Page 1 of 1
Herlaai manual?
Posted: Fri Jan 07, 2011 2:08 pm
by Benman
Middag manne
Wat stel julle voor as dit kom by die koop van 'n herlaai manual, watter firma se manual is goed om na te kyk?
Groete
Benman
Re: Herlaai manual?
Posted: Fri Jan 07, 2011 2:36 pm
by 222
Benman
Google net vir "reloading manual" ek het al myne van die net afgelaai.
Re: Herlaai manual?
Posted: Thu Jan 13, 2011 3:14 pm
by Stefan764
Benman
PM vir Wouter Roets. n Walking Talking herlaai handleiding daai Wouter. Hy sal jou kan help met boeke ook, haal gereeld iets slims uit een van sy boeke aan.
Groete
Stefan
Re: Herlaai manual?
Posted: Thu Jan 13, 2011 3:18 pm
by Geno
Stefan764 wrote:
n Walking Talking herlaai handleiding daai Wouter. Hy sal jou kan help met boeke ook, haal gereeld iets slims uit een van sy boeke aan.
So bek moet jam kry! (Of Bell's)
Re: Herlaai manual?
Posted: Thu Jan 13, 2011 4:00 pm
by Hein M.
Ludwig wrote:
Ek het 2. Lyman se 49th Reloading Manual en ABC's of reloading deur Bill Chevalier en my eerlike opinie is dat hierdie boeke goed is vir die ou wat regtig nou vir die eerste keer kennis maak met herlaai. Vir die ou wat al die basiese goed ken is daar nie regtig veel in hierdie boeke wat van hulp is nie. Hierdie tipe boeke raak meestal net aan die heel basiese dinge en los 90% van die tegniese goed uit. Die ladings data in hierdie boeke beteken elkgeval nie veel vir ons plaaslike manne nie, omdat dit nie somchem kruite se data bevat nie. Daar is plaaslike forums soos hierdie en ander waar mens baie meer en beter toepasbare inligting kan bekom as in hierdie boeke.
Stem 100% saam! Dit is jammer dat een van ons eie herlaaiguru's nie 'n ordentlike, gevorderde handleiding die lig laat sien nie. So-iets sal beslis goed verkoop.
Hein M.
Re: Herlaai manual?
Posted: Thu Jan 13, 2011 4:24 pm
by James Wilson
Hein M. wrote:
Stem 100% saam! Dit is jammer dat een van ons eie herlaaiguru's nie 'n ordentlike, gevorderde handleiding die lig laat sien nie. So-iets sal beslis goed verkoop.
Hein M.
daarshy nou, ek het al meer van herlaai geleer in die laaste paar maande wat ek op die forum is, as enige ander tyd. ek dink wouter en sy partiere kan maar n boek uitgee met ons plaaslikke kruit en omstandighede. ek SAL koop!!!
Re: Herlaai manual?
Posted: Thu Jan 13, 2011 4:28 pm
by James Wilson
n.s maar omdat ek hou van lees kan een van julle manne maar n link laai waar ons so n handleiding kan download.
Re: Herlaai manual?
Posted: Thu Jan 13, 2011 4:30 pm
by Wouter Roets
Oom Stefaans
Ek dink jy gee darem nou so bietjie te veel krediet! Dit is maar die boeke wat so slim is, defnetief nie die leser nie!
Benman
Dit is waar wat Ludwig se en dit maak dit nogal moeilik met ons poeier(omskakelings). Met al die verskillende boeke word die meeste maar net oor en oor herhaal, maar snaaks genoeg by elke een van hulle het ek iets kleins opgetel wat deurgeglip het, en dit is hiedie tipe informasie wat vir my kosbaar is. Voor hierdie Forum moes ek honderde artikes lees en boeke koop om die nodige inligting te bekom. Ek het in die laaste vier maande meer opgetel op die Forum as 10 jaar se boeke. Dit is wel so as jy nie met sekere kennis gesit het nie sou n mens nie die koring van die kaf kon onderskei nie! As jy nog steeds in die boeke belang stel dan gee ek vir jou n lys van die bestes. Gaan kyk by Zimbi en Safari and Outdoor, die meeste is daar.
Groete
Wout
Re: Herlaai manual?
Posted: Thu Jan 13, 2011 4:36 pm
by namhunt
Is iemand wat ken nie lus om 'n Jaracal herlaai manual saam te stel uit al die inligting op die forum nie? Dit kan goeie fondse vir die forum inbring.
Wonder maar net.
Daan