Page 1 of 1
Watter "reticle" vir 308
Posted: Wed Nov 20, 2013 6:59 pm
by Lamtjop
Hallo almal.
Kan die manne wat die 308 se trajek ken my uithelp asb, ek soek n scope wat n krismis boom reticle het vir gebruik op 308. Die plan is om 150-155gr te skiet uit n 22" loop. Ek het nognie die geweer nie so werk maar op n gemiddelde spoed. Daar is 2 scopes wat het wat ek soek, die afstande tussen die lyntjies van die 2 reticles verskil so bietjie, sal julle vir my kan sĂȘ watter reticle gaan die naaste aan die trajek kom.
Reticle 1. Reticle 2.
100m - zero - zero
200m - -3" - -2,8"
300m - -13,5" - -10,8"
400m - -30" - -24,8"
Groete Tjops
Re: Watter "reticle" vir 308
Posted: Thu Nov 21, 2013 6:12 am
by smitjs
Ek kan jou verseker die Burris teleskope sal die werk kan doen, enige model. Die Leupold Varmint Hunter krismisboom is goed, maar ek het alle vertroue in Leupold teleskope verloor, en albei wat ek gehad het verkoop. Die veldskiet kompetisies was op 'n stadium oorheers deur Leupold, maar ek ken nie meer een wat so braaf is om Leupold te gebruik vir veldskiet nie.
Daar is verskeie ander wat ook sal werk, ek het net nie van hulle nie.
Mens het twee verstellings, die zero punt en die vergroting. Deur te verstel aan altwee kan baie krismisbome vir jou werk.
Die beste is maar om die spesifikasies van die krismisbome te kry, en dan eers 'n bietjie te speel met 'n goeie trajek program. FBC van Jackson Rifles is uitstekend en verniet, maar daar is baie ander ook beskikbaar.
Dan kan jy seker wees voor jy koop. Daar is geen rede om blindelings te koop nie, en ook nie om patrone te mors deur geen huiswerk vooraf te doen nie. Die syfers wat jy noem is onvoldoende, want jy skryf nie die vergroting waarop dit baseer is, of die vergroting verstellings van die teleskope nie.
Die finale instelling op die baan sal miskien net 'n breuk van 'n vergroting wees op lange afstand.
Groete
Johan Smit
Re: Watter "reticle" vir 308
Posted: Thu Nov 21, 2013 11:49 am
by Hercules Louw
Lamtjop, ek kan nie sien of jy die afstande tussen die kruise gee, of elke keer die afstand vanaf die hoofkruis gee nie. Die tabel hieronder gee die afstande vanaf die hoofkruis vir die 308.
308 Match 155gr teen 2750ft/s uit 22 duim loop.
100m = zero
200m = -4.33 duim = -11cm
300m = -16 duim = -41cm
400m = -36.2 duim = -91cm
Die Lynx 2.5-15x50 met SA Jagters kruisdraad teen 14x vergroting se afmetings is as volg, gemeet vanaf hoof kruis op die betrokke afstand:
100m = 0
200m = 4.72 duim = 12cm
300m = 16.5duim = 42cm
Die Lynx 3.5-10x50 met SA Jagters kruisdraad teen 9x vergroting se afmetings is as volg, gemeet vanaf die hoof kruis op die betrokke afstand:
100m = 0
200m = 4.72 duim = 12cm
300m = 16.5 duim = 42cm
400m = 34.6 duim = 88cm (gemeet op die bopunt van dik vertikale post)
Re: Watter "reticle" vir 308
Posted: Thu Nov 21, 2013 5:11 pm
by Lamtjop
Oom Hercules, dankie dis die inligting wat ek gesoek het. Die afstande wat ek gegee het was elke keer vanaf die hoofkruis. As ek dan na oom se inligting kyk sal reticle nr1 die naaste aan korrek wees. En die SA Jagter kruis gaan dan nog nader wees.
Dankie
Re: Watter "reticle" vir 308
Posted: Thu Nov 21, 2013 10:40 pm
by Hercules Louw
Lamtjop, ek is bly ek kon help.
Die twee kruisdrade waarvan jy die inligting verskaf het, is waarskynlik varmint tipe en bedoel vir iets met n plat trajek soos n 22-250. Nommer 1 is die naaste, maar jy sal die vergroting met omtrent 25 persent moet verminder om by jou trajek te pas.
Die SA Jagters kruisdraad het ek spesifiek ontwerp om goed te pas vir 308 met 150gr tot 165gr en 30-06 met 165 tot 180gr klas ammunisie met die hoof kruis op 100m ingestel.
Re: Watter "reticle" vir 308
Posted: Fri Nov 22, 2013 8:57 am
by Monrique (SJ)
Dagse JP
Hoop dit gaan goed aan jou kant?
Dit is moeilik om te se watter krismasboom kruishaar baie naby of presies gaan uitwerk. Ek stel voor dat jy egter self moet gaan skiet en stel op watter vergroting dit goed gaan werk. Eerstens kan n mens nie n spesifieke spoed daaraan koppel nie, want jy weet nie of jou geweer op daardie spoed en node gaan groepeer nie en indien dit nie doen, dop die teleskoop klaar die eerste toets. Dit word slegs as vergelyking gebruik en in n perfekte situasie.
Tweedens sal dit ook belangrik wees om n goeie rangefinder te gebruik om afstand te kry en dan die afmikpunte op die kruishaar te gebruik, wanneer jy weet waar dit zero op die verskillende afstande, anders wanneer dit geskat word is daar altyd n mate van variasie en sal dan ook effe hoog of laag geskiet word en kan n mis skoot of kwes skoot wees veral op breinskote.
Glo jy verstaan wat ek probeer se.
Groetnis
Monrique