Page 1 of 1

Hulp met nagsig teleskoop asb

Posted: Thu Dec 12, 2013 8:28 pm
by junglejulian
Naand manne

Het Enige iemand ondervinding met nagskiet teleskope vir jakkalse? watse modelle is goed en betroubaar? vervang jy die hele teleskoop of gebruik jy slegs n adapter op die bestaande teleskoop?

Hier in Kimberley omgewing is n oom(Hy is n Jaracal Lid maar werk maar van sy selfoon af) wat sukkel met ligsku jakkalse veral in die droe veld waar daar nie skuiling is vir die jakkals om weg te kruip terwyl hul inkom nie.Die geweer sal net vir nagskiet gebruik word.

Enige hulp of kontak nommer sal baie wardeer word.

Re: Hulp met nagsig teleskoop asb

Posted: Fri Dec 13, 2013 6:16 am
by smitjs
Ek gebruik 'n Nitesite200, dis verkrygbaar by Suburban Guns in die Kaap.
Dis sit 'n klein kamera agter die teleskoop, en 'n skermpie bo-op die teleskoop. Dan is geen verlenging van die kolf nodig nie. Die nitesite 200 het infrarooi leds om die beligting te doen, met sowat vier stappe van sterkte.
200 Meter is eintlik te min, dan moet jy nog infrarooi lig bysit vir verder sien.
Wees gewaarsku: Mens kan nie soek deur die geweer teleskoop nie. Die veld is te klein. Myne se kleinste zoom is 3.5, en dis nog hopeloos te klein.
Dit beteken dan moet jy nog 'n verkyker en infrarooi lig ook by kry.
'n Beter opsie is om te vra by http://www.ledlighttechlab.com, esonra@msn.com, of sellis@telkomsaq.net.
Ek weet nie van 'n beter infrarooi flits as wat hulle verkoop nie.
Ek wil nie name noem nie, dalk word vriende vir my kwaad, maar op die forum is manne wat baie goed doen met nagsig en fnuik tegniek vir ligsku en roepsku jakkalse.
Die nagsig is duur, en daar is die nog duurder tegnologie van Flir, at glad nie enigiets uitstuur nie, maar mens moet die koste opweeg tween die koste van die verliese aan vee.
Groete
Johan Smit

Re: Hulp met nagsig teleskoop asb

Posted: Fri Dec 13, 2013 6:44 am
by jacojrdn
Julian

Ek het n ATN Aries MK 390 Paladin wat ek by Vriend van my van die VSA af gekry het vir drie "custom" messe wat ek vir hom laat maak het. http://www.atncorp.com/nightvision-weap ... ries-mk390

Hy kom met die intensifier en is in n pellican tipe kas verpak. Ek skiet nie self in die nag nie het nie regtig gebruik vir hom nie.
Die ding wat my afsit van die tipe nagsig is dat dit op die geweer gesit moet word en die geweer kan dan nie in die dag gebruik word nie.

Ek het gedink om die scope te laat gaan (R4500)om geld bymekaar te kry om die jaar n Eland te gaan jag of om n ander jag te subsideer. Laat weet maar as jy belang stel.

Jaco

Re: Hulp met nagsig teleskoop asb

Posted: Fri Dec 13, 2013 7:17 am
by 243Songdaug
Jaco - ek stel belang - ek PM jou

Re: Hulp met nagsig teleskoop asb

Posted: Fri Dec 13, 2013 7:42 am
by smitjs
Dis natuurlik die voordeel van die nitesite. Die geweer is net so bruikbaar vir dag skiet. Haal net die goedjies af, en sonder enige gereedskap.

Re: Hulp met nagsig teleskoop asb

Posted: Fri Dec 13, 2013 7:43 am
by 243Songdaug
Ek wil na die ATN webwerf gaan kyk, maar ons internet diekant is gebom!

Re: Hulp met nagsig teleskoop asb

Posted: Fri Dec 13, 2013 9:54 am
by jacojrdn
Lyk my die ATN Aries is oppad na 243Songdaug

Re: Hulp met nagsig teleskoop asb

Posted: Fri Dec 13, 2013 11:45 am
by Henry 7
Ek het ook'n Aries-die probleem is dat hy te hoog mount op jou geweer wat maak dat jy baie mis gaan skiet-as jy 'n swart (infrarooi) filter op jou lig sit help dit baie vir sig.

Re: Hulp met nagsig teleskoop asb

Posted: Fri Dec 13, 2013 12:08 pm
by 243Songdaug
Henry. jy bedoel nou die swart filters wat jy vir die Lightforce ligte kry?

Re: Hulp met nagsig teleskoop asb

Posted: Fri Dec 13, 2013 12:22 pm
by Henry 7
Soos wat jy rooi ,groen, filters kry wat op jou lightforce ligte pas kry jy 'n infrarooi filter wat feitlik swart is en waar jy op jou nagsigteleskoop net daai klein infrarooi liggie aansit ,sit jy die filter op jou lig en dit help baie.Ja hy is swart-maak net seker dis die regte een! As jy iemand kan kry wat die nagscope kan af-machine dat hy laer op jou geweer kan mount sal hy baie beter werk.
Hoop dit help

Re: Hulp met nagsig teleskoop asb

Posted: Fri Dec 13, 2013 12:25 pm
by 243Songdaug
Dankie Henry - ek waardeer man

Re: Hulp met nagsig teleskoop asb

Posted: Sat Dec 14, 2013 9:43 pm
by Werner Nel
Naand manne.

Ek speel self met die nagsig en het n paar dinge agter gekom met tyd. Generasie 1 en 2 het baie infra rooi nodig om n bietjie afstand in die nag te kry. Die IR lig lyk vir my is net vir die mens se oog nie sigbaar nie. Ek vermoed n dier wat in die nag kan rondloop se sig is anders as ons dag lopers sin. Ons het mak wild hier in kampe en kan duidelik agter kom hul raak ongemaklik en gee pad weg van die IR lig af.Hul kyk ook in my rigting asof hul die lig bron probeer op spoor. Sonder die lig aan kan jy hulle vir ure dop hou. Dit lyk ook asof hul oe die IR lig terug weerkaats na die aparaat toe want daai 2 oe blink soos spieels met IR aan. Haas en wilde duikers se optrede met IR aan is tipies waneer n spot light op hul skyn in die nag.

Gen 1 is orals verkrygbaar maar die sig is maar van swak na pateties. 30m tot 50m as jy gelukig is Goeie gen 2 en 3 is ongelukig nie in S.A. wetig beskikbaar nie. Gen 2 hier beskikbaar gebruik buise van Rusland af met baie lae spesifikasies. Amerika se gen 2 en 3 is wonderlik maar val onder hul ITAR wet. Uitvoer daarvan word gesien in die selfde lig as wapen smokkel met erge tronk straf.

Digitaal waarvan manne hier praat is n klein tv skerm met n nag kamera voor wat die beeld op die skerm wys. Werk ongelukig net met IR lig en moet baie sterk lig ook wees anders wys die skerm niks. Hoe sterker die lig hoe verder kyk jy. Ek glo hierdie is die toekoms vir sekuriteit om die huis. Is nie so duur nie maar hul kort nog so bietjie ontwikeling.

Gen 3 scope het n maat so ruk terug saam gesmokel maar moes ongelukig terug. Met 222 250 gespeel en watt n ervaring! Tot op 200m skiet ons Coke bottels sonder enige adisionele lig. Lyk soos dag lig daar waar jy kyk. IR aan gee te veel lig vir die toerusting en begin beeld beinvloed. Ek dink SA het genoeg atmosferiese lig om die ding te laat werk sonder enige IR. Kan onderskei tussen jakals of duiker op 250 tot 300m. Die goed is net vrek duur. Syne was omgeswaai in Rand waarde so R 48 000.

Nagsig op n scope soek ooptes. Die bos maak ongelukig dat jy nie iets of iemand binne in ruigtes kan sien nie. Thermal is die toekoms. Op hierdie stadium onbekostigbaar duur maar werk op die hitte wat n ligaam afgee. 500 tot 600 m is maklik, hul praat van bees identifiseer tot op 1km! Bos speel ook nie so n groot rol hier nie maar iets ordentliks begin somer gou by R100 000!!! Val ook ongelukig onder ITAR

My eerlike gevoel rondom nagsig koop in SA vir jag; As jy nie iemand ken wat vir jou ietsie kan saam bring (en hy die kans wil vat) oor die groot water nie vergeet dan liewers van dit. Jy gaan n klomp geld spandeer op iets wat nie regtig bruikbaar vir die oorspronklike doel is nie. Ten minste gaan jy hom om jou huis of dalk met die swaker eenhede net binne in jou huis kan gebruik Vat liewer daai geld en gaan koop groter kol ligte met filters op.

Groete