Page 1 of 2
Beste 270
Posted: Fri Dec 27, 2013 8:11 pm
by BRUCE
Naand manne
Ek wil vir my n 270 koop , kan julle vir my raad gee oor wat volgens julle die beste 270 vir jag op die mark vandag is.
Ek soek n akurate langafstand geweer , vir my is langafstand 300-500m. Ek sien uit na julle opinies.
Re: Beste 270
Posted: Fri Dec 27, 2013 8:19 pm
by PWV
Die beste 270 is die een wat op die gunshop se rak bly staan.

Re: Beste 270
Posted: Fri Dec 27, 2013 8:22 pm
by tripodmvr
Pieter, het respek vir die 270, maar my 7x64 het darem al baard gehad toe die 270 ontwerp is. Vir my is dit 'n beter keuse - die Amerikaners se groot bekke werk blykbaar met die verkoop aksie.
Re: Beste 270
Posted: Fri Dec 27, 2013 8:27 pm
by PWV
Maar net 'n grappie oor die 270. Ek ken hom nie regtig nie.
Re: Beste 270
Posted: Fri Dec 27, 2013 8:48 pm
by Heinz Petersen
270 vir langafstand en akuraat skiet?????
Jy kan vir Duitser Engelbregt kontak dat hy vir jou n Kalahari 300 bou.Hy het dit self ontwerp en gepatenteer.
As jy hom wil kontak kan jy my net PM.
Heinz
Re: Beste 270
Posted: Fri Dec 27, 2013 8:56 pm
by KalahariKlong
tripodmvr wrote:Pieter, het respek vir die 270, maar my 7x64 het darem al baard gehad toe die 270 ontwerp is. Vir my is dit 'n beter keuse - die Amerikaners se groot bekke werk blykbaar met die verkoop aksie.
Dankie vir die waarheid oom.
Groete
KK
Re: Beste 270
Posted: Fri Dec 27, 2013 8:58 pm
by Wismit
My swaer het 'n Howa. Hy sit 3 skote in een gat op 100m.
W.S
Re: Beste 270
Posted: Fri Dec 27, 2013 9:08 pm
by mariusr
Ek het musgrave 270 gehad was baie lief vir die geweer het baie rooibokke laat val! Bietjie haastig vir die bos en gee maar vleis skade! Die 270 is so bietjie van weeskind te swaar amper vir springbokke en dan weer net te lig vir die groot bokke!?

Ek sal se hang af wat jy tans in die kluis het! Die 3006 kan bv alles doen wat die 270 kan doen en dan nog meer!? So daar moet jy na ander opsies kyk.Ek sal ook die 7x64 bo hom verkies

Re: Beste 270
Posted: Fri Dec 27, 2013 9:13 pm
by Hein M.
tripodmvr wrote:Pieter, het respek vir die 270, maar my 7x64 het darem al baard gehad toe die 270 ontwerp is. Vir my is dit 'n beter keuse - die Amerikaners se groot bekke werk blykbaar met die verkoop aksie.
+ 100

Re: Beste 270
Posted: Fri Dec 27, 2013 10:54 pm
by Carl
BRUCE wrote:Naand manne
Ek wil vir my n 270 koop , kan julle vir my raad gee oor wat volgens julle die beste 270 vir jag op die mark vandag is.
Ek soek n akurate langafstand geweer , vir my is langafstand 300-500m. Ek sien uit na julle opinies.
Bruce as jou kaliber keuse vas is, is dit goed. Ek geniet myne en weet die oom wat dit gehad het, het baie goed geskiet met hom. Ditis 'n mod 70 van '47 en skiet nog 2 duim groepe op 200m van die 2 poot. 'n Vriend se Sauer doen nog beter op 300m met kd wat ook help.
Wat is maklik bekombaar in Nam? Winchester se mod 70, Savage, Remington, Wheatherby? Almal het 'n baie goeie kombinasie vir jag, wat akkuraat genoeg is vir jou afstand. As jy heeldag op die baan wil klawers skiet kan jy dit dalk beter doen met van die ander kalibers bv Savage se m12 kom nie in 270 nie. Jy en jou begroting sal moet bepaal watter kombinasie van die boonste fabrikate vir jou gaan werk.
As jy self laai is vleisskade nie die groot struikel blok nie.
Re: Beste 270
Posted: Sat Dec 28, 2013 6:35 am
by Henry 7
En met kopskote 0% vleisskade!-hy doen dit maklik.
Re: Beste 270
Posted: Sat Dec 28, 2013 7:48 am
by Giepie
Ek het dit in 'n Musgrave. Baie akkuraat. Daar is baie jagters wat dit gebruik vir jag op langer afstande en niks anders soek nie. As jy 270 soek, kry hom vir jou.
Maak van geweer is 'n ander stryery.

Kry een wat jy voel jy lekker kan hanteer.
Re: Beste 270
Posted: Sat Dec 28, 2013 8:32 am
by Arnold
Tikka T3 Supervarmint met GRS kolf. 500m is nie so vêr nie

Re: Beste 270
Posted: Sat Dec 28, 2013 8:42 am
by Stefan764
Goeie raad Arnold.
Keuse van teleskoop vir daardie afstand gaan amper belangriker wees as die kaliber...
Re: Beste 270
Posted: Sat Dec 28, 2013 8:58 am
by James Wilson
BRUCE wrote:Naand manne
Ek wil vir my n 270 koop , kan julle vir my raad gee oor wat volgens julle die beste 270 vir jag op die mark vandag is.
Ek soek n akurate langafstand geweer , vir my is langafstand 300-500m. Ek sien uit na julle opinies.
Bruce, kyk of jy n 270 met n 26 duim loop kan kry, 24 op die minste. Dit gese herlaai ek vir 3 x 270 Howas en 1 Musgrave. Die Howas is almal 22 duim. Die gemak waarmee jy ladings ontwikkel en goeie groeperings konstant herhaal met die Howas is ongelooflik. Ek weet nie wat is Howa se resep nie, maar hulle doen iets reg.
Ek het al koeels(vir die 270) in SA winkels gesien van 86grn tot 170grn gesien. So in een kaliber sit jy met van n varminter tot n bosvelder. As ek reg onthou is iets soos die 140grn Hornady SST n lekker koeel vir lang afstand.
500m is nognie werklik lank nie, dus sal meeste konvensionele jag kalibers waarskeinlik vir jou doel werk. As jy dus 10 jagters vra gaan jy 10 antwoorde en 10 goeie motiverings kry. Bly dus maar by die keuse wat jou hart vir jou se.
Re: Beste 270
Posted: Sat Dec 28, 2013 11:42 am
by BRUCE
Dankie manne
As ek die dinge so van n kant af kyk lyk dit vir my of jy maar meer jou geweer moet leer ken as wat n duur geweer kan doen vanself. Ek kyk tans na die tikka T3 270 wsm , sal graag wil hoor wat julle dink van hom , en aangesien julle die Howa so goed praat het ek gaan kyk op hulle site en gesien daar is n Talon ook , sal graag wil hoor wat julle dink van hom ook.
Re: Beste 270
Posted: Sat Dec 28, 2013 12:29 pm
by Stefan764
BRUCE wrote:Ek kyk tans na die tikka T3 270 wsm , sal graag wil hoor wat julle dink van hom .
Regte geweer daai. Koop en koop klaar.
Re: Beste 270
Posted: Sat Dec 28, 2013 3:07 pm
by Carl
Goeie keuse Bruce.
Re: Beste 270
Posted: Sun Dec 29, 2013 10:32 pm
by zipp
Antwoord op jou vraag.
Beste 270: myne
Maak: Musgrave mod 80
nie te koop nie
Re: Beste 270
Posted: Sun Dec 29, 2013 10:56 pm
by LRLaubscher
270 wsm en 270 winchester is werelde uit mekaar.
Eerste een sal ek oorweeg, tweede een nie in my kluis nie. Hys te vol nonsens met ladings!
Re: Beste 270
Posted: Mon Dec 30, 2013 12:33 pm
by PITSMIT
hierdie topic is al deurgekou op die forum
as jy n 270 wil koop koop een en basta jou lewe jou jag jou keuse
270 is een vd beste jag kalbers wat jy kan kry ongeag wie wat se ek jag al 34 jaar met een en as jy n 303 ken gaan jy ook 500m met hom kan jag
koop jou roer maat en geniet hom elke man soen sy vrou soos hy wil
ps ek hoor as jy nie n 270 in jou kluis het nie kan jy ook blykbaar nie soen nie hahahahaha
Re: Beste 270
Posted: Mon Dec 30, 2013 2:13 pm
by Carl
Ja nee myne soen lekke, en nie baie moeilikheid nie. My vrou het soms so effe moeilikheid maar soen nog lekkerder!
Die herlaai was ook net maklik. Die GS customs het sommer dadelik bymekaar gekom en QL het die NBT reg voorspel.
Re: Beste 270
Posted: Tue Dec 31, 2013 10:07 am
by Capt. Yoda
LRLaubscher wrote:270 wsm en 270 winchester is werelde uit mekaar.
Eerste een sal ek oorweeg, tweede een nie in my kluis nie.
^^
Re: Beste 270
Posted: Tue Dec 31, 2013 10:16 am
by 243Songdaug
Die 270 WSM met sy korter vet dop sal my eerste keuse wees. Dit wil vir my voorkom asof ons Suid Afrikaanse aandryfmiddels beter perform in die korter doppe.
Re: Beste 270
Posted: Tue Dec 31, 2013 10:28 am
by Stefan Fourie
Ek het 'n SAKO 75 en skiet Sierra se 140grein HPBT Gameking. Jy kan maar 'n springbok op sy blaaie skiet op kort afstand, baie min vleis skade, lood sit diep in die punt en kry nie kans om op te breek voor hy deur die bok is nie, mushroom ook baie mooi. Dis nou as jy op die blad moet skiet, is akuraat en jy kan maar vir die kop skiet. Het nog net tot 'n kudu met hom geskiet maar ek is nie wintie as ek sê ek sien kans vir groter bokke as 'n kudu met hom nie.
Ek glo nie hier is onakurate gewere vandag meer op die mark nie, daarom leer jou geweer en patroon waarmee jy skiet goed en hou daarby.
Ek is baie tevrede met my 270, maar as ek nou moet koop in daardie caliber sal ek seker ook na 'n 7x64 kyk.
Voorspoedige 2014 vir almal!!