Page 1 of 1
Awesome tools beste diens in s a
Posted: Fri Dec 13, 2013 4:28 pm
by blaser
Ek het n led lenser x21 flits wat ek deur nalatigheid van n batery wat gelek het beskadig
Die flits is reeds 4 jaar oud
Ek stuur toe die flits vir awesome tools in kaapstad vir reg maak
Hulle stuur vir my n splinter nuwe flits verniet terug
Die aankoop prys van die flits is R3475
Eerste keer dat ek sulke diens in s a kry
Puik diens awesome tools dankie
Re: Awesome tools beste diens in s a
Posted: Fri Dec 13, 2013 4:41 pm
by cassie_calvinia
kan getuig van hulle!
Re: Awesome tools beste diens in s a
Posted: Fri Dec 13, 2013 4:55 pm
by douw
My broer het 'n Leatherman Juice S2. Lekker klein en kompakte stukkie gereedskap. Hy het hom egter nogal baie verniel om kabels skoon te maak en sommer enige plek waar hy dalk kon gebruik word. Hy stuur hom toe nou die dag terug om reg te maak en mes skerp te laat maak (was al baie dun) Hulle verras hom toe oo met 'n nuwe een!
Wonderlike diens. Ek koop ook sommer vir my so mes.
Groete
Douw
Re: Awesome tools beste diens in s a
Posted: Fri Dec 13, 2013 7:32 pm
by Beretta
Remington
Hel maar jy is lucky ja nee hulle diens is van wereld gehalte
Beretta
Re: Awesome tools beste diens in s a
Posted: Fri Dec 13, 2013 9:06 pm
by chrisman
Ek kan ook getuig van uiters goeie diens,
Die laaste 4 jaar al 3 keer nuwe leatherman supertool 300's gekry.
Wou my 200 laat diens, toe neem die vrou dit, kyk daarna en gooi dit in die boks, haal nuwe 300 onder toonbank uit en is toe sommer opgradeer, sy sê toe dat die 200 ou tool is en ek kry "upgrade".
Moet ook sê dat ek hulle al seker 12 jaar ondersteun...
Re: Awesome tools beste diens in s a
Posted: Fri Dec 13, 2013 9:42 pm
by alecjohnson
Ja ek gebruik hulle gereeld. Ek kry amper elke maand 'n nuwe leatherman surge by hulle. my mes werk baie hard...
