Page 1 of 1

Nightforce kruis fokus ?

Posted: Thu Nov 28, 2013 4:11 pm
by Johan JvR
Menere

Hoe stel jy jou NF se kruis dat hy mooi in fokus is?

Ek vind as ek hom op die tradisionele manier instel deur na die blou lug te kyk (parralaks op 'infinity') en te stel, dan met sterk skemer as ek sy liggie aansit is die liggie nie in fokus nie.

Dan die ander manier - stel ek hom in die aand met die voorste lenscover op, tot sy liggie mooi in fokus is. Maar dan in die dag met liggie af, is kruis weer uit fokus.

Nou hoe moet mens maak?

dankie
Johan

Re: Nightforce kruis fokus ?

Posted: Fri Nov 29, 2013 9:30 am
by Kallie Fernhout
More Johan

ek het die 5.5-22x56 en find geen probleme met fokus nie. as hy reg is op 100m is hy dag en nag reg wat ek moontlik kan voorstel hoop dit maak n verskul dat jy probeer met die fokus op die oogstuk agter. as hy 100% reg vir jou oog is kan dit dalk help vir jou dag en nag probleem.

Re: Nightforce kruis fokus ?

Posted: Sun Dec 01, 2013 5:08 pm
by Johan JvR
Dankie Kallie

Ek moet maar eendag skietbaan toe gaan en stel aan die knaap en daar wag tot skemer en kyk.

Of my oge laat toets.

Lekker aand
Johan