Page 1 of 2
Geweer beld en hoe hy werk
Posted: Fri Dec 10, 2010 10:10 am
by Janjak
Ek het verlede Saterdag op n skietdag gesit en kyk hoe party ouens l? en stoei met hulle geweer belde, party gebruik glad nie n beld nie.
Hiers n paar fotos en ek sal probeer verduidelik hoe om die beld te gebruik.

1. Druk jou arm deur die beld se lis en skuif die beld altyd so hoog as moontlik teen jou arm op.
2. Vat die geweer dan so ver moontlik na agter toe- gewoonlik op die magesyn kas werk dit goed.
3. Hou daai arm wat die geweer ondersteun teen jou lyf. Ek staan gewoonlik met my elmboog op my heup.
Op die foto is my seun se arm nie teen sy lyf nie - dis hoe mens staan as dit n skop kaliber is of as daar teen tyd geskiet word.

1. selfde as bo
2. selfde as bo
3. Sit altyd elke elmboog op n been/ knie. By sit werk mens se maag nie altyd so lekker saam nie.

1. selfde as bo
2. selfde as bo
3. Met l? is die vestelling van die beld baie belangrik. Hy moet amper ongemaklik wees dan's hy reg.
4. Skuif jou ondersteunende arm se hand terug op die kolf tot waar hy gemaklik is vir die l? posisie. Moet nie die geweer probeer vashou nie, hy moet bloot op jou hand rus.
Hierdie is n paar tegnieke wat vir my werk en moet maar geoefen word.
As iets onduidelik is vra gerus.
Jannie
Re: Geweer beld en hoe hy werk
Posted: Fri Dec 10, 2010 1:35 pm
by Janjak
Jammer julle,
my stadig tik en vinnig dink het my nou weer gevang.
Die onderwerp moes gelees het "Geweer beld en hoe hy werk". Ek het hom reggestel.
Ek het nie bedoel dat dit moet windgat lyk nie.
Re: Geweer beld en hoe hy werk
Posted: Fri Dec 10, 2010 4:01 pm
by Monrique (SJ)
Dankie vir die foto's en verduideliking. Netjies Jannie.
Groetnis
SJ
Re: Geweer beld en hoe hy werk
Posted: Fri Dec 10, 2010 8:11 pm
by Francois Marais
Jannie
Baie netjiese en praktiese belt.
Mooi loop
Francois
Re: Geweer beld en hoe hy werk
Posted: Sun Dec 12, 2010 1:53 pm
by Stefan764
More manne (of middag in SA)
Skies vir die dommerige vraag. Ek weet half die antwoord, ma ek wil net seker maak.
Die feit dat jy die geweerbelt styf trek (in n rigting na jou/half afwaarts), maak dit n verskil in jou POI as waneer jy van n rest of sandsakkies af skiet?
My raaiskoot is nee, dit doen nie, maar sal graag julle siening wil hoor. Jy trek die kolf weg (mikromillimeters) van die loop af, wat mos nie saak maak nie. Solank jy net nie die loop en kolf teenmekaar druk (soos bv jou hand bo-op die scope as jy van bench af skiet) nie dans jy mos reg? Of maak die trek van jou belt ook n verskil?
Groete
Stef
Re: Geweer beld en hoe hy werk
Posted: Sun Dec 12, 2010 10:35 pm
by Piet Breedt
Stefan, jy is reg. n Mens is geneig om laer te skiet met n belt aan, as jy oor sandsakkies ingestel het. As jy dit weet, kan jy kompenseer daarvoor. Dit is omdat jy die vry "jump" van die geweer wat hy het oor die sandsakkies, beperk.
Die belt van Jannie "Janjak" werk baie goed, en ek kan hom aanbeveel.
Re: Geweer beld en hoe hy werk
Posted: Wed Jan 22, 2014 4:50 pm
by Spanner
Nou waar kan ek ook so 'n beld in die hande kry ?

Re: Geweer beld en hoe hy werk
Posted: Wed Jan 22, 2014 5:17 pm
by Monrique (SJ)
Ek kan niks foto's sien.
Groetnis
Monrique
Re: Geweer beld en hoe hy werk
Posted: Wed Jan 22, 2014 5:35 pm
by TOKELOS
SJ, ek ook nie. Seker een of ander setting wat ons verkeerd het.
Help asb manne!
Re: Geweer beld en hoe hy werk
Posted: Wed Jan 22, 2014 5:37 pm
by wlm
Dankie SJ en Tokolos.
Gedink ek is rekenaargestremd.
Re: Geweer beld en hoe hy werk
Posted: Wed Jan 22, 2014 7:49 pm
by Johan Reyneke
Dink daar het iets fout gegaan met die links in die oorspronklike post
Ek gaan dit probeer post
Re: Geweer beld en hoe hy werk
Posted: Thu Jan 23, 2014 8:38 am
by jamalley
Willem Botha van Skietwinkel het die tipe geweerbande, wat hulle gebruik vir jaggeweerskiet - weet net nie wat noem jy hom nie.
Re: Geweer beld en hoe hy werk
Posted: Thu Jan 23, 2014 1:57 pm
by TOKELOS
dankie vir die fotos!
Re: Geweer beld en hoe hy werk
Posted: Sun Apr 06, 2014 11:18 pm
by Janjak
Ek gaan weer van die belde beskikbaar he binne die volgende 2 weke.
laat my gerus weet as julle wil bestel.
Jannie
Re: Geweer beld en hoe hy werk
Posted: Mon Apr 07, 2014 12:05 pm
by FCLoretz
Prys op die belde?
Re: Geweer beld en hoe hy werk
Posted: Mon Apr 07, 2014 12:44 pm
by Hein22
Ek sal ook belangstel. Soek al lank na so belt. Ek het hom leer ken as 'n "cuff-sling". Wat gaan hulle prys?
Re: Geweer belt en hoe hy werk
Posted: Mon Apr 07, 2014 2:24 pm
by Eyeman
+1 prys asb
Re: Geweer beld en hoe hy werk
Posted: Mon Apr 07, 2014 2:26 pm
by Riebeeker
Ek soek twee asb.
Re: Geweer belt en hoe hy werk
Posted: Mon Apr 07, 2014 6:09 pm
by PWV
Eyeman wrote:+1 prys asb
Prys?
Re: Geweer beld en hoe hy werk
Posted: Wed Apr 09, 2014 1:41 pm
by Janjak
Die belde is R150 pos in.
Ek sal elkeen op n PM antwoord wat belangstel dan reel ons verder.
dankie
Jannie
Re: Geweer beld en hoe hy werk
Posted: Wed Apr 09, 2014 1:51 pm
by Hugo
Mnr Janjak
Een beld na my toe ook asb.
Re: Geweer beld en hoe hy werk
Posted: Sun Apr 13, 2014 5:49 pm
by Beaghle
Janjak vir jou 'n PM gestuur
Re: Geweer beld en hoe hy werk
Posted: Sun Apr 13, 2014 8:52 pm
by Chevvy SS
+2 asb.
Re: Geweer beld en hoe hy werk
Posted: Sun Apr 13, 2014 9:00 pm
by Heinz Petersen
Mag jy daai beld in n veldskiet kompitiesie gebruik of wat sê die reels.
Re: Geweer beld en hoe hy werk
Posted: Sun Apr 13, 2014 9:09 pm
by PWV
Heinz Petersen wrote:Mag jy daai beld in n veldskiet kompitiesie gebruik of wat sê die reels.
Ja, Heinz, ek sien die manne gebruik hom. Ek het vir my een bestel.
Groetnis