Page 1 of 1
Vêr skiet is maklik..................
Posted: Tue Dec 10, 2013 1:34 pm
by Dolf014
Ek het Saterdag die voorreg gehad om met my goeie vriend se 338 Lapua te skiet. Dis ongelooflik hoe tegnolgie die mens se vermoë verbeter. Ek het 'n 6" gong op 420meter met die eerste skoot raak geskiet. Dis amper soos fotos neem; "mik en druk" Maar ek moet by sê; my vriend KEN sy geweer.
Dankie Jaco.
Re: Vêr skiet is maklik..................
Posted: Tue Dec 10, 2013 2:01 pm
by Nico Harris
Sonder n vriend wat sy storie ken is dit nie so maklik nie! Jy neem die geweer en skiet! Hoeveel is vir hoogte en hoeveel is vir wind gestel?
Re: Vêr skiet is maklik..................
Posted: Tue Dec 10, 2013 2:06 pm
by Marc
Vandat ek myne gekoop het twee jaar gelede het drie van my vriende vir hulle ook elkeen een aangeskaf. Rand vir rand is die beste waarde vir geld .338 Lapua op ons mark, hy laat die manne met hulle 100k pakkete lekker

Re: Vêr skiet is maklik..................
Posted: Tue Dec 10, 2013 2:17 pm
by Dolf014
Nico, ek praat onder korreksie, maar ek dink dit was 6 clicks (MOA) vir hoogte, geen verstelling vir wind nie. Ek stem saam met jou; sonder my vriend sou ek dit NOOIT kon regkry nie.
Snaaks genoeg; party jagters se adrenalien pomp as hulle so 'n vêr skoot suksesvol kan skiet. My adrenalien pomp weer as ek 'n bok tot binne 50 of 70 meter kan bekruip. Elke man het maar sy voorkeure.