Page 1 of 1

Dimmer an of af

Posted: Fri Jan 10, 2014 10:25 am
by Jakkie 321
Dagse

Wil graag uit vind as jy soek vir daai oggies elke 40 sekondes doen jy dit met die dimmer an of af?

Groette

Re: Dimmer an of af

Posted: Fri Jan 10, 2014 12:19 pm
by Cobus(Cobb)
Ligte ge-dim.....sterk lig net vir ID van dier

Re: Dimmer an of af

Posted: Fri Jan 10, 2014 10:16 pm
by Jakkie 321
Dankie Cobus

Groette

Re: Dimmer an of af

Posted: Sat Jan 11, 2014 1:49 am
by visstok
Oop vlaktes soek ek met lig op volsterkte, maar in beboste areas sal ek soek met lig gedim.

Groete Alex

Re: Dimmer an of af

Posted: Sun Jan 12, 2014 6:57 am
by 2vierniks
Dim maar die lig sover moontlik.

Re: Dimmer an of af

Posted: Sun Jan 12, 2014 9:32 am
by Louis102
visstok wrote:Oop vlaktes soek ek met lig op volsterkte, maar in beboste areas sal ek soek met lig gedim.

Groete Alex
Visstok, ek laaik jou manier van dink. Vertel ons bietjie hoekom jy dit so doen?

Re: Dimmer an of af

Posted: Sun Jan 12, 2014 10:56 am
by visstok
Oom Louis

Die vrystaat is so plat, baie keur tel jy ou vlekkie se oe sommer wyd op soos hy inkom, met lig gedim kan jy hom dalk mis en as jy weer jou lig aansit staan hy al hier naby en kyk vir jou of het al kla gedraai. Dis maar hoe ek dit hier ervaar het en dit werk vir my.

Groete Alex

Re: Dimmer an of af

Posted: Sun Feb 09, 2014 5:24 pm
by pam
Visstok ek stem saam met jou. As die lig op vol sterkte nie vir jak pla nie dan hou ek hom ook soo. As hy soo lyk asof hy al onderduer daai lig wil loer dan sal ek hom maar oppi dimmer werk

Re: Dimmer an of af

Posted: Sun Feb 09, 2014 7:07 pm
by Francois Marais
Visstok

100%

Mooi loop
Francois

Re: Dimmer an of af

Posted: Mon Feb 10, 2014 6:07 am
by Wayne
I do as Visstok says, but find that as the moon gets brighter, so I have to use brighter light to search. I must add that down our part of the world, bushy, I either leave light on all the time, or cut down on the 40 sec, otherwise you get HI-Jacked sometimes.

Re: Dimmer an of af

Posted: Mon Feb 10, 2014 8:15 am
by BLOK
Vis verduidelik hom mooi, maar vir my persoonlik dim ek maar altyd die lig nog so effens al is dit op die vrystaat se vlaktes. Ek persoonlik voel maar net dat as die lig effens gedim is die oe van watse dier ookal meer rooi skyn en makliker opgetel word. Let wel ek maak nie die lig donker nie, maar gebruik steeds genoeg krag om oe redelik ver op te tel.