Page 1 of 1
Watter Nightforce??
Posted: Wed Nov 20, 2013 7:04 am
by Jean Marais
Hallo almal
Ek hoop van julle kundige manne kan my vandag help. 'n Maat van my het vir hom 'n 6mm Remmington kompetisie geweer laat bou op 'n Weatherby aksie. Die loop is 'n nr 17 loop en is 650mm lank. Die kolf is een van daai laminated kolwe, en die hele geweer is vrek swaar. Jag sal hoogstens voorsit of bakkiejag wees in die kalahari/karoo, anders uitsluiting skietbaan/kompetisies ens.
My vraag aan julle is: Ons wil graag 'n Nightforce op die geweer monteer, maar hoe kies ons watter een. Ons het 'n geleentheid om oor Desember 'n scope direk vanaf Amerika in te bring wat daar gekoop is.
Ek hoor graag jul aanbevelings.
(Marc, watse scope is op jou 338LM?)
Re: Watter Nightforce??
Posted: Wed Nov 20, 2013 7:16 am
by cassie_calvinia
die 5.5-22x50 nxs met moar kruis.
dit sou my keuse gewees het!
of, as geld nie problem is nie, die B.E.A.S.T
Re: Watter Nightforce??
Posted: Wed Nov 20, 2013 7:20 am
by Geno
cassie_calvinia wrote:die 5.5-22x50 nxs met moar kruis.
dit sou my keuse gewees het!
of, as geld nie problem is nie, die B.E.A.S.T
Nes Kasparus daar sê!
Re: Watter Nightforce??
Posted: Wed Nov 20, 2013 7:30 am
by Jean Marais
Cassie/Geno, hoekom die B.E.A.S.T.? Is daar 'n groot verskil tussen die twee?
Re: Watter Nightforce??
Posted: Wed Nov 20, 2013 7:46 am
by Jean Marais
Ok, ek sien wat julle bedoel. Daa's 'n moewiese verskil - ook in prys.
Re: Watter Nightforce??
Posted: Tue Dec 03, 2013 5:00 am
by Piet Breedt
Ek sou die 8-32 x 56 met MOAR reticle kies
Re: Watter Nightforce??
Posted: Tue Dec 03, 2013 9:04 am
by Eugene
Piet Breedt wrote:Ek sou die 8-32 x 56 met MOAR reticle kies
Oom Piet, is die 6-24 (of 22, ken nie NF se reekse baie goed nie...) nie 'n meer veelsydige teleskoop nie? Ek dink spesifiek aan mirage op warm dae, waarvan ons meer het as koue dae. Ek het die Sightron 8-32 en kan selde die 32 vergroting gebruik weens mirage. Ek skiet meestal op 20 vergroting. As daar 'n groot prysverskil is, is dit nie meer die moeite werd om die kleiner vergroting te koop nie?
Ek luister graag!
Re: Watter Nightforce??
Posted: Tue Dec 03, 2013 9:14 am
by Arnold
Watse kompetisie skiet is die geweer voor en wat is die loop se twist?
As ek vinnig moet komentaar lewer sou ek ook sê die 8-32x56. Die hoë vergroting is baie nice as daar regtig fyn gemik wil word.
Die 5.5-22x50 sou ek aanbeveel as jy langafstand gaan skiet en baie verstelling nodig het. As jy die scope laag genoeg kan mount sou ek ook die 5.5-22x50 voorstel oor dit 'n kleiner scope is, maar dit klink nie of dit 'n issue op die geweer sal wees nie?
Re: Watter Nightforce??
Posted: Tue Dec 03, 2013 9:20 am
by Jean Marais
Hallo Piet
Ons het toe eindelik op die volgende scope besluit, en sal graag wil hoor of jy dink ons keuse was OK.
Dis die Swarovski Z5 5-25x52 P met die ballistic turret en BRX kruishaar.
Hier's 'n link:
http://www.swarovskioptik.com/hunting/z ... JMGW7_DQ==
Arnord, dis 'n 6mm Remmington gebou op 'n Weatherby aksie met 'n nr 17 loop (Jammer, ek het nie veel meer inligting nie.) Al wat ek nog weet is dat die loop 'n relatiewe stadige groefdraai het, en dat dit hom beperk vir die langer afstande, want swaarder koeëls stabiliseer nie lekker op hom nie.
Groete