Page 1 of 1

Watter powder dispenser?

Posted: Mon Dec 16, 2013 9:08 am
by Ru 270
Hi manne

Ek sal graag opinies wil hoor oor drie verskillende auto powder dispensers, die drie waarna ek kyk is:
Lyman Gen 6 (+-R4000)
Hornady LnL auto dispenser (+-R4000)
RCBS Chargemaster combo (+-R6500)

Wat ek graag sal wil weet is of die RCBS die ekstra R2500 werd is, want vir daai geld kan ek 'n case prep center koop. Op die stadium kan ek nie besluit tussen die Lyman en die Hornady nie! Ek sal graag opinies en van die manne se ondervindings met enige van die 3 wil hoor? Ek weet die vorige Lyman's het maar hul probleme gehad.

Julle hulp word waardeer!
Groete
Ruan

Re: Watter powder dispenser?

Posted: Mon Dec 16, 2013 9:59 am
by Heinz Petersen
Koop eenkeer en koop die RCBS. Die ander is net skoolfonds wat jy gaan betaal en die uitdrukking op jou gesig na n jaar.
Moet bysê dat daar wel n paar manne is wat die Lyman het wat nie tevrede is nie en nou kan hy dit nie verkoop nie. Ek was deur 3 van hulle. Nooit ooit weer Lyman nie.

Re: Watter powder dispenser?

Posted: Mon Dec 16, 2013 10:25 am
by Nico Harris
Francois marais op die forum het n redelikke tyd gelede gese hy het baie probleme met die rcbs se sleutel bord gehaad. Na hy dit n paar keer omgeruil het het hy weer n lyman begin gebruik en nie weer probleme gehaad nie. Ek self gebruik n lyman dps 3 al vir n goeie paar jaar en het nog geeb probleme gehaad nie. Ek het al in die omgewing van so 10000 rondtes met myne gelaai.

Groete

Nico

Re: Watter powder dispenser?

Posted: Mon Dec 16, 2013 1:32 pm
by Nico Harris
Hoe so Piet?

Re: Watter powder dispenser?

Posted: Mon Dec 16, 2013 1:42 pm
by Nico Harris
Watse tiepe probleme het hulle gehaad?

Re: Watter powder dispenser?

Posted: Mon Dec 16, 2013 2:54 pm
by Witpietskiet
Ek het ook Lyman DPS3 en geen moeilikheid nie, hou hom net weg van ander elektroniese toerusting.

Ek het hier in Nam ook gehoor van n hele paar manne wat gesukkel met hulle RCBS combo's.

Re: Watter powder dispenser?

Posted: Mon Dec 16, 2013 3:25 pm
by Piet Pille
Witpietskiet wrote:Ek het ook Lyman DPS3 en geen moeilikheid nie, hou hom net weg van ander elektroniese toerusting.

Ek het hier in Nam ook gehoor van n hele paar manne wat gesukkel met hulle RCBS combo's.
Ek het ook 'n DPS-3 en hy loop mooi. Ek het seker al 1500+ patrone met hom gelaai.

(Die probleem is sodra mens die duurste en beste van alles het en jy skiet dan nogsteeds sleg, dan het jy niks meer op die skuld op te kan pak behalwe jouself nie.. ;) ;D )

Re: Watter powder dispenser?

Posted: Mon Dec 16, 2013 3:30 pm
by immelmanw
Ru 270 wrote:Hi manne

Ek sal graag opinies wil hoor oor drie verskillende auto powder dispensers, die drie waarna ek kyk is:
Lyman Gen 6 (+-R4000)
Hornady LnL auto dispenser (+-R4000)
RCBS Chargemaster combo (+-R6500)

Wat ek graag sal wil weet is of die RCBS die ekstra R2500 werd is, want vir daai geld kan ek 'n case prep center koop. Op die stadium kan ek nie besluit tussen die Lyman en die Hornady nie! Ek sal graag opinies en van die manne se ondervindings met enige van die 3 wil hoor? Ek weet die vorige Lyman's het maar hul probleme gehad.

Julle hulp word waardeer!
Groete
Ruan
Hi Ruan
Ek het al almal gebruik, koop die RCBS, nie die vinnigste nie maar bitter betroubaar.
https://www.safariandoutdoor.co.za/item ... _dispenser
Nou net geloer, daar is nog 112 in voorraad.

Groete

Re: Watter powder dispenser?

Posted: Mon Dec 16, 2013 3:39 pm
by smitjs
Nou om 'n klip in die bos te gooi, waarom nie 'n Harrel tipe kruitmeter nie?

Re: Watter powder dispenser?

Posted: Mon Dec 16, 2013 5:45 pm
by Piet Pille
Piet-Skiet wrote:Sensatief vir static,floresente ligte,sellfoone. Ek vermoed as jy hard poep gan hy weer gekalibreer moet word.
as ek hard poep moet ek al my scopes ook oor instel.....

Re: Watter powder dispenser?

Posted: Mon Dec 16, 2013 6:07 pm
by Beretta
Koop n Harrel powder measure en nooi koop jy weer iets anders nie dit is al wat ek gebruik miskien is ek dom oor die goed.
Beretta

Re: Watter powder dispenser?

Posted: Tue Dec 17, 2013 5:33 am
by smitjs
Net met die groot korrel kruite, 365 en groter, kan die Harrel nie altyd reg wees nie. Om dan die Harrel te stel vir net minder, en dan met 'n balkie skaal en 'n dribler aan te vul is sekondes.
Andersins, as dit haak op korrels, gooi terug en gooi weer. Solank die nie haak nie, is die Harrel se uitmeting reg.

Re: Watter powder dispenser?

Posted: Wed Dec 18, 2013 11:13 pm
by At308
Ek het Lyman Gen 6 so paar maande terug gekoop en is baie gelukkig, ek het al so 1000 al met hom gelaai sonder enige probleme.

Camdix het hom nou op hulle website vir R3300.

Re: Watter powder dispenser?

Posted: Fri Jan 10, 2014 2:13 pm
by dawiec
Koop die Rcbs. Nou die dag by 'n jagwinkel gelaai en die lyman was heeltyd onakkuraat. rcbs opgestart en siedaar...elke keer "spot on"
Koop een keer en klaar!

Re: Watter powder dispenser?

Posted: Fri Jan 10, 2014 2:29 pm
by Ferdi Bam
Ru 270

RCBS en as alternatief Harrel. Dit gaan maar oor kontant in die sak. Weet nie wat is jou situasie maar het al geleer om te wag vir dit wat jy regtig wil hê is altyd die moeite werd.

Groete

Ferdi Bam

Re: Watter powder dispenser?

Posted: Tue Feb 04, 2014 7:57 am
by Hilux01
Mnre

Ek het nou die dag die Lyman Gen 6 gekoop
Ek en my mede jagter en laai vrien Marius Botha10 is baie gelukkig met ons aankope
Daai model gooi die balletjie kryt (S341) op die nommer keer op keer, vir die S365 en S385 gebruik ek die kleiner funnel wat by die eenheid ingesluit is en hy gooi dodelik akkuraat

Ek praat nou die dag met n ander oom wat ook met n auto dispenser laai en hy reken as hy ooit weer met die hand en n balkie skaal moet sukkel hou hy op met herlaai ;-)

Ek weet VLT het van die modelle teen R3k

Re: Watter powder dispenser?

Posted: Tue Feb 04, 2014 9:01 am
by AFRICAN LEADWOOD
Ek self het 'n RCBS en is sover baie gelukkig.

'n Vriend se Lyman is glo verniel deur hom uit te prop sonder om hom af te skakel. Hy sê daar is 'n waarskuwing daaroor in die aanwysings, maar sy vrou het dit gedoen om iets anders daar in te prop. Wees maar versigtig daarmee as julle een het.

Re: Watter powder dispenser?

Posted: Tue Feb 04, 2014 3:22 pm
by tau
Ek gebruik 'n RCBS Chargemaster 1500 skaal en Redding Competition dispenser. Die Redding is bitter akkuraat en ek stel hom op die nommer en trickle net so klein bietjie by om die regte gewig te laai.