Page 1 of 1

V-Max vs Jakkals

Posted: Tue Dec 17, 2013 4:11 pm
by Ysterkat
Saterdagaand die outjie raak gery met lig

Re: V-Max vs Jakkals

Posted: Tue Dec 17, 2013 4:31 pm
by Pvdw
Saterdagaand die outjie raak gery met lig
Magtag!!! Watse lig gebruik jy??? :o

Re: V-Max vs Jakkals

Posted: Tue Dec 17, 2013 7:19 pm
by NicoSmit
Watse grein V Max was dit

Re: V-Max vs Jakkals

Posted: Tue Dec 17, 2013 7:56 pm
by Roger
Mooi, goeie werk.

Self gesien Saterdagaand wat maak n .223 Vmax in 55gr aan n jak :-)

Re: V-Max vs Jakkals

Posted: Tue Dec 17, 2013 9:32 pm
by Jaco B
Joe joe joe. Magtig maar dit is omtrent n kanon skoot.
Mooi en geluk.
Jaco

Re: V-Max vs Jakkals

Posted: Wed Dec 18, 2013 6:42 am
by Ysterkat
243 met 87gr V-Max

Re: V-Max vs Jakkals

Posted: Wed Dec 18, 2013 7:28 am
by NicoSmit
Ek het gister so paar 58gr Vmaxe gelaai vir die 243 wonder wat gaan hy met jakkals se kind maak

Re: V-Max vs Jakkals

Posted: Wed Dec 18, 2013 7:30 am
by Ysterkat
V-Maxe vat nie nonsense nie, dit is nogal 'n gemors as jy daar kom

Re: V-Max vs Jakkals

Posted: Wed Dec 18, 2013 8:19 am
by hennief
Sjoe, well done!

Re: V-Max vs Jakkals

Posted: Thu Dec 19, 2013 3:48 pm
by Francois Hugo
Ou Mater,

Daardie V-max maak marakas as hy tref!! :):

Net 'n moeswillige vraagie? Waar staan jakkalse solank stil dat man hulle in die kop kan skiet!!!???? >:D

Hier waar ek hulle probeer uitroei, skiet man net vir die lyf en mik kans is daar ook nie eintlik nie!!! ++>:

Laai nog 'n klompie en doen hulle kwaad!! >:+

Groete uit die Namakwaland

Francois

Re: V-Max vs Jakkals

Posted: Thu Dec 26, 2013 3:35 pm
by Ratel
Ja die Vmax doen waarvoor hulle gebou is. Hierdie twee jong jakke het eergister elk 'n 55 Vmax uit die 223 gekry. Die tweede een is van voor getref.

Re: V-Max vs Jakkals

Posted: Tue Feb 04, 2014 9:29 pm
by slagboom
Ek self skiet net met 110gr V-max op my 308.
Beste is, as jy tref tel jy hom daar op :laugh:

Re: V-Max vs Jakkals

Posted: Wed Feb 05, 2014 11:50 am
by Jake1
Daai v-max is gevaarlik ja. Ek sou hierdie fotos eerder wou sien in die slegs vir lede afdeling met watermerk, dis bietjie baie grafies, ek verstaan julle wil die werking van die koeel wys.

J1

Re: V-Max vs Jakkals

Posted: Wed Feb 05, 2014 12:46 pm
by johans
Jake1 wrote:Daai v-max is gevaarlik ja. Ek sou hierdie fotos eerder wou sien in die slegs vir lede afdeling met watermerk, dis bietjie baie grafies, ek verstaan julle wil die werking van die koeel wys.

J1
ek stem saam jake,ekt geen probleem met die fotos nie maar ons weet mos daars altyd n jakkals wat skietgoed soek

Re: V-Max vs Jakkals

Posted: Wed Feb 05, 2014 4:27 pm
by Ratel
Het my fotos afgehaal dan is almal gelukkig

Re: V-Max vs Jakkals

Posted: Wed Feb 05, 2014 4:35 pm
by NicoSmit
Ek het nie eers fotos geneem wat die vmax met Waaierstert meerkatte doen nie

Re: V-Max vs Jakkals

Posted: Wed Feb 05, 2014 4:43 pm
by Ratel
Daar bly seker nie veel oor nie?

Re: V-Max vs Jakkals

Posted: Wed Feb 05, 2014 4:50 pm
by NicoSmit
Net genoeg om te sien dit was 'n meerkat

Re: V-Max vs Jakkals

Posted: Tue Feb 11, 2014 5:40 pm
by tau
Ratel wrote:Het my fotos afgehaal dan is almal gelukkig
Nee nie ke nie, want ek het nie gesien nie. Sal jy asb na stuur. Ek kyk daarna elkekeer as ek kwaad raak dan ontspan ek.

My .222 is alweer by geweersmit, en het nog steeds nie 'n jakkie gedop nie. Het al 130 50 gr Vmaxe getoets. Die silencer werk mooi en die roer is swart so jakkie gaan my nie kan sien nie.

Re: V-Max vs Jakkals

Posted: Tue Apr 29, 2014 9:08 am
by Ysterkat
Nog 'n jakkie wat sy kop verloor

Re: V-Max vs Jakkals

Posted: Tue Apr 29, 2014 9:09 am
by Ysterkat
Nog 2