Page 1 of 1

Bushnell fake scopes

Posted: Fri Nov 29, 2013 7:53 am
by vriell
Ek het sopas 'n Bushnell oor die internet gekoop en is fake !!

Wees versigtig asb om nie ook gevang te word nie.Bushnell self sĂȘ dat mense moet seker maak van die serial op die scope by hulle voordat so 'n scope gekoop word en sal verseker behulpsaam wees....

Re: Bushnell fake scopes

Posted: Fri Nov 29, 2013 8:03 am
by Geno
Manne.
As 'n scope 6-24x50 vergroting is, moet jy veral baie versigtig wees.
Baie knock-offs kom in daardie vergroting.

Dan, as hy groen EN rooi illumination het, is dit fake.

As die reticle so lyk, is dit fake:

Image
Image

Hier is 'n mooi voorbeeld van 'n Fong Kong Bushnell: http://www.bidorbuy.co.za/item/24013836 ... ounts.html

Re: Bushnell fake scopes

Posted: Fri Nov 29, 2013 8:11 am
by vriell
Groen EN rooi soos my fake.....met mildots en hulle word nie vervaardig met mildots nie aldus Bushnell

Re: Bushnell fake scopes

Posted: Fri Nov 29, 2013 8:25 am
by THOMAST
Daar is Leupold teleskope wat ook nagemaak is, lees bietjie op hulle webblad
http://www.leupold.com/resources/counterfeit-warning/

Re: Bushnell fake scopes

Posted: Fri Nov 29, 2013 8:52 am
by Eugene
Goue reel manne: As jy iets wat normaalweg R10k kos, kan koop vir R2000, moet die gevaarligte flikker....

Daars baie skelms daarbuite, loop lig en dink twee keer! :police:

Re: Bushnell fake scopes

Posted: Fri Nov 29, 2013 9:15 am
by Capt. Yoda
Manne daai ret wat Geno daar wys is die "key".
Al se hy bushnell, Tasco, Weaver of wat as hy daai ret het kom hy uit een plek en hulle sit n ander naam op.
Daai scope word oorspronklik vir NcStar gebou en die manne gooi hulle op airsoft gunne

Ek het ook al so een gekoop en vir n forum lid gegee en dit is darem nie n heel 11.1.11 scope nie
As jy nie te veel betaal het nie kan hy lekke werk

Re: Bushnell fake scopes

Posted: Fri Nov 29, 2013 3:02 pm
by Stefan764
Eugene wrote:Goue reel manne: As jy iets wat normaalweg R10k kos, kan koop vir R2000, moet die gevaarligte flikker....

Daars baie skelms daarbuite, loop lig en dink twee keer! :police:
Soos ons nou al paar keer sommer hier op onse eie Jaracal forumpie gesien het...

Re: Bushnell fake scopes

Posted: Mon Dec 02, 2013 4:08 pm
by pikkewyn
janee ek het so 2 jaar terug ook een van daai fake bushnell's gekoop uit die junkmail en ontvang in die pos. myne is 3-9x40ir met rooi en groen milldot reticle. hy is nie so sleg nie, hy hou sy zero sover maar die eye relief was te sleg vir my 303 en het al n paar soentjies van hom gekry. hy doen nou maar diens op my nekbreker en sukkel nie daar nie.

Re: Bushnell fake scopes

Posted: Mon Dec 02, 2013 7:08 pm
by henti
Dis hoekom forum soos die belangrik is vir enige aankope n vriend van my het ook so scope hyt sy geweer vrydag gekry n nuwe remmington met n 6-24 x50 hy het so gebrag oor die scope wat hy vir so bargain gekry het .

Ons het die skoop loop instel toe skiet die geweer 3 duim links en duim laag op 50 meter ons stel toe maar die groepering skuif nie n mm nie toe begin ek lag want toe moet ek hoor die mounts is verkeerd en en en hy is toe maar met die scope dorp toe en koop maar toe n fortex 8 skote en die geweer skiet reg.

Hier is n les hieruit koop maar sulke goed by winkels wat jy ken

Groete