Page 1 of 2

Opgevrete lammers????

Posted: Sun Jan 05, 2014 10:28 pm
by hebron
Kan eimand vir my se; hoe lyk lammers wat deur n luiperd gevreet word.......
Ek was die naweek in Williston area (NC) waar 84 lammers die laaste 5-6 weke gevang is (15-18kg); het aanvanklik gaan soek na jakkalse, maar geen reaksie die eerste nag (nie eers n oog gesien nie).

Saterdag-oggend na die lammers gaan kyk en weer een gekry wat daardie nag gevreet is; kon nie bytmerke kry nie die lam omtrent heel opgevreet , boude, rugstring, nek en rubbes is afgevreet met harslag alles weg. Die stukkie vel wat oorbly is afgevreet soos in die geval van rooikat. Ons kon nerens spore sien nie, nie eers vangplek kry nie, die kraaie wat die lammers wys het teen daai tyd al die spore rondom karkas sifgetrap!

Saterdag-aand meer geroep vir rooikat naby vangplekke; weer geen reaksie, in die oggendure net gery en lig al met die leegtes langs (al die lammers le net langs die leegtes waar die bosse meer ruig en hoog is), nie een oog gesien nie.

Dit is erg as die helfte van n troppie stoetlammer in 6weke opgevreet word en die probleem is nog nie opgelos nie?
Help met die EEN asb.

Willem

Re: Opgevrete lammers????

Posted: Sun Jan 05, 2014 11:36 pm
by cbm
Halo

Gewoonlik dra of sleep 'n luiperd sy prooi na onder 'n bos of boom waar hy dit vreet, hy vreet dit nie sommer op die plek waar hy dit vang nie.
Die geraamte sal tekens toon van bene wat gebreuk is soos die rugstring middel deur gebyt is of gebreukde rubbe bene veral as hulle dit so kaal vreet.
Hulle is ook geneig om soms net van die diere dood te byt en te los.
En hulle spore staan maklik uit veral in sagte grond dit is so groot soos 'n man se vuis.

Re: Opgevrete lammers????

Posted: Sun Jan 05, 2014 11:46 pm
by cbm
En nog 'n ding as daar voorheen algemeen bobejane in die gebied was en jy let op dat hul weg is of jy hoor hul nie meer nie kan jy maar weet jy het 'n kuiergas.

Sterkte hoop jul kry die oorsaak

Re: Opgevrete lammers????

Posted: Sun Jan 05, 2014 11:57 pm
by stan man
word daar elke aand gevang?
hoe lyk die area waarin daar gevang word?? koppies ,kranse,bosse ens.
het jy dalk n foto of twee geneem??
hoe ver is die naaste nedersettings vanaf die ""slagveld""

Re: Opgevrete lammers????

Posted: Tue Jan 07, 2014 1:34 pm
by hebron
cbm Die lammers se ribbebene is omtrent heel weggevereet en party se rugstring af, lam in 2 stukke.

stan man Dis in n vlakte minder as 1km van die voet van n bergreeks met leegtes waar dorings en hoe bosse is en dit is naby/in die leegtes waar al die lammers gevreet le.

Re: Opgevrete lammers????

Posted: Tue Jan 07, 2014 1:40 pm
by cassie_calvinia
dit is bitter erg!
sterkte met die een!
die ander lammers, het jy hul gekry? is 2 been jakkalse buite die kwessie?

Re: Opgevrete lammers????

Posted: Tue Jan 07, 2014 1:54 pm
by mariusr
Dis baie lelik en mag luiperd wees!? Waar kolkat nie meer natuurlike vyande het soos leeus en hienas nie kan sy gedrag verander en sommer net daar vreet.Dit klink baie soos hy glo nie dis jakkie of rooikat behalwe as daar hele span van hulle is!? Wat van trail cam op stel?

Re: Opgevrete lammers????

Posted: Tue Jan 07, 2014 3:10 pm
by Mac
Kyk na kees, hy is miskien meer in die kol as luiperd

Re: Opgevrete lammers????

Posted: Tue Jan 07, 2014 3:33 pm
by mariusr
Weet nie of kees karkas so kaal sal vreet nie!? Maar in die natuur is daar ook niks nuuts nie.

Re: Opgevrete lammers????

Posted: Tue Jan 07, 2014 5:23 pm
by tafjak
Willem

Ek het nie foto's gesien nie.

2 dinge vertel my ander storie as luiperd.

1. Morsige vretery en
2. die getalle van lammer(meer 14 per week)

Dit kan net honde(rugstringe middel 2) of bobbejane wees.

Vraag: Hoe ver van die opstal? Verste vangste.

Mooiloop

Re: Opgevrete lammers????

Posted: Tue Jan 07, 2014 7:02 pm
by hebron
Defnetief nie kees nie, tensy bob ook nou nagjag.
Die trop was al gekraal 1 nag en die besoeker was in/om die kraal want die volgende more vroeg was die kraal gebreek soos die skaap dit platgehardloop het.

Taffie, ja honde maak ook vir my sin; die eienaar se opstal so 3km van vangplek maar ek dink nie dis sy honde nie.
1 op hok en 1 jonghond wat te banggat is om uit die erf te kom. Die ander naaste opstal (sy pa s'n) 11km en die het net 1skaaphond. Die skape was wel al deur kampdrade gejaag in die nag en Sat-aand toe ons daar geroep het was die skaap baie onrustig maar niks is daardie nag gevang nie, het die trop bymekaargemaak Son-oggend.

Groete
Willem

Re: Opgevrete lammers????

Posted: Tue Jan 07, 2014 7:49 pm
by Heinz Petersen
Het jy miskien spore gesien wat daar is.

Re: Opgevrete lammers????

Posted: Tue Jan 07, 2014 7:54 pm
by tafjak
Willem

Al wat nou oorbly is hyena(anatool wat kleintjies het) en Zuma

Re: Opgevrete lammers????

Posted: Tue Jan 07, 2014 8:17 pm
by mariusr
Kan ratel ook wees!? Hy vreet mos alles op veral as hulle miskien twee is!?

Re: Opgevrete lammers????

Posted: Tue Jan 07, 2014 8:26 pm
by tafjak
Marius

Die getal lammers wat gevang word is net te veel vir iets soos ratel, jakkals, rooikat en luiperd. Dit moet iets wees soos honde. Of daar moet vrek baie jakkalse wees, maar Willem het daar geroep en sal hulle darem gehoor het. Wilde diere sal nie vee in die kraal vir eerste nag pla nie, nooit.

Re: Opgevrete lammers????

Posted: Tue Jan 07, 2014 8:32 pm
by mariusr
Dink ons almal gaan nou slaaplose nagte he tot ons weet wat de dinges maak so groot skade!?

Re: Opgevrete lammers????

Posted: Tue Jan 07, 2014 8:41 pm
by tafjak
Ek dink Willem het by klient gejag en of al die vee gekry is wat gevang is, is ook 'n kwessie. Daar is honde betrokke met so saamloper 'n groot moontlikheid. Hulle steel by ons vee en laat die honde so paar byt om dwaalspoor te los.

Re: Opgevrete lammers????

Posted: Tue Jan 07, 2014 10:18 pm
by hebron
Nuwe vewikkelinge: nou-net met klient gepraat, hy het lammerooie weggeskuif nou vang "ding" jongooi laasnag net agterkwart gevreet; bytplek onder kaak en agter oor. Die gate is so groot dat hy sy vinger kan indruk. Nog geen spoor gekry, wonder of "ding" nie sokkies dra nie???? Weet nie of Zuma betrokke is nie, sal seker nie vang in die omgewing waar daar dieselfde nag geroep word nie.

Klient se ook dat party nagte tot 3 gevang is maar net aan 1 so n bietjie gevreet....

Re: Opgevrete lammers????

Posted: Tue Jan 07, 2014 10:53 pm
by tafjak
HOND + Zuma

Re: Opgevrete lammers????

Posted: Tue Jan 07, 2014 10:54 pm
by tafjak
Zuma bly op klient se grond!

Re: Opgevrete lammers????

Posted: Tue Jan 07, 2014 11:09 pm
by Frikkie Coetzee
Bruin Hiena.

Ek het nie genoeg kennis van honde om honde heeltemal uit te skakel nie maar my gevoel is bruin hiena.
Gaan soek maar weer vir hulle. Die beskrywing vann die toneel is baie dieselfde as wat ons al gesien het met hiena. Dit het ons n ruk gevat om uit te vind wat dit was.

Een nag by my Ma hulle 30 lammers so doodgemaak en n paar gevreet. Meer as 70 lammers in 6 weke gevang voor ons hom kon vang. Van lammers net doodgebyt. Ander amper heel opgevreet. Somige lammers nooit gekry nie. Soms rugstring middeldeur gebyt gekry en laar pote wat oorbly. Bene was gesplinter asof iets sterk daaraan gebyt het.

Groot tande. Soos jou vinger. Sterk genoeg om om bene te vreet soos bo beskryf.

Kan nie die gebrek aan spore verduidelik nie

Re: Opgevrete lammers????

Posted: Wed Jan 08, 2014 8:01 am
by tafjak
Willem

Vra die klient of so iets gesien is.

Re: Opgevrete lammers????

Posted: Wed Jan 08, 2014 8:20 am
by Dolf014
Manne, my hart bloei vir die boer wat die soort verliese lei.
Voorstel; kan die Jaracal manne wat daar naby is nie daar gaan help nie, Sit alles bymekaar; kennis, bakkies, ligte, gewere, jaghonde, roep toerusting, kameras, ens.

Re: Opgevrete lammers????

Posted: Wed Jan 08, 2014 8:28 am
by Geno
Dolf014 wrote:Manne, my hart bloei vir die boer wat die soort verliese lei.
Voorstel; kan die Jaracal manne wat daar naby is nie daar gaan help nie, Sit alles bymekaar; kennis, bakkies, ligte, gewere, jaghonde, roep toerusting, kameras, ens.
Hebron jag mos reeds daar?

Re: Opgevrete lammers????

Posted: Wed Jan 08, 2014 8:30 am
by Hardyman
More Menere,

Ek kan my nie uitlaat oor n luiperd nie, maar ek het al in die verlede stories gehoor oor twee been jakkalse in die Williston distrik. Meer na Carnarvon se kant toe.

Groetnis