Page 1 of 1

Weer daai tyd van die jaar.

Posted: Tue Nov 19, 2013 2:03 pm
by Arnold van Wyk
Manne help asb, ek gaan weer Dec Douglas toe Vaal en Oranje revier, wat is die beste vliee en ander kuns-aas, ek gooi nie pap nie al betaal jy my.

Dankie by voorbaat.

Re: Weer daai tyd van die jaar.

Posted: Tue Nov 19, 2013 3:20 pm
by Eugene
Arnold, spesie hengel ('n ander duurder vorm van papgooi ;) ) is nogal lekker as jy lekker begin regkom daarmee! Ek is self lief vir kunsaas, maar dis ook lekker om 'n dubbelsyfer karp uit die diepwater te katrol! :)

Ek kan jou nie help met kunsaas vir daardie area nie, want ek ken dit nie goed nie. Gaan kyk bietjie op Outdoorpages, 'n visvang forum, hulle het baie goeie tips en gesprekke daar! Ek is seker iemand daar sal jou kan help!

Re: Weer daai tyd van die jaar.

Posted: Tue Nov 19, 2013 3:34 pm
by musgrave270
Arnold van Wyk wrote:Manne help asb, ek gaan weer Dec Douglas toe Vaal en Oranje revier, wat is die beste vliee en ander kuns-aas, ek gooi nie pap nie al betaal jy my.

Dankie by voorbaat.
Middag Arnold

Ek self is 'n "papgooier" soos jy dit noem. Ek weet in Kimberly was/is 'n Oom wat 'n hengelwinkel het. Diamond Angling - 053 861 4622. Weet nie of die nommer nog bestaan nie. Hy ken al die riviere in daai streek en behoort jou te kan help.

Groete

Ruan

Re: Weer daai tyd van die jaar.

Posted: Tue Nov 19, 2013 3:37 pm
by Piet Pille
hier is klompie inligting oor daardie area as jy wil vlieghengel:
http://www.sealine.co.za/view_topic.php ... ht=douglas

Hier is ook baie inligting oor geelvis hengel in die oranje/vaal op art lure:
http://www.sealine.co.za/view_forum.php?id=34

Geniet dit en kom wys die fotos van die grotes!

Re: Weer daai tyd van die jaar.

Posted: Wed Nov 20, 2013 7:38 am
by Arnold van Wyk
Dankie vir die inligting, hoop dit gaan beter vanjaar met my gaan sal laat weet wat gebeur het.

Re: Weer daai tyd van die jaar.

Posted: Wed Nov 20, 2013 7:43 am
by Geno
Arnold,
Gesels met Dawie Malan, Katefbessie, en Marno. Dis manne wat nogal die kunsaas en vlieghengel verstaan.

Re: Weer daai tyd van die jaar.

Posted: Wed Nov 20, 2013 7:48 am
by Carl
Arnold,
Ek het lanklaas daar gehengel en selfs op die Vaal rivier, maar ek was 'n redelike kenner op my tyd ;)
Kleinbek:
Caddis/rockworms - Chartruese, gemmer/tan, olyf.
Al die klein mayfly nymphs, bruin of swart of GRHE.
Bind jy self? As jy klein krap patrone kan kry hulle is fantasties.
Jy moet net genoeg gewig in die vlieg kry veral as die rivier vinnig loop.
DAN, kyk of jy klein poppers kan kry. Gooi hulle in die vlak (1m) stil deel en laat hy drift, tel op en gooi weer. Soms ontplof dinge om daai popper!
Droƫ vliee vir laat middag - mayfly en caddis soos elk hair ens. Sprinkane en krieke?
Grootbekke:
Enige groot vlieg veral swart met baie beweging. Gooi hom net op die regte plekke. Dink soos 'n roofvis. Bass en grootbekke tree dieselfde op. Boomstompe, groot rotse, diep sloot naby vlak water, die "tail-out" laaste deel van 'n poel is die beste vir albei spesies.
http://yellowsonfly.blogspot.com/
Vlieƫ
https://plus.google.com/photos/11296404 ... banner=pwa

Re: Weer daai tyd van die jaar.

Posted: Wed Nov 20, 2013 8:02 am
by Katefbessie
More se Arnold! Jong uit my ervaring met geelvis op vlieg kan ek vir jou se indien jy twyfel sit 'n Hotspot aan! Vir geelvis op vlieg sou ek se daai is die "ou-betroubare". Ek is altyd lief daarvoor om 'n effens groter hotspot as my voorste vlieg aan te knoop en dan ook dieselfde hotspot in 'n kleiner weergawe as "trailer vlieg" sowat 30 na 50cm agter jou voorste vlieg - Dit is nou vir rivier vangs en sal goed werk in die dieper water - Onthou ook jou strike indicator vir die riviere.
Jy sal sien dat 80%+ van die kere sal die geelvis jou agterste vlieg vat. Jy kan eintlik enige vlieg met 'n "bling" as jou voorste vlieg gebruik - hy moet net biki swaarder wees as jou agterste vlieg, my trailer vlieg sal vir geelvis maar altyd 'n Hotspot bly.

Re: Weer daai tyd van die jaar.

Posted: Wed Nov 20, 2013 8:09 am
by Katefbessie
Arnold ek heg vir jou 2 fotos van tiepiese Hotspots aan. Jy sal sien die een foto is 'n Hotspot met 'n goue koppie - Hom sal ek gebruik as my voorste vlieg aangesien hy biki swaarder sal wees as die "trailer Hotspot" op die ander foto (sonder goue koppie, dus ligter).

Re: Weer daai tyd van die jaar.

Posted: Thu Nov 21, 2013 7:30 am
by Arnold van Wyk
Dankie vir al die hulp, sal laat weet hoe dit gegaan het.

Re: Weer daai tyd van die jaar.

Posted: Thu Nov 21, 2013 9:22 am
by sPRINGHAAS
Ek stap maar gewoonlik n ent in en tel n paar klippe op om te kyk watse kos algemeen in die deel van die rivier is en in watse stadium hulle is. Soek dan n vlieg tussen myne wat dit so goed moontlik naboots. Mayflies en bloodworms het nog altyd vir my redelik goed gewerk vir kleinbek.

Ek sien vanoggend hier vlieg lekker baie reismiere hier by ons... (As jy nou lus is vir iets anders as kunsaas wat ook nie helemal papgooi is nie) Kyk of jy n paar van hul kan vang en vries hul in meel. Die meel absorbeer die water en keer dat hul nie pap raak nie. Sit so 2 aan n klein hoekie met ligte gerei en gaan staan in die stroon probeer dit so ver stroom-op gooi moontlik sonder gewig of met n klein split sinkertjie(kan dit nie rerig gooi noem nie) en laat dit net stroom-af dryf. Kry hul baie keer baie naby aan jou aan die lyn.

Re: Weer daai tyd van die jaar.

Posted: Thu Nov 21, 2013 9:28 am
by Stefan764
Lekker Arnold! Jou lanklaas hier op die Forum raakgeloop!

Groete vir ons vriend Hannes!!

Re: Weer daai tyd van die jaar.

Posted: Thu Nov 21, 2013 10:04 am
by Arnold van Wyk
Dankie Stefan, ek maak so ek en Hannes het juis gister aand gebraai, groete daar bo.