Page 1 of 1

250 Savage kruit vir herlaai?

Posted: Sun Jan 02, 2011 6:39 pm
by James Wilson
my skoonpa, was n groot jagter in sy jong dae. ek dink n paar dinge het hom gatvol gemaak vir jag. dinge soos die nuwe wet en pryse wat hy moet betaal vir goed wat waarskeinlik vroer as alleman se goed gesien is. sy jagstories laat my sprakeloos. stories oor plekke soos Rhodesia, Zim, Botsawana en natuurlik sy groot gunsteling: SWA waar hy vroer n plaas gehad het.

vandag is hy afgetree en het nie werklik oormaat geld vir goed soos ammo en jag nie. ek vat hom gereeld saam op my jagte, maar omdat hy nie sy eie geweer saam vat nie, het hy my al gese hy voel soos n 5 de wiel aan die wa.

hy het nog n 250 savage wat prins Charles se oupa aan my skoonpa se pa geskenk het nadat die koninklike jaggeselskap gereeld gejag het op my skoonpa se oupa se plaas in Betsoeanaland(Botswana). my skoonpa was self op die jagte.

ek is bly om te se deur my jagbeheptheid, het my skoonpa weer begin belangstelling toon in jag. nou wil ek vir die 250 savage van hom n scope op sit, en wil ek vir die geweer begin herlaai. so my plan is om vir skoonpa se verjaarsdag: einde januarie n stel dies te koop.
nou om n lang storie kort te maak wil ek 2 goed weet: 1- waar kan ek n stel dies kry vir die kaliber; en    2- watter somchem kruit is geskik vir die kaliber en vir watter kombinasie van punte?

dankie tog!

Re: 250 Savage kruit vir herlaai?

Posted: Sun Jan 02, 2011 7:40 pm
by Nico Harris
Jagbehep.... ek het n 250 savage gehaad. ek het dies en n paar goeie ladings met s341,s335.s365 en ek glo s355 sal ook baie goed werk in die geweer! wees net baie versigtig as dit n leveraction is! die aksie is aansienlik swakker as die bolt action! as ek na die 7de terug is by die huis sal ek vir jou die laai data e-pos en jy kan my Lee die VERNIET kry( posgeld is vir jou). ek het ladings vir die hornady 87gr sp ladings wat onder n duim in my mod 99 lever action geskiet het!! die dies het klein bietjie roes op maar hulle werk nog bakgat!! ek het omtrent 8 boksies winchester factory ammo aan classic arms verkoop! pm my met jou details dan stuur ek sommer vir jou die artikel wat ek geskryf het wat so ruk terug in die magnum was!

groete

nico

Re: 250 Savage kruit vir herlaai?

Posted: Sun Jan 02, 2011 8:00 pm
by Francois Marais
Jagbehep

Ek het lank terug vir iemand n lading uitgewerk, met 100gr Sierra punte en S365 kruit, maar luister na Nico, hy het baie ondervinding. Let veral op wat hy se ivm die leveraksie.

Mooi loop
Francois

Re: 250 Savage kruit vir herlaai?

Posted: Mon Jan 03, 2011 12:00 am
by James Wilson
ek se sommer baie dankie. dit is n lever aksie. maar ek gaan nie juis vreeslik warm laai vir hom nie. goeie groeppe gaan eerder die ding wees.

Harris, ek hoop om jou eendag te ontmoet, ek sal my skoonpa vertel van jou gebaar. hy geniet juis sulke stories.

ek kan onthou van n 250 artikel, iewers in die onlangse verlede in die Magnum.

hoe sit n mens scope mounts op daardie model 99?

Re: 250 Savage kruit vir herlaai?

Posted: Mon Jan 03, 2011 8:45 am
by Nico Harris
Jagbehep my gun het weaver dove tails op gehaad. maar enige goeie wapensmit sal vir jou kan mounts opsit! ek het op n stadium n 6-25x50 teleskoop op my 250 gehaad en hy het n hond uit n bos geskiet! vir n lever action was myne baie akuraat! is joune n savage mod99? die savage  geweertjies is baie goeie kwaliteit!

groete

Nico

Re: 250 Savage kruit vir herlaai?

Posted: Mon Jan 03, 2011 10:55 am
by Geno
Ja-nee kyk, as een man 'n 250 ken, is dit Nico, ek het jou artikel in die Magnum baie geniet!
Groete,
Eugene

Re: 250 Savage kruit vir herlaai?

Posted: Mon Jan 03, 2011 3:48 pm
by Nico Harris
Thanx Geno! dit was maar my eerste geweertjie! mens leer maar om te piepie met die tottie wat jy het ;)

Re: 250 Savage kruit vir herlaai?

Posted: Mon Jan 03, 2011 4:44 pm
by James Wilson
dit IS die model 99 lever action

Re: 250 Savage kruit vir herlaai?

Posted: Mon Jan 03, 2011 5:47 pm
by Nico Harris
Lekker gun daai! n vriend van my se pa het een in n bolt action! dis nou n lekker geweer!

Re: 250 Savage kruit vir herlaai?

Posted: Fri Jan 21, 2011 10:49 am
by James Wilson
ek wil  darrem net terugvoer gee. die wat dalk hier gelees het sal die volgende geniet. Nico het toe net soos hy belowe het vir my die stel dies verniet gestuur, en hy het geweier dat ek  die posgeld betaal!!  ek soek al lank so n stel dies, en hier kry toe so n skaars artikel heeltemal verniet!!!. my skoonpa verjaar vandag en het ek nou net vir hom die dies,Nico se artikel in die magnum en 100 100grn Hornady's gegee. hy was baie bly en was veral bly toe hy hoor van Nico wat die dies geskenk het. skoonpa is nog een van daai manne wat so iets meer wardeer as n duur geskenk wat niks "karakter" het nie. ek en Nico het nou al n keer of wat vir mekaar pm's gestuur en selfs oor die foon gepraat, maar wil ek graag hier op die openbare forum waar almal kan sien vir Nico weer bedank. ek weet nie wanneer ek, indien ooit, op so n stel skaars dies sou af kom nie wat nog van verniet!!!!

Nico nogamaals dankie, en ek se weer ek sal jou graag eendag wil ontmoet. dit is seker  omtrent net in die jagters en herlaai stokperdjie waar n mens sulke gebare teekom.

n.s nou om vir daardie geweer mounts op te sit, ek sien dit gaan n storie wees.

Re: 250 Savage kruit vir herlaai?

Posted: Fri Jan 21, 2011 11:07 am
by 300Winmag
Dit was nou lekker storie om te lees, nou moet die laaste hoofstuk
die jag se fotos insluit!

Re: 250 Savage kruit vir herlaai?

Posted: Sun Jan 23, 2011 1:06 pm
by Nico Harris
James ek stem saam met 300winmag! nou kort ons net die jagfotos en groot smiles dan is alles bakgat!

Groete

Nico

Re: 250 Savage kruit vir herlaai?

Posted: Sun Jan 23, 2011 3:56 pm
by James Wilson
sal dit gee, ek belowe. maar soos ek se nou is dit eers die saak om die scope op te kry. dit lyk na n groot uitdaging.

Re: 250 Savage kruit vir herlaai?

Posted: Sun Apr 24, 2011 7:59 pm
by James Wilson
die eerste lading wat ek toets en dit is die resultate:  7,5mm. geweersmit het mounts gemaak en ek het vir skoonpa n 3-9 x 40 Redfield gekoop.
dit is 100grn Hornadys
[img width=560 height=420]http://i775.photobucket.com/albums/yy34 ... C00331.jpg[/img]

Re: 250 Savage kruit vir herlaai?

Posted: Sun Apr 24, 2011 9:07 pm
by spekieries
Magtig maar daardie roertjie gooi mooi! Gemaak vir kopskote.

Re: 250 Savage kruit vir herlaai?

Posted: Sun Apr 24, 2011 9:52 pm
by 243Songdaug
Jagbehep - dit lyk sommer netjies. 

Nico, ek haal my hoed vir jou af - as dit nou nie karakter is nie weet ek nie.  Netjies man.

Songdaug

Re: 250 Savage kruit vir herlaai?

Posted: Sun Apr 24, 2011 10:35 pm
by James Wilson
Nico het nie net sy dies vir my geskenk en verniet gepos nie, hy het ook vir my n raad gegee oor die ladings.

Re: 250 Savage kruit vir herlaai?

Posted: Mon Apr 25, 2011 11:30 am
by JACQUES BOTHA
jAGBEHEP
Is jy seker jy gaan daai roertjie nog vir die skoonpa gee, as ek jy is vertel ek hom daai geweer groepeer glad nie (hy sal jou vergewe hy weet mos hoe)
Hy kan eerder n ander roer kry? lag lag lag
Groete
Jacques

Re: 250 Savage kruit vir herlaai?

Posted: Mon Apr 25, 2011 2:47 pm
by Nico Harris
ek wil nie weer hoor chat lever action is nie akuraat nie!!!

Re: 250 Savage kruit vir herlaai?

Posted: Mon Apr 25, 2011 4:38 pm
by 243Songdaug
Nico, ek het 'n 30-30 gahad waarmee ek darem self clovers kon skiet. 

Die Mod 94 Winchesters se snellers was net 'n nagmerrie!