Geloftefees 9-12-2013 tot 16/12/2013
Posted: Sat Nov 16, 2013 8:58 pm
Goeie naand lede.
Johan Greyling is besig om `n groot Gelofte fees te reel in Witbank(Portugese saal/omgewing ) vanaf die 9 de Desember sal daar elke aand met Grietjie die Boere Kanon geskiet word tot op die dag van Gelofte.
Intussen wil ons mense betrek wat nog kundig is op die gebied van ons Voorouers se manier van lewe.:
Beeste melk,konfyt kook, seep kook, kerse maak, Boere brood bak in die grond, botter karring, swepe vleg, leerwerk doen, messe bou, jukke maak, Osse inspan en uitspan en `n Ossewa trek , musiek maak soos van ouds( Banjo, trekklavier, konsertina ) wat in die aande om die groot kampvuur sal musiek maak. Ons soek ook na manne wat ou ambagte soos `n ystersmid sy blaasbalk en ystersmede vuur daar kom staanmaak.
Ons wil graag die groot week op `n praktiese manier aan die mense van vandag, en ons jeug wat nie die dinge ken nie, bekendstel daaraan. Daar sal perde wees wat gery kan word, moontlik beeste en ander vee wat in verskuifbare hokke/kraal aangehou kan word. Dit sal opreg waardeer word as die woord versprei word dat daar baie goeie bywoning sal wees en `n goeie opkoms van mense wat nie altyd sulke feeste bygewoon het nie. Dit is tog ons eie fees.
Ek verskaf Johan Greyling se sel nommer as julle betrokke wil raak.
Johan Greyling 082701652
Groete
Gert Odendaal