Page 1 of 1
Teleskoop vir 270
Posted: Wed Dec 11, 2013 12:46 pm
by Koupjak
Ek het tans n Weaver K4 scope op my 270. Dit sukkel maar om koedoes en springbok oor die lang karoo vlaktes met hom te skiet. Nou wil ek hoor watter scope jul voorstel en die scope sal vir nagjag ook gebruik word.
Ek kyk tans na die Nikon Monarch 4-16x50 want budget is maar onder R6000. Ek wil ook graag weet watter kruishaar jul voorstel.
Groete
Ferdie
Re: Teleskoop vir 270
Posted: Wed Dec 11, 2013 12:54 pm
by tripodmvr
Klink na bruikbare vergroting vir vlakteskiet. Jy het nie regtig 50mm objektief nodig in ons sonnige land nie. Selfs 40 na 44mm is voldoende en maak teleskoop ligter en kan laer monteer word.
Kyk na ballistic plex tipe kruishaar waar die strepies help met afstand.
Re: Teleskoop vir 270
Posted: Wed Dec 11, 2013 1:11 pm
by FCLoretz
Ek stem saam met 3poot. As jy nie aand skiet gaan doen kyk na die 40 of 44 Objektief op jou telelskoop. 4-16 klink reg vir wat jy wil doen.
http://www.safariandoutdoor.co.za/item/ ... f_mill_dot
Kliek op die link en bestel hom sommer nou!!
Re: Teleskoop vir 270
Posted: Wed Dec 11, 2013 1:21 pm
by Koupjak
Dankie. Ek gaan wel maar vir die 50 lens gaan want dit help nogal vir nagskiet
Re: Teleskoop vir 270
Posted: Wed Dec 11, 2013 1:27 pm
by Arnold
Soms pas selfs 'n scope met 50mm lens op jou geweer met die laagste ringe wat jy kan kry. Maak seker en moenie dadelik die 50mm uitgooi nie.
Kwaliteit lense beteken vir my meer as vergroting. 'n Groot dowwe beeld is nie so behulpsaam soos 'n effense kleiner helder beeld nie.
Kyk ook dalk na die Burris Fullfield 4.5-14x42, die scopes se beeld is nogal goed vir die prys. Oor nagjag kan ek nie kommentaar lewer nie.
Re: Teleskoop vir 270
Posted: Wed Dec 11, 2013 11:08 pm
by KalahariKlong
Arnold wrote:Soms pas selfs 'n scope met 50mm lens op jou geweer met die laagste ringe wat jy kan kry. Maak seker en moenie dadelik die 50mm uitgooi nie.
Kwaliteit lense beteken vir my meer as vergroting. 'n Groot dowwe beeld is nie so behulpsaam soos 'n effense kleiner helder beeld nie.
Kyk ook dalk na die Burris Fullfield 4.5-14x42, die scopes se beeld is nogal goed vir die prys. Oor nagjag kan ek nie kommentaar lewer nie.
Baie goeie raad Arnold.
Re: Teleskoop vir 270
Posted: Fri Dec 13, 2013 9:52 am
by Carl
Ferdie,
Ja kyk daai Weavers was baie goed maar 'n man wil bietjie beter kan sien met die 270. Myne het 'n Leupold Alaskan 2x opgehad, en ek het min geskiet met hom. Met 'n nuwe teleskoop is sy 'n fees. Wat van die nuwe Zeiss Terra is hulle nie binne die begroting nie? Ek dink egter ook die Nikon reeks is baie goeie glas vir hulle prys.
Re: Teleskoop vir 270
Posted: Sun Dec 15, 2013 5:29 pm
by Ratel
Koupjak wrote:Ek het tans n Weaver K4 scope op my 270. Dit sukkel maar om koedoes en springbok oor die lang karoo vlaktes met hom te skiet. Nou wil ek hoor watter scope jul voorstel en die scope sal vir nagjag ook gebruik word.
Ek kyk tans na die Nikon Monarch 4-16x50 want budget is maar onder R6000. Ek wil ook graag weet watter kruishaar jul voorstel.
Groete
Ferdie
Ferdie
Jy sal nie 'n fout maak met die Nikon Monarch 3 vir sy prys nie. Ek het 'n 4 - 16 x 42 op een van my roere en het hom weer terdee geniet die naweek.
Re: Teleskoop vir 270
Posted: Tue Dec 17, 2013 2:31 pm
by Koupjak
Dankie vir almal se raad en insette. Nikon is bestel en sal na kersfees hier wees.