Page 1 of 1

Watter een by watter geweer?

Posted: Sun Dec 29, 2013 9:32 pm
by mossie
Hallo

Gee bietjie julle opinies - het twee scopes, n Nightforce 8 -32 * 56 tans op my 300 en n zeiss 5-25 * 50 (25 mm buis) wat op die kas afwagtend rus. As die 243 (remington VLS) hopelik vroeg Januarie goedgekeur word, watter een sit ek op watter geweer? Ek weet dit is nou nie die beste op die mark nie, maar dit is al wat ek het en sal maar net die job moet doen.

MOSSIE

Re: Watter een by watter geweer?

Posted: Sun Dec 29, 2013 9:46 pm
by Pvdw
243 en wat is die ander geweer?? Sorry, lees soos my agterent, sien nou die 300 ??? :( ;D

Re: Watter een by watter geweer?

Posted: Sun Dec 29, 2013 9:50 pm
by Pvdw
Ek weet dit is nou nie die beste op die mark nie,
Ai ou Mossie, droom ek maar net daarvan om eendag so van 'n NF en Zeiss scope te kan praat maar daai skip van my is nog nie eers op die horisan nie :P

Re: Watter een by watter geweer?

Posted: Sun Dec 29, 2013 9:50 pm
by Sako75
Nightforce op die 243 en Zeiss op die 300

Re: Watter een by watter geweer?

Posted: Sun Dec 29, 2013 9:57 pm
by rudib
Stem saam, Nightforce op die 243 en Zeiss op die 300

Re: Watter een by watter geweer?

Posted: Sun Dec 29, 2013 10:14 pm
by Capt. Yoda
Watse reticle het die 2 scopes in? Standaard kruis of "kersboom" (neem aan NF het iets soos NP of het hy die target dot) en wat gaan die gewere se werk wees?

Ek dink ek sou die NF op die 300 hou en die Zeiss op die .243 sit

Re: Watter een by watter geweer?

Posted: Sun Dec 29, 2013 10:31 pm
by Fanie Nel
Ek stem saam met capt los die night force op die 300 hy is mos Klaar op die 300 los hom daar

Groete Fanie

Re: Watter een by watter geweer?

Posted: Sun Dec 29, 2013 11:17 pm
by SNIPER
Naand Mossie

NF op 243 beslis,want dit gaan jou geweer wees wat jy meer gaan gebruik uit persoonlike ondervinding vir meer gereeld jag,nag jag en die vark wat onverwags oor die grond pad hardloop plus daai lang skote wat so lekker klink as hy daar op 300m + doep maak as hy tref.

Die ou hardebaard 300 gaan per geleentheid gebruik word vir groter wild en ek is seker hier is baie manne wat sal saam stem dit is n voorreg om n Zeiss te he wat op kas le en wag om gebruik te word.

Daai 300 gaan daai Zeiss met ope arms verwelkom.

Groete

SNIPER

Re: Watter een by watter geweer?

Posted: Sun Dec 29, 2013 11:20 pm
by mossie
Naand
Die NF het n NP1 reticle en die Zeiss die 82 reticle - veronderstel om die kersboom fasiliteit tot op 800 m te kan hanteer. Beide gewere werk maar op die vlaktes, die bos moet gelukkig wees met die 375 Ruger.

MOSSIE

Re: Watter een by watter geweer?

Posted: Mon Dec 30, 2013 9:03 am
by mariusr
Goeie genade? NF en zeiss nie die beste op die mark nie? >:D iemand is lekker bederf! :o ++>:

Re: Watter een by watter geweer?

Posted: Mon Dec 30, 2013 1:16 pm
by SNIPER
Hi Marius

Stem saam???

Wens ek het so kas gehad in my huis.

Groete

SNIPER

Re: Watter een by watter geweer?

Posted: Wed Jan 08, 2014 10:08 am
by Dries Skiet
Sako75 wrote:Nightforce op die 243 en Zeiss op die 300
Ek stem 100% saam. Jy kan later as n 308 koop nog n NF aanskaf ++>: ++>:

Ek het n 243 VLS met n 8-32 NXS en hy werk baie mooi, net jammer die 243 is so vol draad werk(Ek is moeilik om tevrede te hou) Soek 20mm groepe op 300m elke dag.

Zeiss is woer helder en sal op 5x in bos loop soos stroop en op 25x daai gemsie op 250 lekker piets, 300HH/Win met 5x25 Zeiss is n lekker combo, jy kan baie slegter as dit doen.

My 2sente