Page 1 of 1

IRRITASIES

Posted: Mon Jan 03, 2011 11:14 am
by JACQUES BOTHA
Ek hoop hierdie is die uitsondering en dat daar nie nog sulke voorvalle was of is nie.
Ek jag hier oor Desember in die distrik bloem/jagersfontein en met die tweede roepplek sien ek n groen flikkerende lig in die pad afkom so 1.5 km van my af.
Die bakkie stop regoor my en die lig bly aan soos n ambulans. Ek stop die roeper en ry soontoe omdat ek weet die boere sukkel met diefstal hier oor die kerstyd.
Ek se die boer (plaaswag) wie ek is en hy sien vra sommer jag ons jakklase ens. Ek vra sy sel nommer dat ek hom kan laat weet as ek klaar is dan hoef hy nie weer te wonder nie. Nee hy weet nou ek is hier en ek hoef nie te bel nie. Ek ry weg om verder te roep en n tweede lorrie met n (groen spietkop)lig daag op. Intussen stop ek by n kalf wat doodgebore is en  sit roeper uit... MM die boere dink seker my roeper werk nie, want hulle laat waai sommer met mooihuil en vlekkie ...namens my...in die pad ... Ek gooi die witlig vol op hulle  en na so rukkie ry hulle net om weer net so anderkant n bultjie te stop en weer te begin roep..nee skree n paar klanke
mmmm Wat sou julle doen? 
Die ergste is die man wat daar stop ken die forum en sy hy is ook lid maar was n rukkie terug laas op????? So hy is nogal ernstig oor die Saak of hoe???
Groetnis en seen --hoop nie julle het al dieselfde "HULP" GEHAD NIE????
Jacques Botha

Re: IRRITASIES

Posted: Mon Jan 03, 2011 11:39 am
by Foxhound
Jacques

Watse bakkie ry daai ou, ekt ook 1 keer dit beleef tussen hagesdam en jagersfontein???

Dassie

Re: IRRITASIES

Posted: Mon Jan 03, 2011 12:33 pm
by JACQUES BOTHA
DASSIE
Die een bakkie was n wit mazda of ford  gelyk soos die 2.5
En die ander een n wit land cruiser bakkie...mmmmmm  wonder watter kleur is joune????(grappie)
Groete
Jacques

Re: IRRITASIES

Posted: Mon Jan 03, 2011 1:20 pm
by Ambessa
Hallo JACQUES BOTHA
JACQUES BOTHA wrote:....hoop nie julle het al dieselfde "HULP" GEHAD NIE????
@$$#!!) ((#@@&&%5%***^^((#@@&&$$$$....

...genoeg oor hulp laat weet... ...jammer vir die baie spelfoute... :(

Ambessa

Re: IRRITASIES

Posted: Mon Jan 03, 2011 2:24 pm
by Danie Lombard .243
Liewe ouers


Kan jy nou meer?  Nou wat wou hul bereik of wys? Dat hul ook 'n jak roep CD het? Seker maar. En dan kla nie manne wat so jag die jakkies is wild.

Gepraat van wild maak, ek het ander aand so 5 mis skote geskiet op 'n mak jakkals, en net toe hy wil wild word toe gaan hy "jak heaven" toe.  Vra maar vir ou JB, daai mis skote is die waarheid ;D Gebeur maklik as mens nie jou scope check voor jy gaan jak jag nie.

Sal volgende keer 'n groen flikker lig op my scope plak sodat die jak weet dit is ek wat daar roep, en dat hy 5 kanse het.

Mooi gaan almal


Danie

Re: IRRITASIES

Posted: Mon Jan 03, 2011 3:28 pm
by molopohunter
As dit op n openbare pad was waar hy gestop het is dit hoogs onwettig.
Ek self sou appels gaan swaai, of ten minste n helse vloermoer gaan gooi.
Hoop sy lammers word so gevang dat hy maar kan sien die manne wat dit ernstig doen, doen dit nie sommer net so nie....

Re: IRRITASIES

Posted: Tue Jan 04, 2011 8:50 am
by JACQUES BOTHA
Ek moet bieg ek het so kragdadige woordjie ge-uiter, maar weereens net onthou dat ek myself belowe het dat die lewe is te kort om kwaad te raak vir iemand of om kwaad te bly,
Ek sal volgende keer maar net aanhou jag en nie nader ry  en gesels nie, Hulle ken mos die boere se sel nommer hulle kan self bel en uitvind watse lig is in die man se veld?
Groete
Jacques

Re: IRRITASIES

Posted: Wed Jan 05, 2011 10:27 am
by Stefan764
Wil jy nou meer.......

Re: IRRITASIES

Posted: Wed Jan 05, 2011 10:43 pm
by Jagtersdok
JB

Jy moes maar gekyk het of jou scope nog in is op daai groen spiedkop torch ;)