Page 1 of 2

Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Posted: Sat Nov 23, 2013 2:08 pm
by Thermal
Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?
As iemand n landing het gee ook asb.

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Posted: Sat Nov 23, 2013 2:33 pm
by Frikkie Coetzee
Wees net bietjie meer duidelik. Praat jy van die projektiel of die rondte?

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Posted: Sat Nov 23, 2013 3:32 pm
by Thermal
Dit sal die projektiel wees.... :confused:
Anders praat ons van kaboom :)
Ek wil goedkoop fireform en net lekker rondneuk....
Dus herlaai.

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Posted: Sat Nov 23, 2013 4:17 pm
by Thermal
Ok, some specs Hornady 110gr V-Max vs 30 Cal Carbine 110gr Frontier RN-CMJ.
Die "bearing surface" is V-Max=8mm en 30 Cal Carbine=10mm.

Ek het n 1000 van die Carbines.....

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Posted: Sat Nov 23, 2013 8:38 pm
by Frikkie Coetzee
Ja jy sla dit kan skiet.

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Posted: Sat Nov 23, 2013 8:49 pm
by Thermal
Teen minder as n rand per punt gaan ek lekker cheap skiet

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Posted: Sat Nov 23, 2013 9:21 pm
by Thermal
Sal ek dieselfde laai data as vir my v-max kan gebruik?

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Posted: Sun Nov 24, 2013 8:08 am
by tripodmvr
Baie persone het so al 7.65 koeels in 303 geskiet. Eksperimenteer en skiet eers gemiddelde lading met S335. Nie nou by QL om te kyk of S321 nie beter sal wees nie

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Posted: Sun Nov 24, 2013 8:33 am
by Thermal
Wat dink julle sal die max spoed wees wat ek voor kan mik?
Wat kon hulle met die projektiele 7.65mm kry. Onthou die is plated?

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Posted: Sun Nov 24, 2013 9:48 pm
by Thermal
Weet nie, myne is1 in 12, dus normaalweg 145 to 165gr gee goeie groepe.
110gr v-max is beste groepe wat ek ooit gekry het...

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Posted: Mon Nov 25, 2013 7:43 am
by tripodmvr
Frontier se 110gr kom nie voor in QL nie. Ek het 22 duim loop gebruik en met S335 sal 3250vps as maks spoed geld. Met S321 kan 3300vps moontlik behaal word.
Akkuraatheid gaan nie noodwendig hand aan hand met die hoogste spoed nie. Daarom my vroeëre aanbeveling van 'n gemiddelde lading van so 42gr om te sien hoe die kombinasie in jou geweer presteer.

Omdat die BC van die' rondeneus koeëls maar laag is, gaan jy vind dat na 200m hulle baie vinnig spoed en hoogte gaan verloor. Ek vind dit selfs met die 125gr Pro Hunter uit my 30-06 en die het 'n spitspunt.

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Posted: Mon Nov 25, 2013 8:25 am
by Jean Marais
Piet-Skiet wrote:Ja jy kan. Weet net nie of jou akuraatheid goed gan wees nie. Die koel is ook baie korter as die v max. Daar is 'n moontlikheid dat hy gan oorstabiliseer.
Gaan baie ver bo die waarde van 1.5 stabiliseer, so akkuraatheid gaan beslis beinvloed word.

Sien hierdie link: http://bulletin.accurateshooter.com/201 ... a-problem/

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Posted: Mon Nov 25, 2013 1:49 pm
by Thermal
Thanx Manne

Die is verseker die beste forum in die wêreld!
En daarby doen ons dit in in Afrikaans!!

Ek het gisteraand S321 @ 45gr gelaai want Somchem se dit is die hoogste vir n 130gr. En die 110gr V-max gee so 2850fps (S335@45gr) teen daai lading (as ek nou reg onthou....) En die groepe op die V-max is so 11mm @ 5 skote 100m.

Dis hoekom ek hoop vir die beste met die Fronties!

Ek het nog nie die V-MAx verby 100m geskiet nie, wat is julle ervaring, wat doen hulle verder?

Is dit my verbeelding of het Somchem se kruite die afgelope paar jaar baie "stadig" geword?

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Posted: Mon Nov 25, 2013 2:09 pm
by tripodmvr
Gaan loer onder "Riglyne vir QL" en gee my jou geweer se gegewens. Hierdie ligter koeëls is lekker speelgoed en die doemprofete sê altyd hulle sal nie akkuraat skiet nie. Kom ons kyk wat ons kan regkry as ons die nodes soek. Ons kan dan die 110Vmax ook probeer uitsorteer.

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Posted: Mon Nov 25, 2013 4:40 pm
by Alwin
Thermal wrote:Thanx Manne

Ek het nog nie die V-MAx verby 100m geskiet nie, wat is julle ervaring, wat doen hulle verder?

Is dit my verbeelding of het Somchem se kruite die afgelope paar jaar baie "stadig" geword?
1. Ek het nog nie met die 110 V-max gespeel nie, maar met sy voorganger die 110 SP. Tot op 250m is hulle baie effektief op die blouape. Iets soos 'n 223 x 2. Die V-max behoort beter te doen. Weet nie van die Frontiers nie, toets maar ek kyk. Ek persoonlik kry nie slapelose nagte oor die "oorstabiliserings-teorie" nie. As die goed klein genoeg groepe op die teiken maak, is ek tevrede. Probeer is die beste geweer.

2. Sommige lotte van die dryfmiddels het stadiger geword. Ander het vinniger geword. Wees maar baie versigtig.

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Posted: Mon Nov 25, 2013 4:52 pm
by tripodmvr
Ek het klaar gekompenseer vir Lot 71. Ons weet baie naby wat sy BRF is.

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Posted: Mon Nov 25, 2013 6:28 pm
by Thermal
Tripod, ek sien daai 45gr was met s335 om verder2850 te gee met V-max.. julle het my laas mooi gehelp met die V-Max en S335!
Het nog nie S321 met enige 110gr getoets nie. Net landings met die GSC 130gr.

Ek verwag nie om verder as 500m te werk met hulle nie. Sal gevrede wees as ek nog moa op 300m kan kry. >:D

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Posted: Mon Nov 25, 2013 6:43 pm
by vriell
tripodmvr wrote:Frontier se 110gr kom nie voor in QL nie. Ek het 22 duim loop gebruik en met S335 sal 3250vps as maks spoed geld. Met S321 kan 3300vps moontlik behaal word.
Akkuraatheid gaan nie noodwendig hand aan hand met die hoogste spoed nie. Daarom my vroeëre aanbeveling van 'n gemiddelde lading van so 42gr om te sien hoe die kombinasie in jou geweer presteer.

Omdat die BC van die' rondeneus koeëls maar laag is, gaan jy vind dat na 200m hulle baie vinnig spoed en hoogte gaan verloor. Ek vind dit selfs met die 125gr Pro Hunter uit my 30-06 en die het 'n spitspunt.
Tripod , Ek weet nie watter 110gr GR Frontier koeels julle soek nie maar die een is in my data basis....lengte is 16.38mm in .308 cal

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Posted: Mon Nov 25, 2013 7:05 pm
by Thermal
Yes nou net gemeet 16.4mm dus behoort dit die regte een te wees.
CMJ-RN Plated Frontier 110gr

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Posted: Mon Nov 25, 2013 9:04 pm
by tripodmvr
vriell wrote:
tripodmvr wrote:Frontier se 110gr kom nie voor in QL nie. Ek het 22 duim loop gebruik en met S335 sal 3250vps as maks spoed geld. Met S321 kan 3300vps moontlik behaal word.
Akkuraatheid gaan nie noodwendig hand aan hand met die hoogste spoed nie. Daarom my vroeëre aanbeveling van 'n gemiddelde lading van so 42gr om te sien hoe die kombinasie in jou geweer presteer.

Omdat die BC van die' rondeneus koeëls maar laag is, gaan jy vind dat na 200m hulle baie vinnig spoed en hoogte gaan verloor. Ek vind dit selfs met die 125gr Pro Hunter uit my 30-06 en die het 'n spitspunt.
Tripod , Ek weet nie watter 110gr GR Frontier koeels julle soek nie maar die een is in my data basis....lengte is 16.38mm in .308 cal
Wil jy nie asb vir my daardie frontier.bul file stuur na tripodmvr@gmail.com.

Dankie

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Posted: Mon Nov 25, 2013 9:23 pm
by Thermal
Sal die naweek probeer skiet en spoed meet.

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Posted: Mon Nov 25, 2013 9:46 pm
by vriell
tripodmvr wrote:
vriell wrote:
tripodmvr wrote:Frontier se 110gr kom nie voor in QL nie. Ek het 22 duim loop gebruik en met S335 sal 3250vps as maks spoed geld. Met S321 kan 3300vps moontlik behaal word.
Akkuraatheid gaan nie noodwendig hand aan hand met die hoogste spoed nie. Daarom my vroeëre aanbeveling van 'n gemiddelde lading van so 42gr om te sien hoe die kombinasie in jou geweer presteer.

Omdat die BC van die' rondeneus koeëls maar laag is, gaan jy vind dat na 200m hulle baie vinnig spoed en hoogte gaan verloor. Ek vind dit selfs met die 125gr Pro Hunter uit my 30-06 en die het 'n spitspunt.
Tripod , Ek weet nie watter 110gr GR Frontier koeels julle soek nie maar die een is in my data basis....lengte is 16.38mm in .308 cal
Wil jy nie asb vir my daardie frontier.bul file stuur na tripodmvr@gmail.com.

Dankie
Gestuur.Laat weet as daar nog iets kort.

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Posted: Tue Nov 26, 2013 8:35 am
by Jean Marais
Met 'n 1:10 groefdraai gaan die giroskopiese stabilitietsfaktor ongeveer 10 wees, teenoor 'n verlangde faktor van tussen 1.3 en 1.5. Dis bitter hoog, en die 110gr koeël sal beslis nie akkuraat wees oor langer afstande nie. Die koeël gaan basies hierdie tipe trajek hê:

http://www.nennstiel-ruprecht.de/bullfly/fig15.htm

Dit sal baie interessant wees om die praktiese resultaat te sien.

Groete

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Posted: Tue Nov 26, 2013 9:06 am
by Flip Nel
Net 'n vraag, dis 'n lood koeel wat ge copper plate is, Ek weet daar was stories dat hy wil nie sulke hoe snelhede wil he nie, dis hoekom hulle swaarder as gewoonlik gewigte maak, gaan hy nie strip of disintregeer nie. Hy is mos nie eintlik gemaak vir sulke spoed nie.

Re: Kan jy 110gr m1 carbine .30 cal in 308 win skiet?

Posted: Tue Nov 26, 2013 9:38 am
by tripodmvr
Dit kan moontlik wees dat die hoë spoed snaakse dinge kan laat gebeur, maar Frontier se proses is een van elektrolise wat die koper mooi laat bind sonder nate waar swak plekke kan voorkom. Dit gaan die lekker deel van die eksperiment wees.