Page 1 of 1

Die "CAMEL" Skietbankie

Posted: Thu Dec 09, 2010 11:47 am
by Stefan764
Manne...

Hier is n rowwe skets van die beplanning van my skietbankie, die "CAMEL" wat ek beplan om in Januarie te begin bou, vir myself. Ek wil graag so tandem-tipe skietbankie bou (julle sal sien ek praat van nskietbankie, nie n stoel nie, hehe) omdat ek en my probleemdier-jagmaat graag saam jag. Een roep en lig en die ander een skiet.  

Hier is n voor/agter aansig en n sy-aansig: (skies die swakkerige sketse, maar Word was al wat NOU beskikbaar was...  :) )

Image

Image



Die bankie van 1200mm gehoort vrylik bo die bakkie se bak, verby die rollbar te swaai. Die sitplek-hoogte van 800mm moet nog ondersoek word gedurende die bouery, sal dit dalk hoer moet maak vir bo-oor die dak skiet. Soos ek se in die skets, als is geskat (sommer so hier in die kantoorstoel uitgedink vamore, hehe).

Die Rest/Tafel behoort genoeg te wees om vanaf te skiet maar die ware toets sal maar met die bou kom. Beide ons gewere skiet met Bipods, so n mikkie is nie nodig nie. Die tafeltjie is dan groot genoeg vir die skiet, die lig en die roeper (box of tricks  ;D )

Ek weet hy gaan dalk nie so gemaklik sit soos die groot manne se skietstoele nie, maar vir ons doeleindes gaan hy lekker werk. Sou hy werk kan die manne wat wil vir hulle ook sulkes aanmekaarslaan (ek sal as die bankie klaar is n volledige stel van benodighede en mates hier kom post) om die boer saam te neem op n roepsessie...

Die naam CAMEL is maar sommer so grapweg uitgedink oor n kameel mos 2 mense kan dra!  ;D ;D

Nou ja manne, dis maar my plan, of hy gan werk weet ek nie.

ASB, eks oop vir enige raad sowel as kritiek. Freek, jy moet nou help neef, gee raad en help reg.

Groete
Stef

Re: Die "CAMEL" Skietbankie

Posted: Thu Dec 09, 2010 12:12 pm
by Geno
Stefaans, dit lyk goed.
Solank daar plek vir die Zeerust droewors is, is jou "jagmaat" tevrede!

Groete,
Eugene

Re: Die "CAMEL" Skietbankie

Posted: Thu Dec 09, 2010 12:14 pm
by Raven
Stefan,
Ek sien jou hande staan nie verkeerd vir sulke dinge nie, dis lekker om self sulke dinge aanmekaar te kan slaan. Dis mos net altyd die tyd om iets self te bou, wat sommige manne terugstaan.
Stefan764 wrote: Een roep en lig en die ander een skiet.  
Stef
Ek het al 'n paar lelike bloutjies afgetrap met die roep metode, 'n versekerde resep om 'n paar slim jakkalse agter te laat.

Raves

Re: Die "CAMEL" Skietbankie

Posted: Thu Dec 09, 2010 12:28 pm
by Freek
Stef, dit lyk belowend. Ek hou regtig duim vas die ontwerp werk nadat jy die kameel gebou het. Ek kan net beaam wat Raven vir jou vertel het van die risiko waar een man lig en die ander man skiet - as julle nie perfek gesinkroniseer is nie kan julle dalk 'n 'n jak of 2 verloor. Daarom wat meeste van ons die ligte direk op die roer monteer - jy kan skiet waar jy lig en lig waar jy skiet sonder dat die geweer en lig deur mekaar raak en fataale foute veroorsaak.

Ander ding wat jy katvoet voor moet loop is om die afstand tussen jou sitplek en jou bearing te groot te maak. Onthou as daai bakkie deur sloote en duike ry is daar nogals redelike erge pedulim kragte wat op jou stoel inwerk. Hie ho?r jou stoel staan hoe groter die kragte, hoe verder jou sitplek bo die bearing is - hoe meer stres op jou skiet stoel bearing en as. Veral as 'n jagter in die stoel sit terwyl die voertuig deur rowwe terein beweeg. Dit kan jou frustreer as die goed begin ingee.

Hou die bearing so na as moontlik onder die sitplek. Op my skietstoele sit die bearing direk onder die seat.

Sterkte met die projek en hou ons asb. op hoogte van hoe dinge vorder - met foto's. ;)

Re: Die "CAMEL" Skietbankie

Posted: Thu Dec 09, 2010 12:51 pm
by Stefan764
Freek wrote:
Hou die bearing so na as moontlik onder die sitplek. Op my skietstoele sit die bearing direk onder die seat.
Freek
Dankie vir die tip. Dit maak baie sin en ek sou dit seker eers gereel/agtergekom het as hy die eerste keer gebreek het... Sal n raam bou wat bo-op die baseplate vasgesweis is en dan die rim middeltwee sny en op die raam (sommer n "boksie" van square tubing/ L-iron) vassweis. n Man moet seker ook net pasop vir gewig... Maar ek glo die feit dat die Rest kan afbout gaan help met dit...

Raves (en Freek)
Ons het nog nie so baie Jakkies geskiet soos julle manne nie, so ons sal versigtig wees vir juis hierdie fout. Moet se, voorlaasnaweek het ons geen fout gemaak nie en daar het 10 Jakkies geval. Weereens bygese, ons skiet op Bees en Wildplase waar da nie so baie slim Jakkie is nie, so teen die tyd wat ons hom stop of hy gaan staan sit ons die lig volsterkte aan en Jak se doppie is geklink. As ek dink hoe mooi ons reggekom het sonder n bankie (lees hoogte) dan sal hierdie patent net voordelig wees. Ons het sommer van die bak af geskiet in die le-posisie of oor die bonnet. Maar steeds, wat julle se(waarsku) neem ons ter harte en gaan ons uiterste bes probeer om nie n slim jakkie op n boer se plaas te los nie...

Kameraad
Daai Zeerust droewors sal n spesiale plekkie kry (rakkie onder die tafel). Stress less!


Sal julle op hoogte hou van die vordering...

Groete
Stef

Re: Die "CAMEL" Skietbankie

Posted: Sun Jan 02, 2011 6:12 am
by Stefan764
Freek

ek le nou hier in my hotelkamer in parys en wag lat die treine beginne loop, toe dink ek aan die volgende teenmiddel:

wat van daai industiele straps, daai met die 'wrench' of winch effek? Ek het so splinternuwe een. Kan mos die bank vasstrap as ons ry? Daai goed maak n kakskoot vas, het my vorige isuzu se bak gebuig met een van daai bulle...

Die bankie se bouery begin eerskomende naweek in alle erns...

Groete
stef

Re: Die "CAMEL" Skietbankie

Posted: Mon Jan 10, 2011 9:24 am
by Freek
Stef dit klink na 'n plan. Hoe vorder die bouery? Ek was so bietjie afwesig die laaste ruk a.g.v verskeie redes. Jammer ek kom nou eers terug na jou. Wys ons hoe lyk daai kameel ou maat, ek brand van nuuskierigheid.

Re: Die "CAMEL" Skietbankie

Posted: Mon Jan 10, 2011 9:34 am
by Stefan764
Freek

Die bouery vorder baie stadiger as wat ek gehoop het...  :(

Familie groetery en ribbetjie braaiery en kleiduifskietery het toe al my beskikbare vrye tyd voor vandag in beslag gele. En nou is my naweke vollerig tot na die IMPALA projek vroeg in Feb. Fondse ook uitgeput na die rondkarjakker in Desember.

Maar ek sal enige vordering dadelik aanmeld hierso. Sal jou n lui gee as ek haak met iets. Dankie vir die hulp en raad mater.

Stef

Re: Die "CAMEL" Skietbankie

Posted: Mon Jan 10, 2011 9:41 am
by James Wilson
Stefan764 wrote: Freek

ek le nou hier in my hotelkamer in parys en wag lat die treine beginne loop......

kyk, dit is nou fyn "brag" ;D

Re: Die "CAMEL" Skietbankie

Posted: Mon Jan 17, 2011 1:07 pm
by JACQUES BOTHA
HIJACK:

FM
HOE LYK JOU SELFGEBOUDE SKIETSTOEL NOU, EK KAN NIE ONTHOU DAT JY AL VIR ONS IETS GEWYS HET NIE, OF IS DIT NOG N KODE ROOI PROJEK?
gROETE
jACQUES

Re: Die "CAMEL" Skietbankie

Posted: Mon Jan 17, 2011 1:21 pm
by Francois Marais
JB

Die eerste drie het al base, Bradley van die forums het die laaste een, ek het nog nie eers tyd gekry om fotos op te sit nie, net n paar van so een op n trail run, wat darem n jekoltjie opgelewer het. Sal n volledige topic plaas as die aanvanklike tande kry probleme uitgesort is. Daar is nie regtig "probleme" nie, wil dam net hoor dat die eerste eienaars tevrede is........

Mooi loop
Francois

Re: Die "CAMEL" Skietbankie

Posted: Mon Jan 17, 2011 4:01 pm
by James Wilson
jou @#$% !!!  sit fotos op man! ;D

Re: Die "CAMEL" Skietbankie

Posted: Tue Mar 01, 2011 5:36 pm
by Monrique (SJ)
Manne is daar dalk al foto's? ??? ???

Re: Die "CAMEL" Skietbankie

Posted: Tue Mar 01, 2011 6:06 pm
by Francois Marais
Manne

Noggie, wees bietjie geduldig, tyd sal kom om die storietjie te skryf......

Mooi loop
Francois

Re: Die "CAMEL" Skietbankie

Posted: Wed Mar 02, 2011 7:48 am
by Stefan764
Bouwerk begin stadig aan die naweek....

Kan vir julle solank n foto van die HUB opsit as julle wil??  ;D

Re: Die "CAMEL" Skietbankie

Posted: Wed Mar 02, 2011 8:18 am
by herley
FM
Daai stoel het darem al n paar jak laat val. Die stoel staan by my huis en nie op die plaas nie ek sal n foto opsit dat die ander manne kan sien. Kan al se dis waarde vir geld.

Bradley

Re: Die "CAMEL" Skietbankie

Posted: Sun Apr 10, 2011 6:04 pm
by Pvdw
Stefan waas daai bankie van jou nou man??? Ek soek tips want ek wil ook so iets bou. Hou van die idee dat daar nog iemand op die bakkie saam met jou kan wees vir lig en roep. Het Freek se waarskuwings gelees maar ek gaan dit tog probeer.

Detail fotos en uiteensetting is wat ons hier verwag en niks minder sal goed genoeg wees nie. 'n Nice CAD skets van bo, links,regs en bo sal ook heel gepas wees. ;D ;D Ons wag angstig. ;) ;)

Peet

Re: Die "CAMEL" Skietbankie

Posted: Mon Apr 25, 2011 12:09 pm
by JACQUES BOTHA
FM
ek het n almintige klomp leeswerk om op te vang,
Het ek die stoel foto's gemis of is die stoel en sy storie nou al geplaas gewees of nog in wording?
Spaar tyd dan hoef ek nie alles te lees nie, mar ekw eet ek gaan tog deur alles kom eendag..
JB

Re: Die "CAMEL" Skietbankie

Posted: Mon Apr 25, 2011 12:15 pm
by Francois Marais
JB

Kyk net bietjie terug onder hierdie topic, Bradley het n paar fotos opgesit.....

Mooi loop
Francois