Page 1 of 1
Erens in 'n veld
Posted: Wed Nov 27, 2013 3:25 pm
by Frikkiedbr
Loop daar so 'n varkie
http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/1461675_710309465646527_962607156_n_zps784e22ef.jpg
Re: Erens in 'n veld
Posted: Wed Nov 27, 2013 3:26 pm
by FCLoretz
Lyk my hy wil sy eie oë uitsteek
Re: Erens in 'n veld
Posted: Wed Nov 27, 2013 3:37 pm
by Jean Marais
Hy's darem ma mooi van lelikgeit.
Ek wonder of ek hom sou skiet as ek hom in die veld sou raakloop.

Re: Erens in 'n veld
Posted: Wed Nov 27, 2013 3:47 pm
by Frikkiedbr
Ja nee wild hoor

Re: Erens in 'n veld
Posted: Wed Nov 27, 2013 3:49 pm
by PWV
Maer en moeg en der dagen sat.
Re: Erens in 'n veld
Posted: Wed Nov 27, 2013 3:50 pm
by Frikkiedbr
Sien hy het ook maar 'n moeilike jaar gehad
Re: Erens in 'n veld
Posted: Wed Nov 27, 2013 3:56 pm
by VdWalt
Hy is mak - op die volgende foto eet hy uit iemand se hand.
Re: Erens in 'n veld
Posted: Thu Nov 28, 2013 11:38 am
by Capt. Yoda
JOOOOOOOOOOOOOOOOOOOO da is min dinge wat my hard so laat pomp soos n mooi varkie
Re: Erens in 'n veld
Posted: Thu Nov 28, 2013 8:09 pm
by theedge
Ai baie mooi vark daai
Re: Erens in 'n veld
Posted: Thu Dec 05, 2013 1:45 pm
by Geno
https://fbcdn-sphotos-h-a.akamaihd.net/hphotos-ak-ash4/1460138_665676910130474_1931534340_n.jpg
Re: Erens in 'n veld
Posted: Thu Dec 05, 2013 1:47 pm
by Frikkiedbr
Ja nee Speuder Geno

Re: Erens in 'n veld
Posted: Thu Dec 05, 2013 1:53 pm
by ROBBIE1
Jean Marais wrote:Hy's darem ma mooi van lelikgeit.
Ek wonder of ek hom sou skiet as ek hom in die veld sou raakloop.

Ja nee Jean, ek dink ek sal verseker try hoor, weet net nie of die varkkoors te hoog sal loop om die gun stil genoeg te hou nie

....
Re: Erens in 'n veld
Posted: Thu Dec 05, 2013 1:54 pm
by JuanVE
Net 'n mak gevoerde vark wat sulke tande kan he. In natuur sou hulle lankal al afgebreek het om iets uit te grawe of te veg.
Re: Erens in 'n veld
Posted: Thu Dec 05, 2013 2:00 pm
by Geno
JuanVE wrote:Net 'n mak gevoerde vark wat sulke tande kan he. In natuur sou hulle lankal al afgebreek het om iets uit te grawe of te veg.
Nie noodwendig nie.
Hierdie vark is onlangs deur n pel van my (Jaco87) geskiet.
Af tand is waar een van die skote hom gevang het...
Lengte was net onder 20"
https://fbcdn-sphotos-g-a.akamaihd.net/hphotos-ak-ash3/1150889_10200867260016980_367778644_n.jpg
Re: Erens in 'n veld
Posted: Thu Dec 05, 2013 2:02 pm
by JuanVE
Ek dink jou pel huil laaaaaang traaaaane dat hy daai mooi tand afgeskiet het. Mooi ronding, baie mooi trofee.
Re: Erens in 'n veld
Posted: Thu Dec 05, 2013 2:52 pm
by Polla1983
Geno.
Ek't n ruk terug ge comment op die 'piesang tand' vark ook, maar geen luck. Kom ons try weer...In watter area is die een hierbo geskiet? en weet jy dalk ook oor die piesang tand 1?
Re: Erens in 'n veld
Posted: Thu Dec 05, 2013 3:27 pm
by Jakkalsgat
Hierdie lyk soos een van Marlothpark se mak varke
Re: Erens in 'n veld
Posted: Thu Dec 05, 2013 4:53 pm
by Geno
Polla.
Piesangtand is tussen Nylstroom en Vaalwater geskiet.
Hierdie een is tussen Nigel en Delmas geskiet.
Re: Erens in 'n veld
Posted: Fri Dec 06, 2013 9:16 am
by Capt. Yoda
Het laas jaar by Zeerust ook so Piesangtand gesien.Die boer het gese die varke in die berg by hom het nie sulke lang tand nie maar die klomp wat in en om die rivier by die sagte sand bly se tande word so groot.
Het toe 2 mooi groot bere in die berg geskiet maar soos hy gese het hulle tande was maar average
Re: Erens in 'n veld
Posted: Fri Dec 06, 2013 9:59 am
by Polla1983
Thanks Geno.
Capt.
Ware woorde, daarom ook my vraag aan Geno.
Daai oukies met die tanne is skaars agv die klip wereld hier rond. Maar daar is area's wat lekker sanderig is, veral Noord van Zeerust. Daar broei n paar met lekker vet tanne uit!
Waar op Zeerust was jy laas jaar as ek mag vra?
Re: Erens in 'n veld
Posted: Fri Dec 06, 2013 11:21 am
by Capt. Yoda
Polla by Andre van der Merwe
Doornrivier (as ek dit nie mis het nie)
http://i1239.photobucket.com/albums/ff511/siebertn/IMG-20130629-WA0003_zpsae4d4380.jpg
Rivier loop da by die rooi. Pragtige plek daai
Re: Erens in 'n veld
Posted: Fri Dec 06, 2013 11:26 am
by Polla1983
Yebo. Het nogal so gedink dis daar...Het julle gaan wildebeeste cul?
En is daar nou vir jou jakalse op daai stukkie wereld! Baie mooi plek/opset wat hy daar het.
Re: Erens in 'n veld
Posted: Fri Dec 06, 2013 11:32 am
by Capt. Yoda
Polla1983 wrote:Yebo. Het nogal so gedink dis daar...Het julle gaan wildebeeste cul?
En is daar nou vir jou jakalse op daai stukkie wereld! Baie mooi plek/opset wat hy daar het.
Polla ja ons was die laaste manne wat gegaan het om te cul (was die jaar nie laas jaar, ons is nog nie in 2014)
Ek het geloop soos ek nog nooit geloop het nie en was die enigste ou wat BWB gekry het want die ander manne was nie so mal oor daai berg kamp nie. Die digste beboste bosveld wat ek nog in gejag het in daai deel van die plaas.As ek en die tracker onder was dan laat weet die spotters ons die beeste is in die boonste hoek.Hulle het teen daai tyd al presies geweet hoe die game werk.
Die Jackels ding maak my nou weer hartseer want ek was elke aan so op geloop dat ek 8uur in die bed was so ek het nie gaan rooi honde soek nie maar het hul elke aand gehoor.
Gaan 2014 weer terug om my koedoe bul in daai berg langs die rivier te soek so sal dan maar gaan Jackels en Bosvark soek in die aand.
Re: Erens in 'n veld
Posted: Fri Dec 06, 2013 5:21 pm
by 3006
Die foto is baie nostalgies ant dit was deel van my Oom se plaas, hulle het op die deel waar Doornrivier en Klein Mariko bymekaar kom gebly. Aan julle linkerkant behoort daar oorblyfsels van n ou myn te wees en n ou grondpad wat tot bo op die berg geloop het. Ek het my eerste Steenbok bo op die berg geskiet.Tussen die rivier en die berg was daar n ou waterkanaal waar ons baie keer op n streepsak in die kanaal afgegly het.
Re: Erens in 'n veld
Posted: Mon Dec 09, 2013 9:37 am
by Polla1983
3006 Is jou oom dalk Frik Du Preez? Hy en my pa was goeie vriende en het baie daar gejag. Jare later het Frik die gronde verkoop aan 4 of wat verskillende persone. Ek gaan nog gereeld soontoe ( doornrivier ). Daar op een van daai koppe is nog ou Matebele krale van jare gelede. Baie geskiedenis in daai omgewing..