Hello die jakkalsjag manne,
Ek self het ook maar soos "almal" daar in die laat negentigs vroeg 2000's begin met CD en lekker jakkalsjag nonsies aangejaag!!! (Moet erken toe ek daardie eerste jakkals in Mei 2004 hoor antwoord het, wat toe ook sommer vir my vertel het dat hy my
nou gaan kom opneuk, SAL EK NOOIT vergeet nie - I've got hooked for ever!!!!

Moet erken het nooit die jakkals gesien nie!!!! Skandelik het my CD speler se bartterye na 10 minute en 200km sy spreekwoordelike gat gesien!
Tehore gekom van die Forum (enigste forum wat ek moeite doen om effe te volg in elke geval) by 'n paar manne wat toe al lekker jakkalsjag ondervinding opgedoen het. (Wolf en 'n ander ou maat van my Cor van Niekerk - beide van Calvinia. - Die ou jakkalsjagspan was maar daar in die begin erg soos 'n mafia!!!

) dis nou voor die Forum ontstaan het dink ek!! Moenie "worry" nie ek hardloop reeds!!!!
Wel begin toe toerusting koop, stoel, CD speler, ligte, verbeter geweer ensovoorts en sien sommer gou dat ek nou nonsies aanjaag!!! Sluit aan by die Forum en begin dadelik sien HIER , kan man iets leer!!! Doen kursusse en daarvan daan is my suksesse ook seker soos Geno reken 600% beter.
Lang storie kort - HIERDIE forum met die manne wat inligting deel oor jakkals en rooikatte jag, (dinge waarmee ek sukkel en my mee besig hou) , LAAT DIE JAKKALSE EN ROOIKATTE 11.1.11!!!

Jammer vir die taalgebruik!!

maar dis tog so!!
Van my kant af "smile" ek partykeer as die manne so opgewerk raak, oor ander onderwerpe en soms persone, (somtyds met rede) lees ek wel, maar ek RAAK NET OPGEWERK, wanneer daar iets oor jakkalse/rooikatte geskryf word!! Die res leer ek van en wag vir 'n geleentheid wanneer ek dit nodig mag kry....
So my versoek aan die jakkalsjag brigade...... deel julle ondervindinge manne, dis soos 'n "kleine-kleine" (ou Suidwes term vir 'n spesifieke tipe dop saans) elke aand vir my - die ou ligaam smag na die klas van stories en dit laat die jakkies val!!!!! 
As ek weer sien soek ek jakkalsjag ondervinding hier by julle!!!!
Groete en dankie dat ek dinge hier in Afrikaans kan lees en deel met manne wat dieselfde belangstelling as ek het!!!
Groete uit die Namakwaland
Francois