Page 1 of 1
Burris FourX 3-12x56mm? Wie het so een?
Posted: Thu Dec 05, 2013 10:58 am
by Swys14
Dit lyk na 'n bakgat nagskiet scope met die 4 Illuminated kruishaar.
Hy prys ook so tussen 6 en 7 wat dit aanloklik maak.
Wie van die manne het een en hoe vind julle werk hy vir julle veral in die aand?
Over and Out
Swys
Re: Burris FourX 3-12x56mm? Wie het so een?
Posted: Thu Dec 05, 2013 11:44 am
by Reggie Gerber
Swys
Ek het een vir so vier maande nou en vind hom heel goed in die aand.
Die kolletjie kan van fyn tot baie helder gestel word en omdat hy parallax vry is sukkel jy nie met verder skote nie.
Sy turrets voel nie soos my swaro of nightforce nie maar hy stel waar jy hom click
Vir sy prys is hy baie goeie waarde vir geld in my mening
Reggie
Re: Burris FourX 3-12x56mm? Wie het so een?
Posted: Thu Dec 05, 2013 11:50 am
by Swys14
Reggie Gerber wrote:Swys

dankie Reggie, hoe werk hy vir jou in die dag? Watter mounts/ringe het jy lat opsit?
Re: Burris FourX 3-12x56mm? Wie het so een?
Posted: Thu Dec 05, 2013 2:37 pm
by Reggie Gerber
Swys
Ek het 30mm leupold mounts gebruik ek weet nie presies watter model nie maar hulle maak vas driekwart om die scope (Nie heel bo of in die middle aan die kant nie).
Hy het baie helder glas en ek sien net so goed met hom op 12 Vergrooting as my ander scopes.
Sy kolletjie is miskien te groot as jy fyn groepe wil skiet maar die kruishaar self is lekker dun en raak nie die kolletjie nie. Ek gebruik dan die "tip" van die kruishaar om op papier te skiet
Hoop jy verstaan
https://dl.dropboxusercontent.com/u/126508339/burris.jpg
Re: Burris FourX 3-12x56mm? Wie het so een?
Posted: Thu Dec 05, 2013 2:44 pm

Thanks Reggie ek sien wat jy bedoel daai rooi kol lyk groot maar ek dink hy sal mooi loop in die aand, die groot 56mm sal lekker baie lig inlaat. Ek dink dis great waarde. Die x12 is ook net reg.
Re: Burris FourX 3-12x56mm? Wie het so een?
Posted: Thu Dec 05, 2013 2:55 pm
by Reggie Gerber
Die kol maak n half duim plakker toe op n 100m. Nie te erg nie, my zeiss 4.5 x14 se rapid z 800 is net so duk en hy is nie n kol nie
Re: Burris FourX 3-12x56mm? Wie het so een?
Posted: Fri Dec 06, 2013 6:52 am
by Jassie
Daai kolletjie is net so bietjie groter as 1" op 230m ... man die pragtigste prentjie op 'n jakkals se blad. Glo my.
Gooi lood!!
Groete
JAS
Re: Burris FourX 3-12x56mm? Wie het so een?
Posted: Fri Dec 06, 2013 10:07 am
by Reggie Gerber
Ha ha Net so Oom Jas
Re: Burris FourX 3-12x56mm? Wie het so een?
Posted: Fri Dec 06, 2013 11:23 am
by Arnold
Sit bietjie 'n foto op van julle roere met die scope op asb.
Sommer net omdat ek hou daarvan om na guns te kyk

Re: Burris FourX 3-12x56mm? Wie het so een?
Posted: Fri Dec 06, 2013 2:14 pm
by Reggie Gerber
Arnold as ek foto van die gun op sit gaan ek dalk offers kry

Re: Burris FourX 3-12x56mm? Wie het so een?
Posted: Fri Dec 06, 2013 2:28 pm
by Reggie Gerber
Aan gesien jy so baie hou van guns kyk
HIERS HY
https://dl.dropboxusercontent.com/u/126508339/howa%20223%20burris.JPG
https://dl.dropboxusercontent.com/u/126508339/howa%20223.JPG
Re: Burris FourX 3-12x56mm? Wie het so een?
Posted: Fri Dec 06, 2013 2:32 pm
by Swys14
Reggie Gerber wrote:Aan gesien jy so baie hou van guns kyk
HIERS HY
https://dl.dropboxusercontent.com/u/126508339/howa%20223%20burris.JPG
https://dl.dropboxusercontent.com/u/126508339/howa%20223.JPG
dis nogals 'n bul van 'n scope daai, ek sien hy't SF adjustment ook? of is daai vir die rooi kolletjie se helderheid?...snaaks aangesien hy x12 max vergroting is dink ek nie hy behoort SF te he nie...
maar ek dink ek sal hou van die scope. Hy skiet seker lieflik in die aand.
Re: Burris FourX 3-12x56mm? Wie het so een?
Posted: Fri Dec 06, 2013 2:35 pm
by Reggie Gerber
Nee Swys
Daai is nie parallax knoppie nie dit is om die kol se helderheid te stel van 1-12. 1 lekker dof 12 baie helder
Re: Burris FourX 3-12x56mm? Wie het so een?
Posted: Fri Dec 06, 2013 2:36 pm
by Swys14
Reggie Gerber wrote:Nee Swys
Daai is nie parallax knoppie nie dit is om die kol se helderheid te stel van 1-12. 1 lekker dof 12 baie helder
ahh ek sien...
hy sit lekker hoog ook so ek sal 10 teen een van daai cheekpieces moet kry