Page 1 of 1
243 Win 365 vs 385
Posted: Tue Dec 03, 2013 3:31 pm
by HJA
Goeie middag,
Ek vis net 'n bietjie uit wat sal die reaksie wees as ek oor gaan na 385 kruit op my 243 ?
Ek laai tans 40.6 gr Lot 71 en die dop vulling is nie te goed nie.
Sal addr 'n verbetering wees in die toekoms met die 385 as met die wispelturige 365.
Henk
Re: 243 Win 365 vs 385
Posted: Tue Dec 03, 2013 4:17 pm
by BRNO (Pierre)
Henk, die S365 is maar effe op en af, maar my raad aan jou is, koop soveel van n lot as wat jy kan op n slag. Vyf blikke gaan jou lank hou. Dan koop jy nie so gereeld n ander lot kruit nie, dus is die wispiltierigheid effe gekanseleer.
Anders gaan koop n blik S385, skiet n paar toets ladings en laat ons vir jou kyk op QL watter een van die twee kruite die beste gaan werk.
Natuurlik moet jy ook vasstel wat jou applikasie sal wees vir die geweer. Gaan jy spoed jaag? il jy n effe swaarder koeel lanseer? ens ens.
Re: 243 Win 365 vs 385
Posted: Tue Dec 03, 2013 4:54 pm
by Jean Marais
Volgens Somchem behoort jy beter spoed te kry met S385, veral op swaarder koeëls.
Re: 243 Win 365 vs 385
Posted: Tue Dec 03, 2013 5:16 pm
by Flip Fouche
Henk
Ek is tans besig met lading ontwikkeling met S385 vir my 243.Die dopvulling is baie goed en die spoed moet ongeveer 3200 ft/s wees.Wouter het vir my n paar ladings gegee.Sal oor so n dag of twee terugvoering gee.
Groete
Flip
Re: 243 Win 365 vs 385
Posted: Tue Dec 03, 2013 7:43 pm
by tripodmvr
Het ook al die 2 beloer en veral nou met die Ackley kan dit baie goed werk. Volgens ander manne werk S361 ook goed in die Ackley. Lot 71 maak dat die doppe baie leeg is en S385 lyk dan na 'n baie goeie alternatief - 40 na 50vps verskil is minimaal - selfs 100 het min verskil as akkuraatheid verkry word.
Re: 243 Win 365 vs 385
Posted: Wed Dec 04, 2013 8:59 am
by HJA
Goeie môre,
Ek skiet tans 100gr Hornady flat base koeëls.
My geweer is 'n musgrave met 'n lank freebore, maar ek gebruik hom nie so nie.
My TPL is tans 68mm. Ek sal graag die 385 wil probeer met beter dop vulling
en dalk langer TPL. Ek jaag nie graag spoed nie maar dink net aan langer loop lewe
op my geweer. Speod is tans 2940fps met die 365 Lot 71.
Al my geweer se besonderhede is by die QL topic.
Dankie
Henk
Re: 243 Win 365 vs 385
Posted: Sat Dec 21, 2013 6:19 am
by Flip Fouche
Goeie dag
Ek het S385 soos volg gebruik:Lot 9
Norma doppe met n cci 200 primer {Ho2 54.5gr}
45.7gr kruit
87gr Hornady VMAX punt
Spoed:3217 ft/s
TPL:67.10
45.8gr kruit
Spoed: 3226 ft/s
Dopvulling: 100%
Savage 243 win 26" loop.
Die groepering so 20mm.Dit sal beter word met klein verstellings.
Persoonlik dink ek dat S385 nou vir my beter gaan werk as S365.
Groete
Flip
NS: Baie dankie Wouter vir jou hulp.Die aanbeveeling was S385 45.7gr met n node spoed van 3217 ft/s!!
Re: 243 Win 365 vs 385
Posted: Sat Dec 21, 2013 10:15 am
by tripodmvr
Het ook nou vir die eerste keer S385 gebruik in my 243AI. Vanaf 95 tot en met 105gr koeëls gelaai. Primers is CCI250 en daar is gepoog om in en om 3000vps te kry.
Oor die algemeen was die slagdoppe baie plat en tog wys QL op druk van 50K psi na 55K psi. Verstaan dit nie so mooi nie. Beste van 10 drie skoot groepe was 19mm met 105gr Speer rondeneus en die swakste 68mm met 95 SST. Het wel glips gemaak en PMP en Rem doppe gemeng. Hulle verskil so 1,5gr in H2O inhoud. Die groep van 19mm is met 2 RP en een PMP geskiet. Het hulle mooi gemonitor.
Die aanbeveling deur QL vir die 95 SST is om nog een grein op te laai. Die plat primers pla my egter.
Ek dink 'n paar proefladings met S365 en S361 sal aan te bevele wees.
Re: 243 Win 365 vs 385
Posted: Sat Jan 11, 2014 12:00 pm
by Flip Fouche
Tripodmvr/ Wouter
Ek het die volgende toets gemaak:
Savage 243: 26" loop
Kruit S385
44 gr 3151 ft/s
44.2 gr 3148 ft/s
44.4 gr 3155 ft/s
Nosler Balistic Tip Hunting 95 gr (P/N 24095)
Dop kapasiteit : 54.5 gr
CCI 200 primer
TPL: 67.5 mm
Wat behoort die node spoed te wees?
Groete
Flip
Re: 243 Win 365 vs 385
Posted: Mon Jan 13, 2014 8:17 am
by tripodmvr
Jy is reeds effens oor maks druk met 44gr. Die veilige node is naby 40,9gr vir 'n spoed van 2950vps.
Re: 243 Win 365 vs 385
Posted: Mon Jan 13, 2014 8:30 am
by Flip Fouche
Dankie oom.
Flip
Re: 243 Win 365 vs 385
Posted: Mon Jul 27, 2015 1:29 pm
by Capt. Yoda
Manne hoe kom julle reg met 95gr koels en S385? Loop dit net so mooi soos S365 met die 95's?
As ek 95gr BT's bo op 385 kan sit kan ek heel van 365 weg beweeg in my 243.
Re: 243 Win 365 vs 385
Posted: Thu Jul 30, 2015 8:42 pm
by Johan Reyneke
Capt Ek gebruik 385 met 95gr SST so jaar nou al en baie gelukkig met dit. My spoed is so 2980 uit 22duim loop.
Ek is glad nie 'n goeie skut nie en kry darem so 18mm tot 20mm groepering op 100m en kon 5" gong 4 uit 5 keer op 300 meter raak skiet.
Re: 243 Win 365 vs 385
Posted: Fri Jul 31, 2015 7:01 am
by BRNO (Pierre)
Johan Reyneke wrote:Capt Ek gebruik 385 met 95gr SST so jaar nou al en baie gelukkig met dit. My spoed is so 2980 uit 22duim loop.
Ek is glad nie 'n goeie skut nie en kry darem so 18mm tot 20mm groepering op 100m en kon 5" gong 4 uit 5 keer op 300 meter raak skiet.
Klink na n lekker resep die. Wat is jou dopvulling en druk, vir interesandheid?
Re: 243 Win 365 vs 385
Posted: Fri Jul 31, 2015 7:26 am
by Capt. Yoda
Johan Reyneke wrote:Capt Ek gebruik 385 met 95gr SST so jaar nou al en baie gelukkig met dit. My spoed is so 2980 uit 22duim loop.
Ek is glad nie 'n goeie skut nie en kry darem so 18mm tot 20mm groepering op 100m en kon 5" gong 4 uit 5 keer op 300 meter raak skiet.
EK het vir interesantheid gekyk wat QL se ek kan doen met 385 en dit lyk baie soos joune uit my 23" loop.
As 385 in my 243 brand soos lot 14 nou maak kyk ek na n spoed van 2980fps, 98% dop filling en so 55 000psi druk
Ek het nog so blik en n half 365(76) oor wat ek met die 95gr BT's gebruik en sal na dit bq 385 probeer in hom.
As ek net my 30.06 op 385 kan kry laai ek alles met een kruit.
Re: 243 Win 365 vs 385
Posted: Fri Jul 31, 2015 8:29 pm
by Johan Reyneke
Pierre
My dopvulling is 98,2% en so 55500 psi
Ek wil egter probeer vir bietjie laer node, want ek is versigtig vir loop uitbrand.
Ek moet dit nog gaan toets