Page 1 of 1
Kwaai kameelperde
Posted: Tue Dec 21, 2010 1:27 pm
by BLOK
Kyk in die twee manne se pad wil ek nie wees, ek dink ook nie ek sal hulle probeer uitmekaar hou in n barfight nie.
Blok.
http://www.youtube.com/watch?v=C7HCIGFdBt8
Re: Kwaai kameelperde
Posted: Tue Dec 21, 2010 2:05 pm
by Wouter Roets
Blok
Darem ongelooflik die krag en spoed. Ons het een op die plaas wat ons Rigby gedoop het. So vyf jaar terug voor ons die plaas gekoop het, het n klient hom te laag op die blad geskiet en die PH het toe n opvolgskoot in die boud geskiet. Hy het weggekom en hulle is toe in n helikopter op en skiet toe n ander bul! Hy kom drink gereeld by die lodge water wat maar so 50 tree weg is en spog met n groot vergroeisel op sy boud. Die ander bulle is maar versigtig vir hom en vermy hom maar meestal. Ek het in die verlede al gesien hoe n bul Telkom pale morsaf geslaan het! Hulle moes die bul laat skiet want hy het nie opgehou daarmee nie. Het so ruk terug ook op die internet gesien hoe die een bul die ander een uitslaan!
Ongelooflike goed!
Wout
Re: Kwaai kameelperde
Posted: Tue Dec 21, 2010 2:11 pm
by Francois Marais
Wouter/Blok
Het hier op die plaas waar ek nou is so 120 van hulle. Moes nou die dag n groot bul skiet wat se agterbeen tussen sy knie en heup af was, reken dit was ook maar in n geveg waar hy die besering opgedoen het.
Mooi loop
Francois