Page 1 of 1

Jakkals gewoontes gedurende die dag

Posted: Mon Jan 06, 2014 9:32 pm
by henning
Vir die jakkals jagters .
Ek weet maar baie min van jakkals gewoontes, en het gewonder wat maak die jakkals met homself deur die dag? Kruip hul weg in n gat of le onder n bos? Is dit moeilik om hom in n gat uit te roei?
Wat maak dit so moeilik om hom te jag in die dag.

Groete Henning

Re: Jakkals gewoontes gedurende die dag

Posted: Tue Jan 07, 2014 6:57 am
by cassie_calvinia
jakkals slaam maar onder 'n bos.
tyd van die jaar speel ook groot rol.
wat maak jounhonde as dit warm is buite?
hul le en slap in skaduwee, en as dit koel raak, begin woel hy weer.
maar selfde met ou vlekkie

Re: Jakkals gewoontes gedurende die dag

Posted: Tue Jan 07, 2014 10:57 am
by henning
Dankie Cassie
Vertel so bietjie meer wat beteken die tyd van die jaar en wat is die kans dat jy hom in die dag gaan raak loop.
Ek was al op n jag plaas waar die boer gevra het as ons vlekkie sien terwyl ons jag , moet ons hom skiet.
Ek het op daardie oomblik nie vrae gevra nie, omdat ek meer gefokus het op die jag, maar nou begin ek nuuskierig raak. Na watter omstandighede moet ek uitkyk as jy vir vlekkie soek.

Groete
Henning

Re: Jakkals gewoontes gedurende die dag

Posted: Tue Jan 07, 2014 11:29 am
by mariusr
]Het hulle al paar keer in dag raak geloop en rond snuffel veral vroeg oggend en laat middag.Veral as hulle nie weet van jou snuffel rond en loop amper doeloos rond lyk of hy nie plan het nie!? Soek maar seker geleentheid om droog te maak!?