Vanmôre oppad dorp toe sien ek twee leeus wat ñ eland gevang het teen die draad van die Addo park 10 meter van die teerpad af. Het toe my goed gaan aflaai op die dorp en terug by vangplek gestop. Leeus het toe weg beweeg van karkas af en seker so 150-180 meter daarvan gelê, seker maar geskrik vir die karre op die pad.
Heel regs van die karkas en die leeus gewaar ek toe ñ jakkals wat ook lus was vir eland. Hy het heeltyd na die leeus gekyk en geroep Whaaa ha ha. As ek dit nou so kan stel en lang whaa en twee kort ha's met so 15 na 20 sekondes tussen in. Leeu het geensins gereageer nie behalwe toe oom jak braaf genoeg was om so vyftig meter van die kos te kom, weet nie of leeu hom gesien of geruik het nie maar toe leeu opstaan toe laat spaander jakkals.
My vraag is het die jakkals die leeu gechallenge of het hy sy maatjies geroep.
Ek het toe maar gery want die karre het begin pla.
Sal graag wil hoor wat sê julle manne.
Re: Jakkals challenge leeus???????
Posted: Wed Dec 04, 2013 6:51 am
by vossie1
Spekboom,ek weet nie wat die leeu of jakals se intensie was nie al wat ek weet is jy is bleddie lucky om sulke goed te sien as jy oppad dorp toe is,al wildlife wat ek sien is as twee wyn suipers mekaar doner oor die laaste slukkie.
Re: Jakkals challenge leeus???????
Posted: Wed Dec 04, 2013 7:34 am
by Geno
Het die jakkals só geroep?:
Indien wel, glo ek dat dit 'n roep is vir sy maats om te kom help.
Re: Jakkals challenge leeus???????
Posted: Wed Dec 04, 2013 11:13 am
by johans
Geno wrote:Het die jakkals só geroep?:
Indien wel, glo ek dat dit 'n roep is vir sy maats om te kom help.
geno watse roep is daai?
Re: Jakkals challenge leeus???????
Posted: Wed Dec 04, 2013 4:38 pm
by Jassie
Klink vir my bietjie na Vlekkei 1
Groete
JAS
Re: Jakkals challenge leeus???????
Posted: Wed Dec 04, 2013 7:31 pm
by Spekboom
Vossie
I live in pardise, elke dag sien ek hartebeeste, ñ trop olifante zebras koedoes elande en nou ook leeus sommer van die teerpad af. Ek worry net vir die dag as daai eland besluit om die draad te breek om weg te kom van die leeus af. Jammer omte hoor van die papsak suipers
Geno
Ek het die klank op my foon opgeneem maar weet nie hoe om dit hier te laai nie. Ek kan dit dalk vir iemand whatsapp of sms om daarna te luister. Dit is n ander roep as op die video.
Groete
Daan
Re: Jakkals challenge leeus???????
Posted: Wed Dec 04, 2013 7:52 pm
by Geno
Whatsapp na o8253541oo
Re: Jakkals challenge leeus???????
Posted: Wed Dec 04, 2013 8:07 pm
by johans
Dankie jassie,bly as iemand my darm antwoord
Re: Jakkals challenge leeus???????
Posted: Wed Dec 04, 2013 8:28 pm
by matewis
[quote="Spekboom"]Vanmôre oppad dorp toe sien ek twee leeus wat ñ eland gevang het teen die draad van die Addo park 10 meter van die teerpad af.[/quote]
Hierdie klink nou vir my na Fyn Bragg!!
Re: Jakkals challenge leeus???????
Posted: Fri Dec 06, 2013 7:16 am
by Spekboom
Matewis
Wat bedoel jy met fyn bragg ek is baie trots op my leeus
Re: Jakkals challenge leeus???????
Posted: Fri Dec 06, 2013 8:04 am
by Danie Lombard .243
Ek het lank terug die manier van jakkals geleer in die gemsbok park. Wanneer n jakkals doelloos in n klein area rond sit, rond loop, en lang tyd op een plek is en kort kort blaf en so nou en dan tjank kan jy maar weet daar is n leeu, luiperd of jagluiperd sommer baie naby.
As n jakkals onder n boom bly en ook so blaf en tjank maar meer blaf, aanhoudend kan jy die boom fyn beloer. Daar is dan n luiperd in die boom.
Kraaie doen dieselfde met n luiperd in n boom. Sit bo in boom en maak so n hol dup dup klap geluid met n gekerm saam.
Die jakkals wat hy gesien lawaai het by die leeu vangs is normale jak gedrag. Waarsku almal in area van die leeus.