Page 1 of 2

Luuksheid in jagveld , of nie.

Posted: Mon Jan 06, 2014 3:56 pm
by Dolf014
Watter tipe jagter is jy; die man wat hou van luuksheid as jy gaan jag. Bly in 'n lodge of chalet, eet ontbyt aan 'n tafel wat iemand anders voorberei het, slaap op warm laken en nice duvet, stort met lekker warm water, gebruik spoel toilet, ens, ens.
OF
Is jy die jagter wat langs jou bakkie in 'n slaaprol in die veld slaap, geen spoel toilet of lopende water by jou het nie(net kanne met water), maak self kos en eet so uit die koeler box uit, was jou gesig soggens met yskoue water, ens.

Ek weet watter soort jagter is ek.
Sal graag julle opinie hoor (miskien speel jou jag budget 'n rol)

Re: Luuksheid in jagveld , of nie.

Posted: Mon Jan 06, 2014 4:11 pm
by FCLoretz
Dolf ek geniet jag, maar my eerste kennis making met jag en die veld was waar ons onder sterre langs 'n vuur geslaap het. met 'n regte bos toilet.

Ek hou nie van geriewe wat te luuks is nie, want dan ek net so wel in die dorp slaap en elke oggend plaas toe ry om te gaan skiet.

Re: Luuksheid in jagveld , of nie.

Posted: Mon Jan 06, 2014 4:35 pm
by uitenwaj
Ek self hou maar van die primitiewe jag metode vir die rede as daar tegnologie is dan sit almal op hulle telefone en kyk dstv inpleks van om die bos te waardeur. Ek sal nog in n plekkie bly waar daar nie krag is nie en als werk met gas en jy moet water warm maak met n donkie want dan sit almal om die kamp vuur en kuier soos dit moet wees. Ek verstaan as die vrou en kinders saam gaan soek hulle elektrisiteit en lopende toilets maar ek is single so het nie daai probleem nie.

Re: Luuksheid in jagveld , of nie.

Posted: Mon Jan 06, 2014 4:54 pm
by cassie_calvinia
ek dink daar is plek vir altwee.
ek saam met vriende net 'n ou plaas huis.
maar, so nou en dan, as die ma en kinders saamkom(dan hoef ek nie see toe te neuk nie),
is dit lekker as dinge gerieflik is.

Re: Luuksheid in jagveld , of nie.

Posted: Mon Jan 06, 2014 5:02 pm
by Jakkie07
Ek geniet altwee, tot n mate, ek wil nou nie bedien word nie, of 5 ster bly,maar as ek in n plaashuis of jaghuis bly is dit lekker en self my kos maak is dit net so lekker soos onder die sterre hemel slaap.
Ek is maar n "joe soap" en sal altyd n manier vind om die gesig en lyf met water te spoel, al is dit yswater.

Re: Luuksheid in jagveld , of nie.

Posted: Mon Jan 06, 2014 5:19 pm
by ROBBIE1
Die gaan n lekker topic wees!

Eks maar n fool wat lekker wil slaap, en ten minste in die winter n warm stort wil vat voor ek gaan le, of die water uit n donkie of wat ookal kom maak nie saak nie, die res pla my nie baie nie. Tv en selfoon ontvangs, nee dankie, die stilte met n lekker bosveld vuur wat brand en jy die jakke en tarrentale kan hoor! Kos maak ek my eie, glo nie daars baie wat lekkerder mieliepap kan maak nie(jyt nie eers sous nodig nie), en my vleis eet ek soos n leeu, so ek braai ook maar altyd my eie vleisie. Daar moet darm n vrieskas wees om die ys en vleis en mix koud te hou ook, en paar potte en panne om iets te ete in te roer.

As die jag en die groep saam wie jy gaan lekker is, kan die res maar bietjie akker wees, sal nie pla nie!

Re: Luuksheid in jagveld , of nie.

Posted: Mon Jan 06, 2014 5:23 pm
by GreyGhostGear
Hou van hom so:
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/DSC05108_zps3321b06f.jpg
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/Koedoejag/DSC04055_zps32744e7e.jpg

Re: Luuksheid in jagveld , of nie.

Posted: Mon Jan 06, 2014 5:29 pm
by mariusr
Solank daar bed slaap plek, kan tent ook wees warm water krag en toilet is dan is ek ok !? Ek hou niks daarvan om tente lampe krag ens aan te ry nie behalwe as daar dan geen dag fooie is nie!? Vat glads te veel plek as jy te primitief bly dan het jy ook nie genoeg plek vir jou bokke nie.?

Re: Luuksheid in jagveld , of nie.

Posted: Mon Jan 06, 2014 5:36 pm
by kwagga_1
As my vrou saamgaan moet daar darem lopende water wees en 'n gemaklike bed. Maar as ek en skoonpa gaan jag is dit slaap onder die sterre!

Re: Luuksheid in jagveld , of nie.

Posted: Mon Jan 06, 2014 5:44 pm
by Pvdw
Petrie maar julle manne kamp al te lekker daar langs die vuur. Ek laaik daar vuurmaakplek vir die ketel 8) 8)

Ek self hou van basiese geriewe. verkies spoel toilet, gemalikke slaap-hoef nie 5 ster te wees nie- en donkie vir so 'n flou straaltjie warm water.

Kos en kuier altyd buite langs die vuur. Gee nie veel om vir mooi beddegoed, eet by tafel en so nie. Slag geriewwe is egter belangrik en daar moet dit skoom en gemaklik wees.

Re: Luuksheid in jagveld , of nie.

Posted: Mon Jan 06, 2014 5:58 pm
by Cobus(Cobb)
manne, as 'n bonus sorg jy net jys vêêêr van my maat Peet se snorke af....van daar af is jou naweek tops..... ;D ;D ;D ;D

Ek hou van so semi......tent,plaashuis,eie kos,braai ens, maar dan ....lekker warm water en bed....
koue water vir "gesegde was in die bysin" is ook maar olraait.

Re: Luuksheid in jagveld , of nie.

Posted: Mon Jan 06, 2014 6:11 pm
by Pvdw
manne, as 'n bonus sorg jy net jys vêêêr van my maat Peet se snorke af
Koos jy begin al weer!!! :-[ :-[ ;D Jy is maar 'n sensitiewe knaap as jy jag lyk dit my :o ::)

Re: Luuksheid in jagveld , of nie.

Posted: Mon Jan 06, 2014 6:19 pm
by Heinz Petersen
Maak nie saak waar of hoe nie, solank daar geen selfoon of TV is nie dan waardeer ek dit weer as ek by die huis kom.

Re: Luuksheid in jagveld , of nie.

Posted: Mon Jan 06, 2014 6:28 pm
by Beer (Christo)
ROBBIE1 wrote:Die gaan n lekker topic wees!

Eks maar n fool wat lekker wil slaap, en ten minste in die winter n warm stort wil vat voor ek gaan le, of die water uit n donkie of wat ookal kom maak nie saak nie, die res pla my nie baie nie. Tv en selfoon ontvangs, nee dankie, die stilte met n lekker bosveld vuur wat brand en jy die jakke en tarrentale kan hoor! Kos maak ek my eie, glo nie daars baie wat lekkerder mieliepap kan maak nie(jyt nie eers sous nodig nie), en my vleis eet ek soos n leeu, so ek braai ook maar altyd my eie vleisie. Daar moet darm n vrieskas wees om die ys en vleis en mix koud te hou ook, en paar potte en panne om iets te ete in te roer.

As die jag en die groep saam wie jy gaan lekker is, kan die res maar bietjie akker wees, sal nie pla nie!
My sentimente ook.

Daar kan maar 'n long drop en 'n donkie wees, solank ek in die aand kan skoon kom en warm en droog slaap. My pa is gewoonlik kamp komandant, so hy maak kos en laat my help as ek hom dreig om te gaan sit langs die vuur.

Ek moet se die slaap langs die vuur lyk baie lekker, maar my rug sal lekker les opse die volgende dag. Ek het al die 'was in 'n emmertjie ding' gedoen, en sal 'n naweek kan uithou.

Re: Luuksheid in jagveld , of nie.

Posted: Mon Jan 06, 2014 6:40 pm
by tripodmvr
Ons het as jaggroep nie vêr van Oppikoppi by Northam gaan kamp in die veld. Eerste bier is sommer by Oppikoppi se draad gedrink. Ek het agter in my bakkie geslaap en die ander manne het tente gebruik. Mooi onder en tussen die stamme van 'n wildevy gebly. Baie lekker tyd.

'n Mens kan darem army speel vir so 3 na 4 dae voordat jy vies vir jouself word en wil bad. Het met son storte en warm water vanaf die vuur darem jou bas kon was. Die toilet was 'n gat met 'n gewone stoel met toilet sitplek op. Daar kan jy rustig in die natuur sit en die berg beskou.

Re: Luuksheid in jagveld , of nie.

Posted: Mon Jan 06, 2014 6:49 pm
by Capt. Yoda
tripodmvr wrote:Ons het as jaggroep nie vêr van Oppikoppi by Northam gaan kamp in die veld. Eerste bier is sommer by Oppikoppi se draad gedrink. Ek het agter in my bakkie geslaap en die ander manne het tente gebruik. Mooi onder en tussen die stamme van 'n wildevy gebly. Baie lekker tyd.

'n Mens kan darem army speel vir so 3 na 4 dae voordat jy vies vir jouself word en wil bad. Het met son storte en warm water vanaf die vuur darem jou bas kon was. Die toilet was 'n gat met 'n gewone stoel met toilet sitplek op. Daar kan jy rustig in die natuur sit en die berg beskou.

Net soos Oom Tripod daar se.Ek het al in lodges en so ook gejag maar net so agter in die bakkie in die Kalahari is die heel beste
As jy na 4 dae in n bad sit dan lyk dit soos n plaas dam as jy daar uit klim.

Re: Luuksheid in jagveld , of nie.

Posted: Mon Jan 06, 2014 7:23 pm
by Giepie
Die "romantiese" is om so min moontlik geriewe te hê, maar dit raak maar skaars deesdae. As ek met pelle gaan is dit wat ek van hou. Geleentheid gekry met luukses waar daar tv ook was. Al tv wat ons gekyk het was die hoogtepunte van die Super rugby. Dit was daar maar dit was baie lekkerder buite om die "luukse" kampvuur. Vir almal. Vir ma was dit vakansie waar sy niks hoef te gedoen het nie behalwe wat sy wou. Sel ontvangs was ook maar sukkelrig. My sel was afgeskakel tot ons begin terug ry het, maar sms'e is eers bekyk toe ons terug is by die huis.

Ek is die baas van my tegnologie, wanneer ek met verlof is hoef ek mos nie te antwoord nie.

Re: Luuksheid in jagveld , of nie.

Posted: Mon Jan 06, 2014 8:05 pm
by Carl
tripodmvr wrote:Ons het as jaggroep nie vêr van Oppikoppi by Northam gaan kamp in die veld. Eerste bier is sommer by Oppikoppi se draad gedrink. Ek het agter in my bakkie geslaap en die ander manne het tente gebruik. Mooi onder en tussen die stamme van 'n wildevy gebly. Baie lekker tyd.
:police: :police: Marius ek hoop nie julle het deur die draad gekruip en gaan kuier by die jong studente meisies nie!

Ek besit nie die kamp toerusting om gemaklik te kamp nie, nou praat ek yskas/vrieskas potte ens. So ek verkies om nie te kamp, maar ek bang niks nie. As daar genoeg wild is, is als reg. Ek wil net nie nat slaap nie! Ek dink ook nie ek gaan wil kamp mid Julie in die Karoo of Tarkastad omgewing nie. Ek drink wyn soo het nie ys nodig nie, dalk vir die bier ;) Ek wil net my vleis kan vars hou.
Skottelgoed wasser is handig. Warm water is goed. Ek verkeis ook om my eie kos te maak, want ek kan dit beter doen. Sommige plekke braai vir jou en sit die vleis in 'n toe bak, nee dan's ek sommer moerig. En ek maak my eie regte koffie.

Tensy iemand borg staan stel ek nie belang in 5* "lodge" nie. Ek sien nie die nut van betaal vir sepies en lekkerruik goed en ligte op die paadjies en duurder meubels as in my huis nie. Ek sal koek eet as ek weer by die huis is :angel:

Ek hou nie van bungalow slaap nie, te veel snorke en poepe in die army gehad.

Re: Luuksheid in jagveld , of nie.

Posted: Tue Jan 07, 2014 11:06 am
by Ratel
Die bly is maar 'n bysaak. Maar deesdae gaan ma en kinders saam. Ons bly in 'n basies gemeubuleerde jaghuisie met elektrisiteit en 'n braai area met 'n donkie wat sorg vir die warm water.
Sou ek alleen gaan jag sal ek met baie minder klaarkom. My canvas tent vir lekker slaap, kampyskas agter in die voertuig, en skoon water dan is ek gelukkig. Miskien dalk my Kariba stort vir warm stort en kosmaak.

Ek maak my eie kos en wil die veld ervaar. Ek glo 'n oormate van luuksheid vat daai veld gevoel 'n bietjie weg van jou af en dit deug nie vir my nie. My idee van jag is om naby aan die natuur te kom.

Re: Luuksheid in jagveld , of nie.

Posted: Tue Jan 07, 2014 11:23 am
by Roger
Ek wil nou nie klink soos n softie nie, maar daar is n plek naby Tosca waar ons elke jaar gaan jag. Dis baie netjies daar, maar ook redelik primitief. Gas yskas, geen TV of radio. Donkie wat jy warm maak vir warm water. Ligte werk op 12V via battery en son paneel.

gaan loer gerus: http://www.MaltaRanch.co.za

Dis vir my perfek. In die bos, nie te modern nie, maar ook luuks genoeg om lekker te slaap en te kuier.

Re: Luuksheid in jagveld , of nie.

Posted: Tue Jan 07, 2014 11:26 am
by NEGE3
Hierdie werk ook vir my.
Katnael Jag 2010 002.jpg
Katnael Jag 2010 003.jpg
Katnael Jag 2010 008.jpg

Re: Luuksheid in jagveld , of nie.

Posted: Tue Jan 07, 2014 11:30 am
by Roger
NEGE3 wrote:Hierdie werk ook vir my.
Katnael Jag 2010 002.jpg
Katnael Jag 2010 003.jpg
Katnael Jag 2010 008.jpg
Dit kan ook werk.

Re: Luuksheid in jagveld , of nie.

Posted: Tue Jan 07, 2014 11:38 am
by THOMAST
Ek verkies self om in die veld te kamp met my tent en goeters.
Het al in plaashuise en lodges gebly, maar ek verkies die eenvoud van plat op my agterend langs 'n vuurtjie te sit en luister na die veld radio.

Re: Luuksheid in jagveld , of nie.

Posted: Tue Jan 07, 2014 1:13 pm
by Blackie Swart
Niks lekkerder as om in my slaapsak op die grond langs die vuur te slaap nie.Die lekkerte om die sterre te sien en selfs n sateliet of 2 raak te sien wat verbykom.Ek geniet dit in die veld en om die eerste bokke se lewer en niertjies te braai.Bly maar lekker.Ek lewe ook maar uit die koelerbox en as die geleendheid daar is .spring sommer in die dam om die dag se sweet en stof af te was, soonie is dit skooteltjie was. Maar net my 2 cent

Re: Luuksheid in jagveld , of nie.

Posted: Tue Jan 07, 2014 2:13 pm
by Spanner
Pvdw wrote:
manne, as 'n bonus sorg jy net jys vêêêr van my maat Peet se snorke af
O genade ! Dankie dat jy my waarsku Koos.
Ek moet in Maart ‘n kamer met Peet deel as ons saam gaan jag. Ek slaap maar lig en ‘n gesnorkery hier langs my gaan nie deug nie. Ek sal maar seker maak dat ek ‘n matras saam vat wat ek êrens vêr buite hoorafstand kan parkeer sodat ek ook kan rus kry.
Maar wag, ek bring mos ook my “secret weapon” saam : My pa. Genade hy kan nou snork ! Ek sal dit so reel dat Peet en my pa in dieselfde kamer slaap dat hulle mekaar na hartelus kan pla sodat ons ander manne kan rus !