Page 1 of 1

Palindaba - r-aktiewe gasse ontsnap

Posted: Mon Nov 11, 2013 3:09 pm
by FHM
Ek hoor daar in Pretoria-omgewing het daar r-aktiewe gasse ontsnap uit die Palidaba werke oor die naweek?
Kon die link opspoor: http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nu ... g-20131109

Het enige een van julle n feitlike update op die situasie - of gaan die bulls volgende jaar in geel truie speel met n radio-aktiewe logo op die bors?

Re: Palindaba - r-aktiewe gasse ontsnap

Posted: Mon Nov 11, 2013 6:34 pm
by tripodmvr
My seun werk aanliggend by die ou Valindaba en die gasse wat ontsnap het word vir mediese behandeling gebruik en is nie so gevaarlik as vaste stowwe nie. Die jodium isotoop word vir die behandeling van skildklier gebruik en word ingespuit. Daar was iets soortgelyks in 2009 - eintlik nie iets om oor huis toe te skryf nie, maar groot skietgoed vir die groenes.