Page 1 of 1

Wie gebruik n Zeiss Terra??

Posted: Sat Dec 28, 2013 5:00 pm
by rudib
Wie van die manne gebruik n Zeiss Terra en wat dink julle van die teleskoop?

Wil een aanskaf vir my 30-06. Seker n 4-12 x 42.

Groete

Re: Wie gebruik n Zeiss Terra??

Posted: Sat Dec 28, 2013 5:23 pm
by RV
Hulle is nogal baie helder.Ek het al deur hulle gekyk en was beindruk.Weet nog nie hoe vaar hulle op n geweer nie , maar dink dit sal goed doen vir jagdoeleindes.

Groete Riaan

Re: Wie gebruik n Zeiss Terra??

Posted: Sat Dec 28, 2013 7:28 pm
by VdWalt
Ek wou ook een koop maar hulle is uitverkoop....!

Re: Wie gebruik n Zeiss Terra??

Posted: Sat Dec 28, 2013 7:41 pm
by rudib
Safari se website wys "in stock" sekerlik moet hulle dan he.

Re: Wie gebruik n Zeiss Terra??

Posted: Sat Dec 28, 2013 8:15 pm
by VdWalt
Ek was in Pta - hulle het vir my op die rekenaar gekyk en gese daar
is geen stock en hulle sal eers weer in Feb (of Maart, ek kan nie onthou nie) kry.

Re: Wie gebruik n Zeiss Terra??

Posted: Sun Dec 29, 2013 12:51 pm
by Stefan764
VdWalt, watter vergroting is jy op soek na?

Re: Wie gebruik n Zeiss Terra??

Posted: Sun Dec 29, 2013 12:53 pm
by Stefan764
En wie is die verkoopsman wat jou gehelp het?

Re: Wie gebruik n Zeiss Terra??

Posted: Sun Dec 29, 2013 12:54 pm
by Stefan764
Rudi

Ek wil self nog so scope gaan toets. Vir dit wat jy betaal is hulle BITTER helder...

Tyd sal leer, maar Zeiss het nog minvoetfoute gemaak vandat ek in hierdie game is...

Groetnis
Stefan

Re: Wie gebruik n Zeiss Terra??

Posted: Sun Dec 29, 2013 12:57 pm
by rudib
Danki Stefan

Re: Wie gebruik n Zeiss Terra??

Posted: Sun Dec 29, 2013 1:33 pm
by rudib
Stefan weet jy of safari 4-12 x 42 in stock het??

Re: Wie gebruik n Zeiss Terra??

Posted: Sun Dec 29, 2013 3:20 pm
by Pappabeer
Rudi,

Ek het n klomp van die ou conquests, en het anderdag in Stellenbosch na n Terra 4-12 gekyk. My beskeie opinie is dat hulle bloot die plek van die ou conquests gevul het, nadat die conquest naam na die HD5 reeks oorgeskuif het. Die Teleskoop is bitter helder. Sy turrets is baie lekker positief, n defnitiewe verbetering op diƩ van die ou conquests.

Re: Wie gebruik n Zeiss Terra??

Posted: Sun Dec 29, 2013 4:53 pm
by rudib
Dankie Dewald, waardeer die inset

Re: Wie gebruik n Zeiss Terra??

Posted: Sun Dec 29, 2013 9:17 pm
by Nico Harris
Die terra is nie in die klas van die ou conquest nie. Een GROOT verskil is die conquest het n lewens lange waarborg en die terra se waarborg is 2jaar. Die conquest word in duitsland gemaak en in amerika aan mekaar gesit en die terra word in japan gemaak.

Groete

Nico

Re: Wie gebruik n Zeiss Terra??

Posted: Mon Dec 30, 2013 10:26 am
by Stefan764
Ons het stock ja.

R5700 en kan dalk nog n Rand of drie afskil met n Forum-afslaggie hehe.

Ons is op die 3-9 ongelukkig uitverkoop.

Stuur gerus n mail stefan@so.co.za dan help ons!

Groetnis

Re: Wie gebruik n Zeiss Terra??

Posted: Mon Dec 30, 2013 10:31 am
by rudib
Email oppad, dankie

Re: Wie gebruik n Zeiss Terra??

Posted: Mon Dec 30, 2013 1:06 pm
by rudib
Dankie Stefan. Great diens!!

Re: Wie gebruik n Zeiss Terra??

Posted: Mon Dec 30, 2013 3:14 pm
by Frikkie Coetzee
Conquest was gemaak deur Meopta in Chekoslovakye

Re: Wie gebruik n Zeiss Terra??

Posted: Tue Dec 31, 2013 12:25 am
by Nico Harris
Op die scope staan assembeld in usa.

Re: Wie gebruik n Zeiss Terra??

Posted: Tue Dec 31, 2013 12:30 am
by Nico Harris
Zeiss Conquest riflescopes are assembled in the U.S.A. from arsenic/lead free glass elements made in Germany and 1" diameter, one-piece aluminum alloy tubes with a durable anodized finish. The optics are fully multi-coated and the scopes are nitrogen filled, watertight and pressure tested. They are guaranteed to be waterproof and dust proof, even with the plastic windage and elevation screw caps removed. Zeiss "square reticle adjustment" insures that the windage and elevation adjustments do not interact.

Re: Wie gebruik n Zeiss Terra??

Posted: Tue Dec 31, 2013 12:38 am
by Nico Harris
I emailed Zeiss about this a few weeks ago. According to the Zeiss rep who responded to my email, the Terra scopes are being assembled in Japan, but they aren't being outsourced to the lowest bidder. He said image quality is on par with the previous Conquest line. The difference besides assembly origin is that they are introducing a couple different models (2-7X32 & 4-12X42), the 3-9X has 42mm rather than 40mm objective and it's a bit shorter and lighter than the previous Conquest version. They are narrowing the model choices to make room for the HD5 as their "premium" 1" scope line. The goal for the Terra 3X line is to provide a lower price point to go head to head with some other 1" scope brands/ models.

Re: Wie gebruik n Zeiss Terra??

Posted: Tue Dec 31, 2013 10:39 am
by Capt. Yoda
Die Conquest was In die US gebou soos Nico daar se.Die rede vir dit was om Leupold n hou in America te gee en vir die US manne die beste local kliente diens te kan gee.

Die nuwe Terra is n baie lekke scope.n Maat van my het een by S&O gekoop net voor die Kerstyd en dit is regtig n baie lekke scope.

Teen my 3-9 Conquest en my 4.5-14 Conquest was daar geen verskil wat een van ons kon sien nie.
Ek wil amper se die finish op die Terra lyk klyn bq beter as op die Conquest
As jy nie weet wat hy kos nie sal jy dink dit is maar net n "Zeiss" wa jy nou hier gebruik en nie n R6000 scope nie (nie dat R6000 nou regtig n entry level scope is nie)

Ek sal nie bang wees om een van hulle op n geweer te sit nie.Die guarantee is dalk net n paar jaar maar ek is seker as hy breek sal S&O n plan vir jou kan maak.Glo ook nie hy sal sommer net op hou werk na 2 jaar nie

Die Japan ding moet julle ook nie pla nie manne.Japan is nie China nie en van die beste scopes/kameras/verkykers in die wereld word in Japan gebou

Re: Wie gebruik n Zeiss Terra??

Posted: Tue Dec 31, 2013 10:42 am
by rudib
Dankie kaptein, waardeer die inset