrekkersweg Pretoria. Hulle het nie in die winkel nie maar ek het bygestaan toe Johan bel en bevestig dat die invoerder wel voorraad het.
Hulle verkoop toon R1000. Bel 012- 335 0692 en vra vir Johan by die wapens.

Peet

Re: Sniper 3500 Lumens lig

Posted: Tue Jan 11, 2011 3:55 pm
by Gerhard
Dis mos die lig wat nie 'n dimmer kan vat nie?

Re: Sniper 3500 Lumens lig

Posted: Tue Jan 11, 2011 4:37 pm
by Pvdw
Ja. daars blykbaar gas in die lig en as jy hom aansit is hy vir so 'n sek. of wat eers dof en dan lyk dit of die son op is.

Het nog nie self gesien nie maar dis wat ek gehoor het.

Re: Sniper 3500 Lumens lig

Posted: Wed Jan 12, 2011 7:51 am
by Stefan764
Nie n dimmer kan vat is n probleem... Het hulle ten minste rooi lense?

Stefan

Re: Sniper 3500 Lumens lig

Posted: Wed Jan 12, 2011 8:18 am
by Gerhard
Stefan764 wrote: Nie n dimmer kan vat is n probleem... Het hulle ten minste rooi lense?

Stefan
Stefan,

Ek skiet nou al vir so 6 jaar jakkalse.

Ek het my eerste jakkals met 'n rooi lens geskiet totdat ek die dimmer ontdek het wat op die Lightforce werk. (Tewis s'n)

Sedert dien het ek nie weer aan n rooi lens geraak nie want die dimmer gee vir jou met die wit lig net soveel beter opsies.

Van die hoe veld tot diep in die bosveld.

Een probleem is dat die jakkals of dier wat jy sien redelik naby moet kom om te ID en dan goeie skoot te skiet.

As jy net skiet as jy oe sien gaan jy klei trap en met rooi gesig die boer gaan se jy het sy teel merino ram geskiet... :o

Re: Sniper 3500 Lumens lig

Posted: Fri Apr 01, 2011 9:56 am
by Coenie (Swift)
Ek het een van die ligte en hulle is heeltemal te skerp en 'n dimmer werk nie.

Ek en 'n vriend het vir dit 'n rooi en groen lens gemaak en dis nou baie beter. Ons lig met die rooi lens so 350m maar sukkel om diere te id. Die groen lens is baie beter en is ons keuse. Dit werk so tot op 500m en jy kan met scope id en met die oog afhangend hoe goed jou o? nog is. Die diere se o? word baie maklik opgetel en die lig is lekker klein en kompak (150mm) Drie jong jakkalsies was al die lig se eerste slagoffers op een aand, maar ek dink die slim jakkalse gaan 'n probleem wees, behalwe as jy 500m v?r gaan skietĀ  ;)

Sonder die lense is dit regtig soos die son en lekker om te soek in die Vrystaat se vlakte of Kalahari.

Ek sien daar is op www.bidorbuy.co.za te koop.

Groete