Page 1 of 1
Skaaphond
Posted: Fri Nov 29, 2013 8:24 pm
by slang
Naand manne,
Weet julle dalk waar ek n opgeleide skaaphond kan koop, myne is ewe skielik dood en ek het geen arbeiders nie. My hond het my met alles gehelp, hy was soos n kind, 9 jaar oud gewees.
Jannie
Re: Skaaphond
Posted: Fri Nov 29, 2013 11:42 pm
by junglejulian
Ek voel vir jou.my wire hair reun van 6 maande is vandag dood.dom het oor hom gery.my tefie van 2 jaar is darem nog daar en is heel toevallig reg vir reun vat die week.ek wou nie met haar nou teel nie maar sal maar moet vir n vervangingshond.ek het vriende in britstown omgewing wat goeie skaaphond het.sal vir jou uitvind of hul nie n werkhond beskikbaar het nie
Re: Skaaphond
Posted: Sat Nov 30, 2013 6:17 am
by Foxcreek
Gaan kyk bietjie op die SA Skaaphond vereniging se website. hulle het 'n elle lange telerslys waar jy hondjies kan koop. Sien ook party telers verkoop opgeleide honde.
www.sasda.za.net
Re: Skaaphond
Posted: Sat Nov 30, 2013 3:16 pm
by slang
Dankie manne, ek maak so
Re: Skaaphond
Posted: Sat Nov 30, 2013 4:41 pm
by PWV
slang wrote:Naand manne,
Weet julle dalk waar ek n opgeleide skaaphond kan koop, myne is ewe skielik dood en ek het geen arbeiders nie. My hond het my met alles gehelp, hy was soos n kind, 9 jaar oud gewees.
Jannie
Ek wonder of A.J. Burger van Sutherland nog skaaphonde teel? Baie bedrewe man met wat al aan die wêreldkampioenskappe met sy honde deelgeneem het.
Re: Skaaphond
Posted: Sat Nov 30, 2013 7:31 pm
by slang
Ek het by WA Hugo n moontlike hond gekry, ek hou maar duim vas dat ek hom kan kry
Re: Skaaphond
Posted: Sun Dec 01, 2013 8:15 pm
by douw
Re: Skaaphond
Posted: Mon Dec 02, 2013 7:20 am
by Plant
Slang, ek het een van WA se honde gekry, baie tevrede.
Sterkte, mens raak hulle so gewoond jys heel uit jou diepte sonder hulle.
Groete.
Re: Skaaphond
Posted: Sun Dec 08, 2013 5:39 pm
by wannaby
Hi Jannie
Soek jy nog n skaaphond ek het n border kelpie Kruis van so7 maande wat nou geleer kan word post my ma as jy dalk belang stel Dan kan ek meer besonderhede gee
Fannie