Page 1 of 1

Muskiet /vlieë lampie

Posted: Sat Jan 04, 2014 7:21 pm
by andre007
Ek is seker almal van ons het uit idees geraak oor wat om met hulle leë kruit blikke te maak.... hierdie is my idee. Neem n leë kruit blik, kap n gaatjie in die deksil, druk i put in en maak hom vol met geel Citronella olie vir binne of groen olie vir buite. Onthou net dat die olie vinniger gaan uitbrand as jy ñ S365 blik gebruik ;)
http://i1356.photobucket.com/albums/q724/andrebotha007/Lampie_zps1bd893c7.jpg

Re: Muskiet /vlieë lampie

Posted: Sat Jan 04, 2014 7:37 pm
by tripodmvr
Baie oulike plan. Vermy net Lot 71 - hoogs ontvlambaar!!!!

Re: Muskiet /vlieë lampie

Posted: Sat Jan 04, 2014 9:07 pm
by cassie_calvinia
daai is nou oulik!

Re: Muskiet /vlieë lampie

Posted: Sat Jan 04, 2014 9:17 pm
by Pvdw
Ek het juis 'n lekker 8 sitplek tafel vir buite onder die afdak gebou laasmaand. Goggos knaag erg so net voor sononder. Ek dink ek gaan die plan volg 8) 8)