Page 1 of 1

Verkleuring van teleskoop lense

Posted: Sun Jan 05, 2014 4:26 pm
by Frikkie Coetzee
Na aanleiding van my vraag oor hoekom my 20 jaar oue Leupolds geel vertoon ivm my nuwer Leupolds het ek die topic begin. Ek het die teleskope gekoop in die vroee 1990. ( intressant. Ek het toe meer betaal as waarvoor jy laasjaar n VX 1 voor kon koop. Hulle was toe n plaas se prys!!!!)

Wouter maak die opmerking dat Leupold hul lens bedekking verander het en dat die Argon gas dalk al kon ontsnap het.

Ek het. Ou vergeet wie dit gese het maar daar is genoem dat n Zeiss teodoliet se gom bros geraak het. Ek het dit ook met die ou Leopold ondervind. Dit lyk soos stof aan die binnekant. Op n navraag aan Leopold het ek antwoord gekry dat ek die scopes moet stuur vir n diens. ( nog nie gedoen nie. Hulle werk dan so lekker!!!!). Ek het egter geen verduideliking gekry wat dit kan wees nie. Ek persoonlik het gespekuleer dat dit dalk die gom of ghries kan wees wat dalk bietjie nie Afrika se temprature kan hanteer nie.

Terug na die punt. As jy deur die teleskoop kyk lyk alles reg. Sal se soos die dag toe ek hom gekoop het. As ek my die teleskoop met die nuwe VX 1 VX 2 en VX3 asook my Mk 2's vergelyk wat almal die laaste 6 jaar gekoop is, vertoon die ou lense gelerig.

Die stof pla ook nie. Ek skiet nie nag met hulle nie en jy sien werklik nie die verskil tensy jy die nuwes byderhand bet nie.

Ek moet hulle seker stuur vir Stefan om te laat diens maar wat gaan ek dan op my ou 8x57 en 6.5x57 sit? :'(

Re: Verkleuring van teleskoop lense

Posted: Sun Jan 05, 2014 6:04 pm
by mariusr
Stuur maar in hulle gaan vir jou verniet diens jy gaan net posgeld betaal vat so twee drie maande?

Re: Verkleuring van teleskoop lense

Posted: Sun Jan 05, 2014 9:31 pm
by Frikkie Coetzee
Marius

Dis die hele probleem. Ek wil nie so lank so der my teleskoop sit nie. Net grappie. Ek weet.

Re: Verkleuring van teleskoop lense

Posted: Wed Jan 08, 2014 4:33 pm
by Sangoma (IAN)
Ek het dieselfde nou die dag agter gekom met n ou Tasco Titan 4-12x52
Ook geel as jy deur hom kyk. Wonder ook wat dit kan wees?

Re: Verkleuring van teleskoop lense

Posted: Wed Jan 08, 2014 6:06 pm
by mariusr
Dis nou baie intressant? Maar ons sal seker nooit weet nie hoekom dit gebeur nie? Behalwe as jy ingeneur is wat daar werk?Is Leupold regtig so goed as wat ons dink en hulle voorgee of gebruik hulle maar dieselfde materiale en goeters as die ander vervaardigers!?