Page 1 of 1
Ruger Speed Six - 357Mag '2.75
Posted: Tue Dec 24, 2013 7:47 pm
by Hein M.
Alle handskieters
Het enigeen 'n Ruger Speed Six / Security Six en wat is julle ondervinding aangaande die hantering en "durability" van die rewolwer?
Hein M
Re: Ruger Speed Six - 357Mag '2.75
Posted: Tue Dec 24, 2013 10:49 pm
by SV MAD (Henk)
Ek het 357 magnum security six met,6duim loop.
briljante wapen, van due sterkste aksies wat ruger gemaak het.
wat kan jy kry?
Re: Ruger Speed Six - 357Mag '2.75
Posted: Wed Dec 25, 2013 9:51 am
by Hein M.
Hallo Henk!
'n Ruger Speed Six met 'n '2.75 loop. In nuwe kondisie teen R3000.
Dink dit is 'n bietjie baie... Hoe dink jy?
Mooiloop!
Re: Ruger Speed Six - 357Mag '2.75
Posted: Wed Dec 25, 2013 4:28 pm
by Alwin
Daai Speed Six is effens swaar vir dra, maar skiet hy nou vir jou lekker.
Ek dink ook R3000 is effens te veel, vir 'n gebruikte ene. Maar splinternuut, is die prys seker reg?
Ek sou 'n stel Hogue grips opsit. Die dun oorspronklikes is nie baie gerieflik nie.
Re: Ruger Speed Six - 357Mag '2.75
Posted: Wed Dec 25, 2013 8:41 pm
by Raakgeskiet
Het ook een met 'n 6" loop.
Skiet baie lekker, stem saam met julle, sal hom nie sommer klaar skiet nie.
Dink ook die prys is bietjie styf.
Maar as dit is wat jy wil hê sal jy verseker nie 'n fout maak nie.
Re: Ruger Speed Six - 357Mag '2.75
Posted: Wed Dec 25, 2013 8:49 pm
by SV MAD (Henk)
Prys so bietjie styf, kyk of jy kan onderhandel. Maar bygese, hulle is ook nie so volop nie en jy sal hom nie opskiet nie
moet se, ek verkies die dunner grips, werk lekker met my hand. My 44 magnum het weer dukker grips wat lekker saam,met hom werk! Koop hom!!!
Re: Ruger Speed Six - 357Mag '2.75
Posted: Wed Dec 25, 2013 9:01 pm
by Raakgeskiet
Waarvoor wil jy hom gebruik?
Re: Ruger Speed Six - 357Mag '2.75
Posted: Wed Dec 25, 2013 9:25 pm
by Hein M.
Dankie vir al die replies!
Ek het gehoop om die rewolwer te dra... Ek het 'n G19, maar los dit by die huis vir my vrou as ek weggaan vir 'n tyd. Ek het gehoop dat die rewolwer met die korter loop beter is om te dra as die gunne met die langer lope... Maar ek was en is nog altyd mal oor die firepower van die 357Mag. Het al voorheen een gehad

Daardie punch is regtig verslawend...
Hein M
Re: Ruger Speed Six - 357Mag '2.75
Posted: Thu Dec 26, 2013 2:11 pm
by SV MAD (Henk)
Hein, kyk of jy n kortloop 44Mag kan kry as jy punch verslawing soek...
Re: Ruger Speed Six - 357Mag '2.75
Posted: Thu Dec 26, 2013 8:48 pm
by Hein M.
Hier is die Ruger. Baie sag op die oog...
http://i936.photobucket.com/albums/ad205/hmostert1/Ruger-2.jpg
Re: Ruger Speed Six - 357Mag '2.75
Posted: Thu Dec 26, 2013 10:24 pm
by Raakgeskiet
Baie mooi!
Re: Ruger Speed Six - 357Mag '2.75
Posted: Thu Dec 26, 2013 10:31 pm
by Hein M.
Raakgeskiet wrote:Waarvoor wil jy hom gebruik?
Raakgeskiet,
Dankie, ek dink ook so...
Die presiese doel is om enige oorteder middeldeur te skiet as die persoon my lewe direk bedreig...
Re: Ruger Speed Six - 357Mag '2.75
Posted: Fri Dec 27, 2013 8:32 pm
by Raakgeskiet
In daai geval kan ek aan geen rede dink hoekom jy hom nie moet koop nie.
Kan nie verkeerd gaan nie met 'n ruger nie.
Ek het nou die dag met 'n wapensmid gesels, toe sê hy ook daai goed is baie sterk.
Hy sê daai staal is so hard hy sukkel altyd om gate te boor en te tap vir teleskope.
Re: Ruger Speed Six - 357Mag '2.75
Posted: Tue Dec 31, 2013 10:10 am
by Capt. Yoda
Baie mooi Ruger daai!