Page 1 of 1
Reen ????
Posted: Tue Dec 10, 2013 11:47 am
by tau
Jis manne waar reen dit orals?? Vriende van Nina/Gobabis by ons die naweek gewees en blykbaar het hulle grond lekker reen gekry.
Laat weet hoe dit by julle gaan(veral die SWA manne).
Re: Reen ????
Posted: Tue Dec 10, 2013 5:42 pm
by ROBBIE1
Gister nag begin hier in die Noorde van Pta, reen nog steeds so heerlik saggies! n Bottel soet wyn, lekker movie, onder die kombersie langs mamma vanaand, hoop dit val in die Noordwes en Vrystaat ook so lekker, Limpopo kry ook glo lekker reen vandag, iemand wat kan bevestig?
Dankie aan ons Vader vir dit, was baie nodig in dele!
Re: Reen ????
Posted: Tue Dec 10, 2013 6:21 pm
by Pvdw
My seun kuier in Mossel Baai. Hy sê hulle is al heeldag binne a.g.v. die reën
Re: Reen ????
Posted: Wed Dec 11, 2013 7:19 am
by gillie
Gobabis meer na Buitepos se kant toe omtrent so 70mm vanaf die naweek, verstaan dele van NoordKaap so 40-50mm vanaf die naweek, ander dele in Vrystaat hoor ek enige iets van 15-55mm. Lyk my die prop is nou af, glo en vertrou dat ons die opvolg reen sal kry wat die boere soek!
Re: Reen ????
Posted: Wed Dec 11, 2013 8:15 am
by FCLoretz
Tau ons het sekerlik al 100mm+ reen van die begin van desember af in Roodepoort gehad.
Re: Reen ????
Posted: Wed Dec 11, 2013 8:20 am
by tau
Aitsa manne dit klink goed. My skoonmense in Karasburg het morsige reen gehad en vriende tussen Calvinia en Williston ook sterk water gekry. My swaer in Maritsane het gister gebel om te se nou is die wereld sopnat en hulle het begin plant.
Ons het sommer reeds jag in begin Mei in SWA gereel om die laaste van die somer gras te sien.
Dit is goeie nuus en ek hoop dit hou so aan.
Re: Reen ????
Posted: Wed Dec 18, 2013 9:47 am
by gillie
Dieselfde mense buite Gobabis vanoggend in uur en half meer as 100mm gehad, 115 totaal vir die oggend... buurplaas het die water in die huis in begin loop. Weet nie hoe wyd dit was nie, maar ja, nou al meer reen gehad hierdie seisoen as hele vorige seisoen.
Re: Reen ????
Posted: Thu Dec 19, 2013 2:32 am
by PWV
Manne en Maninne
Ek sit nou hier in die Molopo, anderkant Tosca in die Kalahari. Dit is nou 02:15 en ek is wawyd wakker, want dit het hier op die sinkdak geraas soos dit gesous het.
Niemand besef hoe lyk die wereld hier nie, maar nou is daar uitkoms.
Gisteraand het dit begin met 10 mm en toe ek wakkerskrik vanoggend, was dit 01:30. Alhoewel nie so hard nie, reen dit steeds en as ek moet skat, het dit nou reeds meer as 25 mm gereen.
Ek glo mens en dier dank en loof die Here vir sy goedheid en genade!
Hoop dit reen wyd!
Groetnis
Die Ou Ballie
Re: Reen ????
Posted: Thu Dec 19, 2013 6:12 am
by tripodmvr
Pieter
Ek en Andrew Leigh beplan 'n skietsessie vir vandag (of sal ek sê het!). Hier reën dit ook aanmekaar vanaf gisteraand. Die land het dit nodig.
Hoop jy het selfverdediging saamgevat in die vorm van die Tombi of die 308.
Re: Reen ????
Posted: Thu Dec 19, 2013 6:25 am
by Heinz Petersen
Die wolke waai net vir ons in die Tankwa Karoo, hulle wil nie kom groet nie. Ek reken as jy nog nie reen in die Karoo gesien val het nie, het jy nog nie reen gesien nie. Moet ook nie daai reuk van die veld vergeet nie. Jy kan tot die blydskap op die Springbokke se gesigte sien.
Ek is bly vir julle part waar daai water val.
Groete
Heinz.
Re: Reen ????
Posted: Thu Dec 19, 2013 6:35 am
by PWV
tripodmvr wrote:Pieter
Ek en Andrew Leigh beplan 'n skietsessie vir vandag (of sal ek sê het!). Hier reën dit ook aanmekaar vanaf gisteraand. Die land het dit nodig.
Hoop jy het selfverdediging saamgevat in die vorm van die Tombi of die 308.
Vanoggend gaan kyk. Die reenmeter laat weet dit het 37 mm gereen. Wat 'n groot kersgeskenk vir hierdie wereld.
Ja, hulle het my gewaarsku dat die varke hier gevaarlik kan wees. Het my .308 saam.
Groetnis
Re: Reen ????
Posted: Thu Dec 19, 2013 7:11 am
by Flip Fouche
Hallo Pieter
By wie en waar kuier jy in Tosca? My maat so 5km vanaf Tosca het so 30mm reen gehad.Dit lyk darem bitter sleg daar.
Lekker kuier in die Molopo.
Flip