Page 1 of 3
Long range project-Sy kom nou mooi
Posted: Mon Nov 18, 2013 12:13 pm
by LRLaubscher
Ek plaas sommer 'n paar kiekies van my geweer bou projek.
Kom nou al lank aan, maar is darem nou so te sê klaar.
Om te sê ek kan nou nie meer wag nie is 'n "under statement"

IMG_2012.jpg
IMG_2166.jpg
IMG_2006.jpg
Re: Long range project-Sy kom nou mooi
Posted: Mon Nov 18, 2013 12:21 pm
by Chevvy SS
Lekker man, lekker!
Re: Long range project-Sy kom nou mooi
Posted: Mon Nov 18, 2013 12:23 pm
by LRLaubscher
Die freebies is nou eers klaar.....

Re: Long range project-Sy kom nou mooi
Posted: Mon Nov 18, 2013 12:24 pm
by LRLaubscher
Marynna.....

Re: Long range project-Sy kom nou mooi
Posted: Mon Nov 18, 2013 1:34 pm
by Johan Nel
Nico,
Die kolf in aanbou lyk baie interesant. Bou jy dit self, of doen iemand anders dit vir jou.
Groete,
JHN
Re: Long range project-Sy kom nou mooi
Posted: Mon Nov 18, 2013 2:15 pm
by LRLaubscher
Hi Johan,
Ek het die kolf self ontwerp, eienskappe aan my geweer smit verduidelik.
Bou nie self nie nee. Dit word op 'n CNC masjien gedoen.
Ek wou byvoorbeeld genoeg spasie hê onder die "bud" sodat ek my linker hand kan inkry terwyl ons lê en skiet.
Die blok wat nou bo die kolf los lê gaan die verstelbare wang stuk word.
Die greep is gebaseer op 'n GRS kolf.
Die "fore end" loop skuins met 'n opwaartse hoek sodat die geweer afsak met recoil. Dit verseker dat jou geweer beter "track" as jy van sand sakkies af skiet (geweer skop op, en kolf sak as hy terug kom op fore end rest)
Sal nog fotos opsit soos wat hy aankom. Behoort Vrydag die finale produk te hê.
Groetnis.
Re: Long range project-Sy kom nou mooi
Posted: Fri Jan 17, 2014 1:55 pm
by LRLaubscher
Paar fotos van finale produk.
260 remington Ackley Improved
Custom Kolf: Laminated Boyds blok
Krieger 1-8 twist 30" heavy Palma profile loop
Guncraft Custom Trigger
Blue printed RSA action
20 MOA piccatinny rail
Vortex Viper PST 6-24X50 FFP
Vortex Matched Comp ringe
Alle werk is deur Geoffrey Barrabal by Guncraft gedoen.
Re: Long range project-Sy kom nou mooi
Posted: Fri Jan 17, 2014 2:13 pm
by LUAN
Flippen mooi tool daardie! Geluk en geniet hom.
Re: Long range project-Sy kom nou mooi
Posted: Fri Jan 17, 2014 2:16 pm
by LRLaubscher
Dankie .303,
EK glo ek gaan.
Re: Long range project-Sy kom nou mooi
Posted: Fri Jan 17, 2014 2:18 pm
by LUAN
Wat sal die looplewe wees op so outjie?
Re: Long range project-Sy kom nou mooi
Posted: Fri Jan 17, 2014 2:21 pm
by Arnold
Baie netjies, ek hoop hy skiet so mooi soos wat hy lyk.
Re: Long range project-Sy kom nou mooi
Posted: Fri Jan 17, 2014 2:23 pm
by JuanVE
Baie netjies, jy kan trots wees. Geniet hom!
Re: Long range project-Sy kom nou mooi
Posted: Fri Jan 17, 2014 2:26 pm
by SNIPER
Hi Nico
Baie baie mooi geweer daai,baie geluk.
Mag ek vra wat het die kolf jou gekos.
Groete
SNIPER
Re: Long range project-Sy kom nou mooi
Posted: Fri Jan 17, 2014 3:08 pm
by LRLaubscher
Dankie manne, ek dink ook dis 'n mooi geweer.
Laat hy net so skiet ok ja Arnold.
Sniper,
Het my so R400 minder as GRS gekos, maar met aluminium bedding block vol lengte van aksie klaar by.
GRS moet nog ge-bed word volgens my. Ek sal nie 'n aksie sonder bedding netso vas bout nie.
Re: Long range project-Sy kom nou mooi
Posted: Fri Jan 17, 2014 3:13 pm
by LRLaubscher
.303 wrote:Wat sal die looplewe wees op so outjie?
Ek bargain op, soos ons skiet, 3000 plus.
Loop behoort my dan so 3-5 jaar te hou. Het darem reamer ook laat kom, so kan dan net effe dieper sny en weer begin.
Die Amerikaners doen moes string shooting met hulle high power rifle match skiet storie. Volgens hulle kalf die loop vroeër, maar ek skiet nie my geweer warm nie.
Die ackley dop konsentreer ook die flash point in die nek, of so hoor ek.
Wat se die ander manne?
Re: Long range project-Sy kom nou mooi
Posted: Fri Jan 17, 2014 3:34 pm
by Arnold
Ek hoop ook om so in die omgewing van 3000 skote te kry en hopelik meer. Soos Nico sê skiet ons Suid Afrikaners nie ons lope so warm soos die ouens oor die water nie en daai is 'n loop se dood.
Re: Long range project-Sy kom nou mooi
Posted: Fri Jan 17, 2014 10:55 pm
by vossie1
Dammit dis mos hoe n roer moet lyk,ek reken die bosluise onder die bees se stert is nou nie meer veilig binne 500m+ nie. Baie geluk jy het regtig baie huiswerk gedoen,hoop jy kry die resultate wat jy verwag het.
Re: Long range project-Sy kom nou mooi
Posted: Sat Jan 18, 2014 7:04 am
by Frederik
Dit is indrukwekkend.
Re: Long range project-Sy kom nou mooi
Posted: Sat Jan 18, 2014 4:45 pm
by Pvdw
LRL baie geluk. Die is nou regtig 'n roer om op trots te wees.
Daai kolf is iets besonders. Dis nou 'n duimgat kolf sonder die gat

.
Plaas asb tog die papiere met die gaatjies wat hy skiet ook vir ons. Sal lekker wees om te sien wat maak daai roer.
Peet
Re: Long range project-Sy kom nou mooi
Posted: Sat Jan 18, 2014 4:57 pm
by MJK
Baie netjiese roer daardie!! Mag die koele val waar jy mik. Hoop jy is nie so flat tyres na die oefening soos jou kar nie

Re: Long range project-Sy kom nou mooi
Posted: Sun Jan 19, 2014 5:32 pm
by LRLaubscher
Dankie manne, nog net lisensie....

Re: Long range project-Sy kom nou mooi
Posted: Mon Jan 20, 2014 6:45 am
by Armand Steenkamp
LRLaubscher, ek wil persies die selle projek as jy aanpak. 260Ackley op RSA aksie, eintlik sukkel ek nog om te besluit tussen 22-250 of 260AI. Laat weet maar hoe dit gaan met die liksens en sit fotos op as jy n paar skote gegooi het.
Groetnis
Re: Long range project-Sy kom nou mooi
Posted: Tue Jan 21, 2014 12:02 pm
by LRLaubscher
Armand, as jy wil lang afstand skiet is die 260 jou antwoord.
22-250 kan ook werk vir dit. Jy gaan net regte twist loop moet kies en jou free bore sal diep genoeg gesny moet wees om daai lang 75gr + pille te skiet.
Die 260 rem se ladings digtheid met ons somchem drymiddel is steeds beter as 22-250.
Dit beteken, met alles 100% reg gedoen, teoreties behoort jy kleiner ES met 260 rem te kry waneer hy met 22-250 vergelyk word.
Met Berger se 90gr match target VLD teen +-2800ft/sec uit 22-250 dop kompiteer die kombinasie goed met 260 rem AI (140 gr a-max @ 2920ft/sec)
Alles in ag genome tussen die twee, sou ek weer 260 rem AI bou.
Redes:
-Perfekte dop kapasiteit en projektiel gewig kobinasie vir ons drymiddels-goeie ladings digtheid
-Kan met die kombinasie wye verskeidenheid punt gewigte effektief skiet (Van 100 -142gr). As jy met 22-250 lang afstand wil kompiteer, verloor jy die 55gr akuraatheid agv langer "free bore" vir hoë .224 punte.
-Meer slaan krag as 22-250 oor langer afstande.
-Langer loop leef tyd as 22-250, minder over bore.
-Dis 'n 308 dop

- Dis 'n mooier dop
Maar dis alles net my redes en opinie. Wil niks afsmeer op ander nie.
Re: Long range project-Sy kom nou mooi
Posted: Tue Jan 21, 2014 12:45 pm
by LUAN
En hoekom nie n 7mm as jy hoe bc koeels wil skiet?
Re: Long range project-Sy kom nou mooi
Posted: Tue Jan 21, 2014 12:52 pm
by Arnold
Nico, ek glo nie jou 260 gaan mooi groepeer op 2920fps met 'n 140gr nie ... tussen 2800fps en 2850fps is meer realisties uit my ondervinding.
Ek kan wel 2920 haal maar dan begin die skote sprei.