Page 1 of 4
.303 Modifikasie
Posted: Sun Jan 02, 2011 9:13 pm
by Pvdw
Hi almal.
Ek het 'n .303 Lee Enfield MKII NR.4( of is dit nou andersom??) gekoop so 'n jaar terug by 'n privaat persoon wat hom wou ingee bydie polisie. Die geweer staan nog by 'n handelaar vir berging totdat die lisensie afgehandel is.Ek wil hom graag verander vir my enigste en beste jaggeweer. Ek het nou al so baie "posts" hier gelees van manne wat die wit warm waks uit als skiet met hul .303's.
Wat ek graag sal wil weet is wat om te doen met die geweer om hom te kry om 'n lekker algemene jagwapen te word. Hier is 'n kort lysie van dinge waarvan ek gehoor het wat ek kan laat doen. Gee asb julle raad en opinie oor enige van die punte. Dit sal my baie help om my finale beplanning in orde te kry.
-Kroon oor te laat sny. Indien wel watse grade?
-Sneller. Moet ek die bestaande een laat modifiseer of moet ek gaan vir die THOR?
-Kolf. ek het reeds sinteties gekoop, werk hulle of het ek 'n fout daar gemaak?
-"Glass bed" vir aksie. Is dit die moeite werk op die geweer of mors ek geld?
"-Floating barrel". Maak dit 'n verskil of los ek kolf soos hy gemaak is? Dis nou die sintetiese een.
-Head space verander? Ek weet nie eers wat dit beteken nie maar ek hoor dit is gereeld onder bespreking as dit by .303's kom.
-Terminator KD het ek reeds met Clarens bespreek
-Reeds THOR ringe en basis gekoop. Sal nog kyk watse teleskoop ek koop.
Ek wil nie probeer om 'n Ferrari van 'n UNO te maak nie maar ek wil net graag weet wat is redelikke modifikasies wat ek kan laat doen om die ou yster net so 'n knertsie lekkerder/akuraater te laat skiet.
Hoor graag van die manne daarbuite met die kennis en ondervinding.
Peet
Re: .303 Modifikasie
Posted: Sun Jan 02, 2011 9:27 pm
by Nico Harris
As jy al daardie werk laat doen by n goeie wapensmit werk my sommetjie uit dat jy op net onder die prys van n nuwe howa sal uitkom... verkoop weer die geweer en sit die geld by- dan koop jy vir jou n nuwe howa in .308win of in 30-06 dan het jy n nuwe geweer en uit my ervaring en wat ek al gehoor het skiet die howa's kookwater!
groete
Nico
Re: .303 Modifikasie
Posted: Sun Jan 02, 2011 9:42 pm
by Pvdw
Hi Nico.
Ek hoor wat jy s? maar ek sien net nie nou weer kaans om van voor af te wag vir daai lisensie nie. My 303 sin het nou al goed deur die sisteem gevorder en dan kan ek darm begin jag.
As ek eers die 303 het kan ek dalk geduldig begin spaar vir nog 'n skietyster maar vir eers wil ek net iets h? om mee te jag.
Peet
Re: .303 Modifikasie
Posted: Sun Jan 02, 2011 10:05 pm
by Nico Harris
My laaste lisensie het net 5 weke gevat...
Re: .303 Modifikasie
Posted: Sun Jan 02, 2011 10:14 pm
by JPS
Hi Harris30-06 wanneer en van watter area was die?
Groete
JP
Re: .303 Modifikasie
Posted: Sun Jan 02, 2011 10:17 pm
by Gerard
Laat eers die loop nagaan deur iemand wat 'n bore scope het en wat die mates van die boor en groef deursnee kan meet. Dit help nie om al daardie moeite te doen en dan te vind dat die loop vrot is nie. Die spesifikasie vir dimensies is hier:
http://gsgroup.co.za/cip.html
Waarvan is die sintetiese kolf gemaak? Veselglas is goed en hol, gegote plastiek is nie. As jy die voorhout se punt in een hand vashou en die ander punt probeer draai (soos jy 'n skroewedraaier sou draai) en daar is die geringste mate van beweging of verwringing, is die kolf van swak gehalte. Die kolf sal dan ook 'n hol klank gee as jy daarop klop. Dan sal die oorspronklike hout kolf beter wees.
Re: .303 Modifikasie
Posted: Sun Jan 02, 2011 10:44 pm
by Stefan764
ek moet saam met nico stem, koop n howa...
Net my 2c...
Stef
Re: .303 Modifikasie
Posted: Sun Jan 02, 2011 11:54 pm
by James Wilson
Harris30-06 wrote:
My laaste lisensie het net 5 weke gevat...
jy kan mos sulke goed se nie. se nog iets!!
Re: .303 Modifikasie
Posted: Mon Jan 03, 2011 8:38 am
by Nico Harris
My laaste lisensie het ek in gegee (eks in natal) en 5 weke later het ek hom gehaad. die een voor dit was 3maande en die een voor dit was 2maande! die lisensies gaan regtig nou vinnig! moenie laat dit jou afsit om n gun te koop nie!!!
Re: .303 Modifikasie
Posted: Mon Jan 03, 2011 4:32 pm
by Armand Steenkamp
Harris jy ge my mos nou moet man!!
Ek het ook die vout gemaak om eers n scope en al die goedjies op te sit en toe sien ek die loop is n smoothboor!!
Re: .303 Modifikasie
Posted: Thu Jan 13, 2011 11:07 pm
by fanie17
Armand
Doen n kaliber ruil. Jy het die nuwe lisensie in 4 weke.
Re: .303 Modifikasie
Posted: Thu Jan 13, 2011 11:27 pm
by saimportsuplies
ek praat nou met onderfinding want my 303 is al 20 jaar saam met my. selfde geweer wat ek het. als wat jy wil doen is 100 % as jy medium na duk loop gaan fry loop ,en as jy dun of oorspronklik gaan moet jy pressure point gaan,die beste ou is kevin by bloemfontein custom guns, ek befeel aan om epps te sny, jou doppe hou 20 keer se skiet en sonder druk 2800 fps met 49gr 355 150 gr hornady. moet nie die geweer epps vir spoed want aksie is te swak, doen vir groepering en dop lewe. as jy crony het moet nie oor 2850fps gaan nie en dit is met 24inch loop. hoop dit help.my ou sanna skiet met lynx 3-9x40 op 300 meter nog n 60mm groep. cheers
Re: .303 Modifikasie
Posted: Fri Jan 14, 2011 8:15 pm
by Pvdw
saimportsuplies verstaan net so die helfte van wat jy voorstel
Wat bedoel jy met "
as jy medium na duk loop gaan fry loop ,en as jy dun of oorspronklik gaan moet jy pressure point gaan"
En wat op dees aarde is epps?? Jy het my lankal verloor
Dankie.
Peet
Re: .303 Modifikasie
Posted: Fri Jan 14, 2011 9:19 pm
by 243Songdaug
Ou Peet
Die maklikste manier om "Epps" te beskryf is seker as volg: As jy 'n 303 Ackley word dit epps genoem.
Die ou wat die 303 Brittish kaliber "verbeter" het se van was Epps - vandaar die naam 303 Epps.
Inkort waarop die neerkom is dat die taper van die 303 se kamer weggesny word en dan kry die dop 'n kort nek met skerp skouers - die Epps doppe lyk regtig pragtig.
Voordele:
Langer dopleeftyd
Langer dopleeftyd
verhoogte dop kapasiteit(bietjie meer spoed)
die doppe groei nie meer so erg nie
Doppe kan nou op die skouer "headspace" en nie meer op die flens nie- verhoogte akkuraatheid
As jy 'n P14 het was jy kan laat Epps kom hierdie kaliber eers in sy volle reg. Ek skiet 174grein punte so ietwat vinniger as wat die meeste Mk4 no 2's 'n 150gr punt lanseer. Met die Epps is dit moontlik om 'n 150gr punt oor 3000fps te lanseer.
Ek geniet my Epps (P14) hond uit 'n bos uit!!!
Groete.
Jaco
Re: .303 Modifikasie
Posted: Fri Jan 14, 2011 10:03 pm
by saimportsuplies
as jy n medium to duk loop het ,met ander woorde die loop eindig 18mm of dukker is dit beter om die aksie te pat en die loop free floating te los, en as jy die oorspronklik loop of n din loop met ander woorde 13.5mm tot 17mm op die einde meet jy die aksie pak maar die loop met n vaste druk punt pak. dit beteken jou loop le voor op iets wat druk torpas as geweer vas geboud word. epps kan jy oral op internet oor lees, dus diesekfde as om geweer to ackley dws 40 degree sholder. hoop dit help

Re: .303 Modifikasie
Posted: Sat Jan 15, 2011 7:29 am
by Pvdw
Dankie
saimportsuplies en
243Songdaug nou verstaan ek sommer beide.
Jaco lyk my jy het nou 'n renperd vir 'n 303 daar, 150gr teen 3000ft/sek, magtag dan beweeg hy vinnig
saimportsuplies my .303 is nog oorspronklik en ek het 'n sterk vermoede dis die dun loop so opsie 2 met die drukpunt gaan my eerste probeerslag wees.
Dankie julle. Dis lekker om sulke raad te kry en dan beplan mens sommer baie lekkerder aan die nuwe speelding.
Peet
Re: .303 Modifikasie
Posted: Sat Jan 15, 2011 2:21 pm
by 243Songdaug
Peet.
Jong ja, ek is al al die jare maar lief vir die ou 303 en het gevrek oor die P14. Nadat ek die volgende artikel gelees het het ek 'n P14 wat nog baie mooi was gekoop, 14 maande gewag vir die lisensie en toe het ek die outjie laat Epps.(Die plan was dat ek die geweer spesiaal wou koop vir die skiet van 'n Zebra en 'n reuse Eland)
http://www.sahunters.co.za/attachments/ ... Fouch?.pdf
Ek skiet 174gr punte deur die Epps(ek voel dat as ek 150's wil skiet ek die 308 daarvoor kan gebruik.)
Die 174's loop teen so ongeveer 2800fps - Die punte word gemoly en die roer skop ietwat meer, maar dis lekker om met haar te skiet.
Ek het met 'n klomp 150's gesit toe ek die geweer gekoop het en het vir die "fun" gekyk tot waar ek die spoed kan druk.
Re: .303 Modifikasie
Posted: Sat Jan 15, 2011 3:54 pm
by Pvdw
Hi 243Songdaug
Hoe beskikbaar is herlaai matryse vir die EPPS.
Ek het reeds LEE se .303Brit matryse maar sal seker indien ek EPPS so 'n sizing die moet koop. Watse maak kry mens dan vra ek daarna. Ek gaan die 303 van my nou so 'n projek maak en stsp vir stap doen tot ek tevrede is. Om te EPPS dink ek gaan eers later in die proses gebeur.
Peet
Re: .303 Modifikasie
Posted: Sat Jan 15, 2011 4:19 pm
by 243Songdaug
Peet.
S&O het RCBS dies vir so R2OOO, praat met my ek weet waar nog 'n stel vir R1500 gekry kan word.
Ek necksize my doppe. Was tot op hede nognie nodig om te FL nie.
Re: .303 Modifikasie
Posted: Sat Jan 15, 2011 5:34 pm
by Pvdw
Majuba ek stem heel hartig saam as dit kom by spoed. Ek dink soms baie van ons lei aan die" bigger/faster is better" sindroom.
Ek stry nie met jou nie maar ek het egter verstaan EPPS gaan nie noodwendig oor spoed nie maar as jou 303 rof is met doppe, selfs op matige ladings is EPPS 'n opsie om te oorweeg. Dis hoekom ek in vorige pos ges? het dat EPPS een van die laaste dinge is waarna ek sal kyk. Wil eers goed skiet met hom soos hy is en dan as daar 'n probleem opduik sal ek dit verder vat.
Dankie vir die insette.
Peet.
Re: .303 Modifikasie
Posted: Sat Jan 15, 2011 8:25 pm
by fanie17
Hi Pvdw
Moet eers a.s.b nie die geweer EPS nie.nSMLE aksie het n paar probleme.
1,Die, locking lugs,hoop dis reg gespel,sit agter in die aksie.Dit veroorsaak dat die slot veer met elke skoot.Dit is ook die rede dat n6mm masgrave nie n 243 kan ewenaar nie
2, Die kolf is in twee dele wat maak dat daar ook beweging is.Ekhet al geky dat selfs n drukpunt nie werk nie. Dan moet jy n band om die loop sit en hom vastrek in die pak voor.
As jy naby Pretoria is kan ek jou help sal n guns wees
Fanie
Re: .303 Modifikasie
Posted: Sat Jan 15, 2011 8:38 pm
by Pvdw
Hi Fanie ek bly ook hier in Sodom en Gommora. Ek is hier in Magalieskruin naby die Kolonade sentrum. Waas jy???
Dankie vir jou offer, ek het alle hulp wat ek kan kry nodig voor ek aanjaag.
Peet
Re: .303 Modifikasie
Posted: Sat Jan 15, 2011 8:44 pm
by fanie17
Hi
Ek bly n Moreletapark my no is 0824688657 bel gerus.
Re: .303 Modifikasie
Posted: Sat Jan 15, 2011 11:18 pm
by 243Songdaug
As ek weer opry Pta toe vir 'n SA Jagter Konferensie kom groet ek joule manne - julle bly dan amper langs mekaar!
Peet, ja. Ek is self nie te groot op die idee om 'n Enfield te Epps nie - om die waarheid te s? meeste smede in die land weier botweg om 'n Enfield te Epps.
Die verlengde dopleeftyd is natuurlik baie aanloklik.......een van die groot redes hoekom Elwood Epps die 303 verbeter het is om die dopleeftyd te verbeter en NIE om ho?r spoed te kry soos in die geval van Mnr. Ackley nie.
Net so vir die interesantheid: as julle na die PMP groepering uitslae kyk sal julle sien dat Bertie Goosen tans 2de of 3de plek in die 303 bekle? - iets soos 'n 11.3mm groepering. Wel, dis my pa en ook my grootste ondersteuner daai - ek het hom gehelp met die modifikasie op daardie Mk. 4 no. 2 van hom. Sintetiese kolf, gepak, gekroon en 'n nuwe Thor sneller het van daardie 303 'n heel ander geweer gemaak.
Pa kry egter net so 5 herlaaie(39.5 gr S335) uit 'n dop uit voor die dop agv kopspasie probleme breek. As ons 41.7 gr S335 agter 'n 150gr punt laai hou die doppe net 3 herlaaie.
Mooi aand vir julle.
Jaco
Re: .303 Modifikasie
Posted: Sun Jan 16, 2011 12:14 am
by saimportsuplies
jy moet nie jou geweer epps vir die spoed nie, maar net vir groeperings en doppies wat langer hou en die bonis is jy kry 2800fps met n 150 gr so dit help. moet nie vir jou dies koop nie, wanneer jy jou roer laat epps vat jy jou ou full length die saam en kevin sny met selfde reamer sommer jou dies dan het jy sommer neck sizing dies. hoop dit help
ps. moet asb cc200 gebruik en s355 want dit bring kamer druk baie af..
cheers