Page 1 of 6
Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?
Posted: Thu Dec 16, 2010 2:18 pm
by klipspringer
Ons weet daar is baie verskillende geweerteleskope op die mark. As nuweling tot die forum wil ek die eksperts met ondervinding vra wat julle ouens se idees is t.o.v beste teleskoop vir nag jakkalsskiet op 300 m? Ek sou reken ons moet eers na die produk in isolasie kyk. Daarna kan ons faktore soos prys, beskikbaarheid, waarborg, ens. in ag neem. Dit sou vir my sin maak om dit in die volgende af te breek:
VERKORTE PRODUKSPESIFIKASIE:
Vergroting x:
Objektief deursnit (mm):
Vervaardiger:
Model:
EIENSKAPPE:
Akkuraatheid: Uitstekend/Goed/Swak
Herhaalbaarheid: Uitstekend/Goed/Swak
Zerovermoe: Uitstekend/Goed/Swak
Skokweerstand: Uitstekend/Goed/Swak
Waarde vir geld: Uitstekend/Goed/Swak
Beskikbaarheid: Uitstekend/Goed/Swak
Waarborg:
Las asb. aan tot die lysie indien nodig.
Baie dankie
Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?
Posted: Thu Dec 16, 2010 3:04 pm
by PVB
Klipspringer,
Ek is nie jakkals jagter nie , maar kan mens regtig jakkals in nag skiet op daai afstand . In die Vrystaat se vlaktes of wat ,ek is nie snaaks nie maar is dit moontlik of hoe sien mens dat dit wel n probleem dier is op 300 meter in die nag ? Sal graag van jul manne wil hoor wat die ding doen asb !
Jag groete
Ghoempie
Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?
Posted: Thu Dec 16, 2010 3:16 pm
by tafjak
Ghoempie
Daar is min teleskope wat nie die identifikasie van jakkals op 300 moontlik maak nie. Toegegee dat dit weer ook moet saamspeel, maar in normale omstandighede is dit min of meer die norme.
Groete aan die familie en p?lle.
Mooiloop(Kom jy darem vir my kuier volgende jaar? Sien die ander is maar bang!)
Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?
Posted: Thu Dec 16, 2010 3:37 pm
by tafjak
Klipspringer
Daar is seker nie "Die beste"nie, maar die volgende make sal werk: Swarovski, Leupold, Meopta, Zeiss en Lynx. Ek noem die 5 omdat ek hulle redelik ken en met almal al gejag het.
Ek soek nie iets met paralaks verstellings nie, maar is nie altyd moontlik nie. Die vergroting vir my is 10x(ander manne kom lekker reg met 8x) minimum en 50mm optiese lens(groter hoe beter). Moenie vreemde scope dadelik oordeel nie, ongelukkig groei 'n scope op jou en jy sien later meer en beter as wat jy sou in die begin.
As jy die scope slegs vir jakkalsskiet gaan gebruik sal iets in die lyn van: 3-10x 50 goed werk. My eie keuse sou gewees het 3-12x56. Die kruishaar moet jy maar self gaan toets en kyk.
Voorspoed met die keuse(darem naby genoeg aan Kersfees).
Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?
Posted: Thu Dec 16, 2010 4:06 pm
by klipspringer
Dankie vir die inligting manne.
Die kwaliteit van lensbedekkings, lenskwaliteit, objektiefdeursnit en vergroting is klaarblyklik van groot belang, veral in die nag. Dit is ook goeie praktyk om optika gedurende swak ligtoestande met mekaar te vergelyk.
Die volgende formula is insiggewend: (objektiefdeursnit)/(optimale uitlaatpupilgrootte) = (vergroting). Omdat die uitlaatpupildeursnit so na as moontlik aan die gemiddelde pupildeursnit (7 mm) van die mens is, beteken dit dat vir 'n 56 mm objektiefdeursnit die optimale vergroting 56/7 = 8x is. Vir 'n kleiner objektief is die optimale vergroting kleiner en andersom vir 'n groter objektief.
Wat ek dus uit die teorie kan aflei is dat mens optiesgesproke onder andere die volgende in ag moet neem by geweerteleskoop keuse:
1. Die objektief moet so groot as moontlik wees,
2. Die optimale vergroting moet so na as moontlik aan die vereiste vergroting vir die aanwending wees,
3. Die kwaliteit van die lense moet goed genoeg wees om genoeg lig deur te laat en so min as moontlik te weerkaats,
4. Die lensbedekkings moet goed genoeg wees om ligdeurlaatbaarheid te verhoog, ens.
Ek is seker daar is nog baie ander veranderlikes wat 'n rol speel.
Wat vir my van baie groot belang is, is die praktiese ondervinding van julle manne met ondervinding. Julle het reeds gesien wat werk en wat nie werk nie.
Baie dankie.
Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?
Posted: Thu Dec 16, 2010 5:20 pm
by Danie Lombard .243
Hallo Klipspringer
Net gou my opinie.
Yip Daar word so nou en dan jakkalse op 300 meter hier in ons plat aarde geskiet en soms selfs verder. Die norm is wel tussen 150 en 200 meter. In die panne en lande het ek hul al veel verder as 300 meter geskiet maar dit gebuer 2 of 3 maal per jaar.
So ja, mens sien maklik 'n jakkals raak in die nag deur jou scope op daai afstand. Kan jy wel die tipe jakkals identifiseer op daai afstand? Sonder ondervinding nee. Met ondervinding beslis ja. Deur die jare se jag in die nag leer jy die diere se oe ken. Jy leer met tyd die kleur verskil tussen die geel van 'n maanhaar en die geel van 'n witrug. Die kleur en knip manier verskille tussen 'n steenbok en 'n rooikat. As daar van jul is wat met my verskil oor dit wat ek nou se,dan spandeer jul veels te min tyd in die nag in die veld tussen die diere. Op daai ver afstande kan jy sommer aan die dier se draf/stap manier en oog kleur sien wat dit is. Soos ek al voorheen gese het, meeste jakkals skiet ek met die ry en soek tegniek in die veld. Dit is hier waar jy te doen kry met die ver skote.
Oor jou vraag van teleskope is dit net soos Taff gese het. So min gadgets as moontlik. Groot lens voor 56mm ens en as dit kan 'n "fixed" krag 8 of 10 Niks groter. Maak? die een wat jy kan bekostig, koop dit wat jy kan. Maar moenie dink dat die goedkoper een soms slegter is as die duur een nie. Ek jag nou 10 jaar met 'n 8X56 Lynx Net plesier, en ek sien die katte en jakke baie mooi in die nag. Selfs so in die lande kan ek op ver afstand vir jou die verskil se tussen bakoor, maanhaar, draai jak en witrug se.
groete
Spandeer tyd in die veld. Toerusting maak nie 'n jagter of 'n jak jagter nie, ondervinding maak van jou 'n jagter. En 'n jagter hou aan met leer en verbeter, hy groei kostruktief van jag tot jag. En so 'n jagter kan en mag ook mis skiet.
Groete
Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?
Posted: Thu Dec 16, 2010 5:48 pm
by Francois Marais
Klipspringer
My 2c...is seker al gese, maar hier gaan ek......
Voorste lens, kan 50 wees, maar 56 werk beter, vergroting, tot 12 maal, myne staan altyd op 11 gestel, dag of nag. Maak, maki saki, solank dit die beste is wat jy kan bekostig, hoe duurder gewoonlik, hoe beter is die lense en hoe n duidelikker beeld het jy, beste waarde vir geld, Leopold, daar is scopes met beter lense, maar vir dubbeld die prys.
Van al die eienskappe wat jy genoem het, dink ek is daar nie veel verskil tussen die top make scopes nie, almal sal aan daardie eienskappe voldoen.
Ek reken as al jou toerusting op standaard is, behoort jy n jakkals te kan eie op 300m, en ook te kan skiet.
Mooi loop
Francois
Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?
Posted: Fri Dec 17, 2010 8:29 am
by klipspringer
Dis lekker om julle manne met ondervinding se terugvoer te lees; baie dankie.
Die feit dat die objektief so groot as moontlik, verkieslik 50 mm of 56 mm moet wees, stem met die teorie ooreen.
Zeiss se Victory 6-24x72 T* FL is 'n enorme groot teleskoop wat ek nog nie op 'n geweer gesien het nie, maar wat opties baie goed is. Die maksimum vergroting van 24x sal klaarblyklik nie veel vir jakkalsskiet gebruik word nie.
As ek na bostaande plasings kyk is daar 'n paar bekende vervaardigers wat sover goeie terugvoer gekry het: Swarovski, Zeiss, Meopta, Leupold en Lynx. Is daar ouens wat ander vervaardigers se toerusting soos Kahles, Schmidt&Bender, Leica, Nightforce, US Optics, March, Bushnell, Vortex, Nikon, ens. met sukses gebruik?
Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?
Posted: Fri Dec 17, 2010 9:15 am
by raychell
Klipspringer
My persoonlike ondervinding en gevoel
Ek kon nie regkom met Nightforce nie ek het die 8-32 ,5-22 en 3-15 proebeer werk nie met my oee nie Ek het 'n US Optic maar die objektief lens is te klein 44mm werk nie in nag vir my nie Nikon se 2.5-10 x56 en lynx sin is vir my dieselfde scope, Vortex eenmaal gebruik en van ontslaa geraak ek dink almal in ons area het ontslae geraak va Vortex vir nag werk .Bushnell en Burris gesigveld te klein vir my.
Raynie
Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?
Posted: Fri Dec 17, 2010 9:34 am
by Gerhard
klipspringer wrote:
Dis lekker om julle manne met ondervinding se terugvoer te lees; baie dankie.
Die feit dat die objektief so groot as moontlik, verkieslik 50 mm of 56 mm moet wees, stem met die teorie ooreen.
Zeiss se Victory 6-24x72 T* FL is 'n enorme groot teleskoop wat ek nog nie op 'n geweer gesien het nie, maar wat opties baie goed is. Die maksimum vergroting van 24x sal klaarblyklik nie veel vir jakkalsskiet gebruik word nie.
As ek na bostaande plasings kyk is daar 'n paar bekende vervaardigers wat sover goeie terugvoer gekry het: Swarovski, Zeiss, Meopta, Leupold en Lynx. Is daar ouens wat ander vervaardigers se toerusting soos Kahles, Schmidt&Bender, Leica, Nightforce, US Optics, March, Bushnell, Vortex, Nikon, ens. met sukses gebruik?
Alles bo kant 12 is te veel vergroting vir nag skiet in my ondervinding. 8 x vergroting is genoeg vir my tot op 200m met die Hornet
Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?
Posted: Fri Dec 17, 2010 9:48 am
by Francois Marais
Klipspringer
Zeiss se Victory 6-24x72 T* FL
Ek kan my net indink wat die optiese specs op daardie scope moet wees, wat mens ook geter nie uit die oog moet verloor nie, hoe groter die voorste lens, hoe hoer moet die scope bokant die aksie wees. Op party gewere is n 56mm reeds amper te hoog, en reken ek vir n 72mm sal n spesiaal aangepaste kolf, met hoe wangstuk, seker maar gebruik moet word. Geen sin om goed te kan sien maar gladie met jou ken teen die kolf te kan druk nie.
My 2c...........
Mooi loop
Francois
Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?
Posted: Fri Dec 17, 2010 6:24 pm
by klipspringer
Raynie
Dankie vir die insiggewende terugvoer. Dit wat jy daar gese het kan mens net met ondervinding leer.
Watter teleskoop werk vir genoemde aanwending die beste vir jou?
Groete
Jan
Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?
Posted: Fri Dec 17, 2010 6:35 pm
by klipspringer
Hello Gerhard
Dit wil voorkom asof vergrotings tussen 8 en 12 baie vir nagskiet gebruik word.
Ek dink wat gebeur is dat met 'n groter vergroting die uitlaatpupildeursnit te klein vir die oogpupildeursnit word. Kom ons neem 'n voorbeeld van 'n 56 mm objektief met 'n 16 maal vergroting. 56/16 = 3.5 mm wat baie kleiner is as die gemiddelde 7 mm oogpupildeursnit.
Met 'n 56 mm objektief en 8x vergroting weer is 56/8 = 7 mm wat die ideale uitlaatpuildeursnit is.
Dit begin al meer sin maak.
Dankie en groete
Jan
Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?
Posted: Fri Dec 17, 2010 6:41 pm
by klipspringer
Hello Francois
Ek het ook gedink dat ek graag 'n teleskoop met 72 mm objektief gemonteer wil sien.
Ek reken mens sal baie sterk ringe moet he omdat die teleskoop hoog gemonteer moet word en baie swaar is.
Soos jy se sal die wangstuk waarskynlik gemodifiseer moet word om die verlangde hoogte te kry.
Is daar dalk iemand wat dit gebruik of gesien het?
Groete
Jan
Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?
Posted: Fri Dec 17, 2010 7:20 pm
by raychell
Klipspringer
Ek het ook 2 ATN teleskope die een 'n 8-24 x75 die goed het met ringe gekom maar ek het verhoogte Lynx basise laat maak om Lynx ringe te kon gebruik
Ek gebruik nou 'n Meopta 3-12x56 op my .22Dasher vir Jakkalse
Raynie
Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?
Posted: Sun Dec 19, 2010 10:49 am
by Freddie101
raychell wrote:
gebruik nou 'n Meopta 3-12x56 op my .22Dasher vir Jakkalse
Raynie
Myne loop nog mooi en kan hom werklik aanbeveel.
freddie
Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?
Posted: Sun Dec 19, 2010 1:14 pm
by Francois Marais
Manne
Hierdie groot Zeiss is MASSIEF, maar ek reken hy sal n bars hou kyk..........
Mooi loop
Francois
Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?
Posted: Sun Dec 19, 2010 2:50 pm
by klipspringer
Hello Raynie
Was dit nodig om die wangstuk te modifiseer om die 75 mm objektief te akkommodeer?
Ek neem aan jy het die Meopta Meostar R1 3-12x56. Is dit die model met of sonder parallaksverstelling?
Groete
Jan
Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?
Posted: Sun Dec 19, 2010 2:52 pm
by klipspringer
Hello Freddie
Watter model het jy spesifiek en gebruik jy dit vir jakkalse in die nag?
Groete
Jan
Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?
Posted: Sun Dec 19, 2010 2:57 pm
by klipspringer
Francois
Ek sal graag met daai kobinasie wil skiet. Dit moet seker dag van die nag maak. Dink net ons sal iets met die wangstuk moet doen.
Groete
Jan
Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?
Posted: Sun Dec 19, 2010 7:57 pm
by raychell
Klipspringer
Die geweer se kolf was gebou vir 'n 56mm teleskoop so die verdere 10mm was nie ongemaklik nie die hele opset was net baie 'Top heave"
Die Meopta het geen paralaks verstelling nie en die kruis raak nie dik nie opties baie goed.
Raynie
Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?
Posted: Mon Dec 20, 2010 6:13 pm
by klipspringer
Dankie Raynie
Dis vir my belangrik dat die geweer-teleskoop samestelling goed gebalanseerd is, eerstens om dit te dra en vervoer, tweedens vir die aanle, en derdens vir die wip en skop wanneer die skoot gaan.
Dit blyk of 'n 3-12x56 een van die mees gewilde teleskope vir nag jakkalsskiet is.
Wat vervaardigers aanbetref is ons steeds by Zeiss, Meopta, Swarovski, Leupold en Lynx.
Is daar niemand wat Schmidt & Bender gebruik nie?
Jan
Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?
Posted: Mon Dec 20, 2010 9:07 pm
by Francois Marais
Jan
Is daar niemand wat Schmidt & Bender gebruik nie?
Weet S&B is ook baie goeie scopes, ook baie goeie lense, kan jy dalk pryse opsit, ek het geen idee hoe hulle pryse sal vergelyk met Zeiss en Swarofski nie.
Mooi loop
Francois
Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?
Posted: Tue Dec 21, 2010 10:35 am
by klipspringer
Francois
Ek stel ook belang om meer te weet i.v.m die S&B teleskope. Ek sal uitvind en laat weet.
Jan
Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?
Posted: Tue Dec 21, 2010 11:53 am
by Skolla
klipspringer wrote:
Ek stel ook belang om meer te weet i.v.m die S&B teleskope. Ek sal uitvind en laat weet.
Jan
Ek sien hulle gee dealers in SA aan as Dr. Lucas Potgiter, 011-4721720 .
En in Namibia, Rosenthal. 00264-61-237210
Weet nie of dit nog reg is nie.